Vrae oor vertroulikheidsklousule met aankoop van entstowwe

(Argieffoto: Unsplash)

Talle vrae het ontstaan nadat die regering verlede week ’n vertroulikheidsooreenkoms met entstofvervaardigers onderteken het. Volgens AfriForum is die regering geheimsinnig oor wat in hierdie ooreenkoms staan sê en dit wek heelwat agterdog.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het op sosiale media erken dat die vertroulikheidsooreenkoms onderteken moes word as deel van die onderhandelingsproses om entstowwe aan te koop. Na aanleiding hiervan het AfriForum nou sy regspan opdrag gegee om ’n aansoek onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) op die departement van gesondheid te beteken.

Dié burgerregteorganisasie bevraagteken die grondwetlikheid van só ’n ooreenkoms en wil ook weet wie die ooreenkoms onderteken het.

“Die entstowwe word met belastingbetalers se geld aangeskaf en daar word van Suid-Afrikaners verwag om hulself met hierdie entstowwe te laat inent. Dit is dus hoogs verdag dat Suid-Afrikaners nie mag weet wat in hierdie vertroulikheidsooreenkomste staan nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.

Die regering het boonop onlangs aangekondig dat hy ’n fonds gaan stig om mense te steun wat ernstige newe-effekte weens die entstowwe ervaar. “’n Mens kan nie help om te dink waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie nie,” sê Broodryk.

AfriForum meen die gebruik van verskeie Covid-19-entstowwe is al in ’n aantal lande verbied weens die newe-effekte wat dit veroorsaak het en as daar wel rede tot kommer is oor die gebruik van die entstowwe het mense die reg om dit te weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

daar sal altyd vra wees oor al die covid entstof, nog vir jare wat volg

gatgogga

Daar is weer ‘n slang in die gras.

Johann

Ja wel…die meerderheid SAners is n massa ongeskoolde navolgers van hulle LIBERATORS ANC. So dis nie asof hulle omgee oor wat hulle “redders” aankoop of aanbied as n oplossing vir n Wêreld pandenie nie? Solank dit saam met n Tshirt en n kospakkie gaan.

Anel

Ag wat. Laat hulle aankoop wat hulle wil. Ons bly veilig deur ons nie te laat inent nie. So makliik soos dit. En niemand kan jou dwing nie!

Charles

Entstof vervaardigers gaan nie en kan nie verantwoordelik gehou word vir entstof beserings nie, dis hoekom die regering ń fonds moet stig om dit te dek.