Vrae oor ‘teenstrydige’ virussyfers in Gauteng

(Argieffoto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Altesaam 1 781 mense word in hierdie stadium volgens die Gautengse gesondheidsdepartement in hospitale in die provinsie vir Covid-19 behandel, terwyl daar volgens die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NICD) tans 1 384 aktiewe gevalle van die virus in Gauteng is.

“Dit is duidelik nie moontlik nie en die ware syfers moet dringend duidelik gemaak word,” het Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, gesê.

Gauteng het meer as ʼn week gelede laas syfers oor die provinsie se Covid-19-gevalle bekend gemaak. In daardie stadium was daar 229 490 bevestigde Covid-19-gevalle en 209 243 mense het reeds van die virus herstel.

Daar was altesaam 1 730 pasiënte weens Covid-19 in hospitale en die sterftesyfer het op 4 845 gestaan. In daardie stadium was daar dus 15 402 aktiewe gevalle.

“Hoe kon die aktiewe gevalle so beduidend daal, terwyl hospitaalgevalle oënskynlik net effens toegeneem het,” het Bloom gesê.

Die NICD se syfers is afkomstig van 128 gesondheidsfasiliteite in Gauteng. Net by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is daar 349 gevalle van Covid-19.

Bloom sê hoewel hy nog nie voorheen gehoor het van sulke hoë syfers by hospitale nie, lyk dit of die algehele getal aktiewe gevalle heeltemal te laag is.

“Dit is uiters belangrik dat ons akkurate syfers het sodat ons tred kan hou met die epidemie en vinnig by brandpunte kan ingryp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Rerig? En iemand bevraagteken NOU eers die absurde onbevoegde ANC kaders se syfers?

Persheks Adri ·

Iemand moet terug gaan skool toe om te leer tel genade! Is daar 1 kader wat wel kan tel?

Rentia ·

Glo enige iemand nog syfers wat gegee word as die waarheid?

Persheks Adri ·

Negatief ons glo nie ‘n woord nie ons het ‘n brein om te kan dink

Mariana ·

Bevraagteken al van begin af die syfers. Dis als wolhaarstories. Vermoed hulle het sommer alle sterftes ook by die covid gevoeg. Mos een manier om hul wil af te dwing.

Riaana ·

Die Government lieg oor als, hul lieg vir geselskap, my opinie… Hul wil ons in die donker hou, sodat daar nie n histerie ontaard nie, maar dit maak dit verseker nnie reg nie!!!!

Anel ·

Ek glo daar is nie meer gevalle nie. Hulle moet dit aan die gang hou om ons in geperk te hou en te verplig om maskers te dra. Hulle wil bewys hulle het beheer. Due virus is al lankal nie meer hier nie. Veral nie met hierdie hitte nie.

Leatitia ·

Ongelukkig is hy nog hier. Hy bekruip n mens op plekke sonder dat jy dit weet. Hele paar mense naby aan my is die laaste paar weke positief getoets.

Andries ·

Die hele covert ding in n klug wereldwyd en n geld maak sesie. Ek het dit as kind gehaad in ons dae was dit griep en longonsteking genoem as jy die longonsteken nie behandel het nie het jy gesterf.

Karina ·

Die President het gesê Oos Kaap het die meeste gevall, maar dit is eintlik die Vrystaat volgens berig hier op Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.