Vrae oor weermag se ‘bisarre’ bakkeryplan

Die nuutste bakkery in Potchefstroom. (Foto: SA National Defence Force/Facebook)

Die DA het die weermag se besluit om verskeie bakkerye op die been te bring as “bisar” bestempel.

Luidens berigte word die bakkerye glo bedryf in ʼn poging om die weermag se begrotingskrisis te help oplos. Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê bedryfsuitdagings staar wel die weermag, wat gebuk gaan onder geldtekorte, in die gesig. Maar hy glo nie die bakkerye is enigsins ʼn oplossing vir hierdie krisis nie.

“Die bakkerye val buite die weermag se mandaat en het hom moontlik oopgestel vir onreëlmatige en verkwistende besteding van sy reeds beperkte geld.”

Die weermag het verlede week sy jongste bakkery op Potchefstroom in Noordwes bekend gestel en is volgens die weermag die sesde wat geopen word.

Dit is onduidelik wat presies die doel met die bakkerye is en Maroela Media se navraag daaroor aan die weermag is steeds onbeantwoord.

Marais sê die DA het intussen ʼn beroep op die minister van verdediging, Thandi Modise, gedoen om ʼn ondersoek oor die bakkery van stapel te stuur.

“Die besluit benadruk weereens die gebrek aan strategiese beplanning binne die weermag se leierskap,” sê hy.

“Om sy begrotingskontrakte te pak, moet die weermag hervorm en hervestig word om die hedendaagse uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, die hoof te bied. Die bou van ʼn reeks bakkerye sal min vermag om daardie doel te bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

casper ·

Koekies bak en baie plesier – Dit doen die mense hier !!

Johan ·

Ek het nog altyd gedink ek weet, maar wragtig, nou weet ek, ek weet nie meer nie! Net sodra mens dink jy het nou alles gesien, dan kom ons owerhede met nuwe sothede vorendag … !

Gerra ·

So nou word belastinggelde gebruik om te kompeteer TEEN belastingbetalers in daardie veld!!!

Frikkels ·

Hulle wil kluitjies bak oor wat van al die geld word wat verondeestel is om ons weermag op te bou!
Maar hulle sal moet roer, daar is meer as 6 bakkerye nodig vir al die kluitjies wat gebak moet word!

Kokerboom ·

Dis nou ‘n militere oefening wat geen oefening(fisies) of paraatheid vereis!Indien nie koste effektief sal geen haan daaroor kraai. Ai die eens trotse SAW darem!

Misky ·

Net ‘n nuwe manier om geld te laat vermors en verdwyn. Gmmpppf weermag bakkers

annie ·

Wie se idee was dit? En wie gaan dit beman? En wie gaan al die brood verorber want dis yslike oonde daai en dit kos nogal. Gaan ons in die maer jare wat wink by tronke in toue moet staan vir ‘n broodjie, met misdadigers hef in die hand… Asof hul nie het nie. ‘n Lekker broodjie kan wel menige man laat afsien van parool.

Dries ·

Sal seker beter bak en brou as om die land te verdedig en die burgers te beskerm.

Wonder ·

Kry vir jou n koekie dit maak alls beter… So wanneer die poppo die fan strike gaan ons weermag mense seker staan en bak, hull sukkel finansieel maar waar gaan hull dan finansies kry om die bakkers te betaal… Maroela media kort emojis hier….

Mariana ·

Maar Wonder jy gaan daardie finansiering vir hulle gee, jy en elke belastingbetaler in hierdie land.

Mariana ·

Dis seker ‘n April’s fools grap, bakkerye gaan beslis nie enige oplossing wees vir onbevoegdheid en korrupsie nie. Raak eerder ontslae van die onbevoegdes. Liewe Hemel wil hulle dan nou die vyand aanvat met ‘n varsgebakte brood en doughnuts. Hulle maak ‘n bespotting van die weermag. Ons eens trotse weermag is lankal tot niet. Shame!!!

Hasie ·

Oilik ….as die weermag ingeroep moet eord vir noodtoestand sal hul hulself vededig met “cupcakes” en icing sugar …..

Brandwag ·

Dit is belaglik!!! Die probleem is dat daar mense sit in poste wat nie weet hoe werk n begroting nie en dat daar begroot moet word vir volgende jaar. Daar is genoeg geld BEGROOT net daarvoor. Koekies bak gaan nie werk nie!!!

Sylvia ·

Wat ‘n wonderlike kreatiewe idee. Mag dit geslaagd wees. Duidelik is daar mense wat nie weet dat elke weermag bestaan uit verskillende afdelings en daar is wonderlike kokke, wat regtig baie omgee hoe die kos voorberei word vir die manne en vroue in die weermag.

Colin ·

Ek hoop jy is sarkasties! Natuurlik het die weermag kokke en REEDS BESTAANDE KOMBUISE. Hoe ander sou die soldate geëet het? Gou ‘n Samil na Nando’ s stuur?

Misky ·

Lees weer die berig Sylvia. Hulle wil bak om geld in te samel. Nis te doen met hulle eie mense se kos en kook nie. Mos duidelik wat hier aangaan en dis weermaglede en nie bakkers nie. Besluit of jy jou land wil dien en beskerm of koek bak

Wonder ·

Ek gaan nie stry nie dat hull lekker kos maak nie maar gaan by voeg dat ek nie van nou weet nie, my broer was n kok in weermag maar dis donkie jare terug toe weermagnog verpligtig was en hy kan vir jou n lekker bord kos maak…
Plaas hull eerder die uitgawes gebruik om hull weermaglede fiks en n gesonde gewig te kan kry, meer weermag opleiding ens…

Boer ·

In Amerika is die Sekretaris van Verdediging ‘n baie hoogs decorated 4-ster-generaal met jare se ondervinding in weermagverdediging. Hoe kan Suid-Afrika so iemand die Minister van Verdediging maak wat toelaat dat bakkerye op weermageenhede geopen word. Sy is veronderstel om seker te maak dat geld bestee word om al die wapens, vliegtuie, voertuie en toerusting diensbaar te hou sodat as SA in ‘n oorlogsituasie beland, die weermag gereed moet wees om sy burgers te kan beskerm.

Pieter9 ·

Maak reg vir voorraad-tekorte waarvan jy nog nie gesien het nie; indien daar ‘n aanval op die Basis kom kan hulle darem die aanvallers met doughnuts gooi… Want daar is nie genoeg ammunisie in voorraad nie.

Genis ·

Dis seker van waar hulle die bors behangde medaljes vanaf kry… Koekies bak…Ganade wat nog?

Eiervrug ·

Ten minste as die moeilikheid kom kan hulle die vyand met tuisgebakte brode gooi….

Pietertjie ·

Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Veral as jy met belastinggeld ledig kan wees.

Dup ·

Operasie Suurdeeg…..hoogs geheim……die geldjies gaan so stil-stil tussen die bestanddele verdwyn…..

Chris dupreez ·

En gaan die beste bakker nou n goue balkie kry met n broodjie op.

Anoniem ·

So nou voeg hulle kookparade by die alledaagse sportparade?

Stofdonkie ·

Meeste troepe lyk in elk geval nie of hulle in staat is om op te tree as troepe nie, so hulle kan seker beter benut word as bakkers

Colin ·

Gaan hulle nou die vyand dood deur hulle ‘n poets te bak?

Stofdonkie ·

Gaan die weermag nou die terroriste met brood gooi in plaas van om op hulle te skiet?

Pablo ·

Ja die nuwe wapentuig sal seker nou uit koekies bestaan. Wat n sirkus.

Genis ·

Kom ons drill daai Kokke: Roebap, Aaartaple aandag… Voorwaards mars, mese- vurke, mense -vurke. Makeer die PAP…. Halt… op die plak Russie… Roebap, Aaartaple aandag, voowaards mars, en-sout-daai-steak, en-sout-daai-steak… Halt..oop orde mars…regs ommelette… en so voorts….

Johan ·

En die weermag orkes sing seker “Handjies klap, koekies bak, bring die meel, nie te veel….”

madels ·

Klink vir my die weermag het nie veel om te doen nie nou sal hulle maar leer om bakkers te word, wat n grap!

Swartskaap ·

Geheime wapen. Hulle gaan nou die vyand met brood gooi.

Jonico ·

Suid Afrikaanse Nationale Bakkers Vors… Wel, at least sal ons die vyand met brood kan gooi… Dit maak rerig ‘n bespotting van die deel van ons republiek wat gevrees moet word.

Niklaas ·

Ek was in Potch 4 de veld regiment. Ons kos was effens eetbaar en beslis goedkoop. Nou kry “vriende” die tenders vir bakkerye wat onnodig is

Jacobus ·

Die regering gaan nog net Kubaanse bakkers ook moet kry want die SANDF is totaal onbevoeg.

Nie Verbaas ·

Ek glo hulle is beter met koekies bak as wat hulle is in verdediging van die land.

Blikkies ·

Hulle weet presies hoe om belasting geld te mors. Hierdie malligheid is glad nie deur dink nie.

PersHeks ·

Wel, as daar ‘n oorlog moet uitbreek, weet ek wat hulle vir ammunisie gaan gebruik … hopelik het iemand teen daardie tyd al uit gevind hoe om die koekkanonne te laai!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.