Die DA het ʼn aansoek ingedien in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) om toegang te kry tot die tenderdokumente wat daartoe gelei het dat pres. Jacob Zuma se energieraadgewer, Silas Zimu, ʼn R149 miljoen-kontrak van Eskom ontvang het.
Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder, het Sondag gesê die party is baie besorg nadat mediaberigte beweer het Cape Gate Marepha, ʼn maatskappy waarvan Zimu ʼn nie-uitvoerende direkteur is, het ʼn kontrak losgeslaan om bedrading aan Eskom te verskaf net sewe maande nadat Zimu as Zuma se raadgewer aangestel is.
“Dit is skokkend dat Zimu óf versuim het om sy sakebelange te verklaar, óf dat pres. Zuma gedink het dit is aanvaarbaar om ʼn raadgewer aan te stel wat terselfdertyd voordeel trek uit openbare besteding in die energiesektor,” het sy gesê.
Sy het gesê die DA sal daarom ook parlementêre vrae aan Zuma indien oor sy kennis van Zimu se sakebelange en spesifiek watter van hierdie belange aan die president verklaar is en watter nie.
Die DA het gesê hy glo Eskom moet antwoorde gee oor Zimu se konflik van belange deur die volle rekord van dokumente van die tenderbesluit bekend te maak. Mazzone het gesê dit sal veral interessant wees om te sien tot water mate Zimu se verbintenis met Zuma gedokumenteer is.
“Dit is uiteindelik net nog ʼn verdoemende kwessie waaroor Eskom eerlik moet wees. Onlangse skandes sluit in Matshela Koko, Eskom se [waarnemende] uitvoerende hoof, wat na bewering tenders ter waarde van R1 miljard aan Impulse International, ʼn maatskappy waarvan sy stiefdogter ʼn direkteur is, toegeken het,” het Mazzone gesê.
“Eskom se naam is uiters sterk onder verdenking wat belegger-onsekerheid veroorsaak. In plaas daarvan om werksgeleenthede te laat groei, skrik staatsinstellings soos Eskom beleggers af.”
Mooi so, DA. Krap alles oop en sit dit op die tafel dat die skoonmaakproses kan begin. Sterkte vorentoe.
Plaas hulle lewer berading ipv bedrading …
Ha ha ha! Nicolas, jou ou grapkas! Maar ek stem nogal saam met jou.
Ek verwag nie enigiets hiervan nie – die DA lawaai, hofuitsprake word gelewer maar Zuma en sy kaders steel verwoed sonder gevolge.
En ek moet ore van my kop af betaal vir krag. Seriouslly.
Dis `n hele boetie,boetie besigheid,as jy nie ou Zumpie se boetie of familie of vriend is nie, dan moet jy maar swaar werk vir `n inkomste. Ek wens die man wil nou vinnig pad vat.
My maatskappy het werk vir eskom gedoen al my werkers is al betaal maar ons wag al 2 maande vir ons geld en dis OK My werkers wil gaan toy toy voor Eskom se hek in ondersteuning van my Wat doen ek ?????