Vraestelle lek uit by Unisa

‘n Skermskoot van die SMS-boodskap waarin ‘n eksamenvraestel te koop aangebied word. (Skermskoot: Verskaf)

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Donderdag bevestig dat verskeie vraestelle gedurende die universiteit se Mei-Junie-eksamen aan studente uitgelek het.

Unisa het ʼn verklaring gesê dié kwellende kwessie is reeds by die ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdaad aangemeld wat reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur het om vas te stel watter vraestelle op watter wyse aan studente uitgelek is.

Volgens ʼn student wat deeltyds by Unisa studeer en op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, word die vraestelle so te sê “op ʼn skinkbord” deur middel van ʼn SMS-boodskap aan studente aangebied.

Die student het aan Maroela Media gesê dat dié persoon self die SMS vandeesweek voor ʼn belasting-vraestel ontvang het.

Die student verduidelik dat dié SMS’e glo in grootmaat enkele dae voor die betrokke vraestel aan studente uitgestuur word waarin vraestelle vir tussen R1 200 en R1 400 per vraestel aangebied word.

Na bewering het veral studente aan die universiteit se BCom-fakulteit dié boodskappe ontvang.

“Die SMS’e noem dat jy ʼn vraestel kan koop indien jy nie gereed voel om jou vraestel te skryf nie of as jy voel jou klasse het nie gehelp het met jou voorbereiding vir jou vraestel nie.”

Studente word in die SMS aangesê om ʼn persoon op WhatsApp te kontak om ʼn betaling te maak in ruil vir die betrokke vraestel. Die student ontvang egter eers die vraestel wanneer die geld in die verkoper se bankrekening reflekteer. Die vraestelle word dan teen 20:30 op die vooraand van die eksamen aan betalende studente gestuur.

Baie studente is nou bekommerd watter gevolge dié skelmstreek vir onskuldige studente kan inhou wat nie die vraestelle gekoop het nie.

‘n Skermskoot van die WhatsApp-gesprek waarin die verkoper sy bankbesonderhede gee vir betaling om ‘n eksamenvraestel te koop. (Skermskoot: Verskaf)

“Al hierdie vraestelle is klaar geskryf. Hoewel Unisa daarvan weet, kan vraestelle nie op kort kennisgewing verander word nie bloot weens die logistiek daaraan verbonde. Dit is net nie moontlik nie,” verduidelik die student.

Die student verduidelik verder dat die integriteit van die eksamens hierdeur in gedrang gebring word, wat moontlik ʼn uitwerking op die erkenning van studente se kwalifikasie gaan hê. “Ons is bekommerd dat ʼn Unisa-kwalifikasie later nie meer erken gaan word nie.”

Die groot vraag op studente se lippe nou is of die betrokke vraestelle oorgeskryf gaan moet word. “Ons gaan heel moontlik nie weer studieverlof kry nie en daar is studente wat reeds vakansieplanne gemaak het.”

Unisa het in sy verklaring studente gemaan om nié vraestelle te koop nie. Die universiteit verduidelik dat hy dissiplinêr sal optree teenoor diegene wat hulle hieraan skuldig maak. Indien skuldig bevind, sal die skuldige se vak gestaak word of punte afgetrek word.

Dit is in die stadium onduidelik of die vraestelle in gedrang oorgeskryf moet word. ’n Ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Omgekrap ·

Dis bitter sleg dat die goed so vrylik verkoop word! UNISA sal in beter beheer wees as hulle once in a blue moon hulle dekselse fone optel of reageer op e-posse. Dis dié patetieste instansie om by te SWOT.

Bekommerd ·

Daar is selfs nou sprake by UNISA dat die ‘Underrepresented groups’ bevorder gaan word op ñ heelwat laer vlak want hulle is nie in staat om op die kriteria wat tans ingestel is bevordering te kry nie. Maak mens regtig bekommerd

Annoniem ·

Geen wonder ons land is waar hy is nie. Ek wat self ‘n Unisa student is sal dit vir niemand voorstel om by hul te swot nie! Mens sukkel altyd met alles en hulle admin is aaklig.

Sê maar net ·

Ek het deur UNISA geswot en my alie afgeleer en betaal. (Geen sg ‘white privilage’). Geen beurs of finansiële hulp óf vraestelle voor die tyd nie. Dit is bitter sleg, want nou word al die kwalifikasies van die Universiteit onder dieselfde kam geskeer en niemand sal die kwalifikasies meer ernstig opneem nie.
Daar was goeie en slegte lektore en goeie en slegte diens, terwyl ek geswot het maar lyk my soos alles in die land gaan dit “down the drain”. Ons is besig om in so ‘n patetiese land te verander en die meerderheid gee nie ‘n duit om nie. Geen selfrespek en trots.
Ek hoop hier word drasties iets aan gedoen en die skuldiges word swaar gestraf soos om bv vir 5 jaar by geen instelling te mag studeer nie en die personeel betrokke nooit weer by ‘n tersiêre instelling mag werk nie. Maak ‘n voorbeeld.

Student ·

Geen wonder. Die administrasie personeel sit net en trek salaris by daai plek.

Tobie Klarens ·

n Unisa graad is nie minder werd as n graad van enige ander SA universiteit nie. Unisa word steeds internasionaal erken. As dit by Unisa plaasvind, gebeur dit by ander universiteite ook. Dit is n refleksie van SA, nie net Unisa nie.

@ Karl ·

Nee Karl Jy moet jou geld gaan terugvra . .. UNISA se grade is niks meer werd nie agv die korrupsie daar .. vra maar oral in ander lande of jy WERK kry met ‘n Unisa graad ..?? Jy het seker een en probeer dit nou verdedig? Kon nie by TUKS plek kry nie of wat?

ES ·

Bernard – weet nie waar jy dit gehoor het nie. Ek het my graad en meesters behaal by UNISA en dit is in Australië erken???

Leonora McCormick ·

Solank soos daar pdi’s in beheer is sal dit so gaan. Het jul dan iets anders verwag?

Karl ·

@ @KARL, jy is 100% korrek, ek het n Unisa graad, werk al vir 4 jaar in Duitsland met hom, voor dit 2 jaar in Abu Dhabi, en 2 1/2 jaar in Amerika. Sterkte!

Vintcent ·

Nee, hul gee dit weg vir hom en ander hoogs-intelligente politici. Laasgenoemde spesie loop mos op water en is so geleerd dat hul als in ‘n “lucky dip” kry. Geen studie nodig om daardié vlak te bereik van die evolusieleer te bereik nie.

George ·

Geen wonder dat daar so baie is met doktorsgrade nie. Veral as jy na die SABC nuus kyk!

Jerry B ·

Studente betoog oor studie gelde maar hulle het geld om vraestelle te koop. Nee wat SA onderrig een groot sirkus.

Valerie ·

Ek sou nie die voorval as ‘n “skelmstreek” beskryf nie; dit is inderdaad ‘n kriminele oortreding met wye gevolge.
Tweedens, dis duidelik dat die Engelse eksamens nie te koop was nie. Hoe moet dit voel om jou naam met so ‘n groot plank plat te slaan?
Derdens behoort UNISA gesluit te word todat die hele aangeleentheid aangespreek en opgelos is. Wie gaan nou enige geld more om by hulle in te skryf?

Theresa ·

Hoe kan jy enigsins trots wees op n graad as jy n vraestel koop? Dan het jy nie vir dai punte GEWERK nie. Moet als in ons land om geld en korrupsie draai. Skande

Esme ·

Jy kan nie by ‘n gewone universiteit inskryf nie.. daar mag jy aangerand word.. of dalk erger. Afstandleer is ook uit.. want die kwalifikasies beteken minder as die papier waarop dit gedruk word!!

Pim ·

Dis mos nou absolute snert dat jy aangerand word by gewone Universiteite!

Unisa-dosent ·

Ek is ‘n Unisa dosent. Dis altyd hartseer om te lees hoe studente ongelukkig is met Unisa se diens. Ons as dosente probeer ons beste, werk baie hard, lang ure etc. net om deur die ondersteuningsdienste teleurgestel te word. Dit vat tussen een tot twee maande om ‘n ordentlike vraestel op te stel. In die departement word hardekopie vraestelle toegesluit en sagtekopieë is “password protected” en word nie eens onder mekaar ge-epos nie. Ongelukkig word die vraestelle ingedien (vir bv print en distribusie) maande vooruit. Ons, as dosente, het nie dan meer beheer oor wie toegang verkry tot daardie vraestel nie. Glo my dis baie frustrerend as vraestelle lek. Ons voel vir die eerlike hardwerkende student, maar wens ook dat nie alle werknemers van Unisa oor dieselfde kam geskeer word nie.

Ook n dosent ·

… maar ons dien tog nie die antwoordstelle in nie, so hoe het dit ook gelek? Is dit dalk n IT issue…

Ook n dosent ·

Maar ons dien tog nie die antwoordstelle ook in nie, so hoe het dit ook uitgelek? Tensy rekenaars gehack is.

Unisa nagraadse student ·

Geagte Unisa dosent,
Ek wil my respek en ondersteuning vir jul as dosente uitspreek. Ek het voorgraads ook by Unisa studeer, soos ook nou met my Meestersgraad. Ek het nog NOOIT swak of minderwaardige diens van enige dosent ontvang nie. Inteendeel, ek het net positiewe woorde vir die dosente en vele van d administratiewe personeel. Ek her vroeg al besef dat respek wedersyds werk. Dis nie almal wat gekritiseer kan word nie. So – aan daardie dosente wat die ekstra myl loop vir hul studente en ter onderhouding van Unisa se reputasie – opregte dank en waardering van my kant af. Julle het dit vir my moontlik gemaak om my akademiese loopbaan suksesvol aan te pak, en dit is n voorreg om dit ook by julle te voltooi. Baie dankie, Unisa dosent.

Erick ·

Ek is ‘n Unisa student in eksamentyd nou. Het tot dusver nog net positiewe ervarings by Unisa. Ons werk almal baie hard en niks word op skinkborde vir ons gegee nie. Ek het al kognitief en emosioneel baie gegroei vandat ek begin swot het. Baie dankie vir al julle harde werk. Hierdie nuus maak my baie kwaad. Groete.

JohanL ·

Beste Unisa dosent. Baie dankie vir die inset en ek respekteer en waardeer dit. Ek dink u lig ‘n belangrike punt uit dat die adminstratiewe personeel die “slang in die gras” is en die vrot appels in die mandjie is.

My seun wou so 5 jaar gelede deur Unisa vir ‘n kursus inskryf. Maar toe hy by ontvangs deur ‘n persoon wat in sy stoel op sy 7de nekwerwel agteroor le en traak my nie agtig praat met hom, het hy summier omgedraai en weggestap. Daarna het hy deur NWU se afstandonderrig afdeling net positiewe ervarings gehad. Unisa se administratiewe personeel rig baie groot skade aan.

Die lek van die vraestelle (en antwoordstelle) as dit waar is, is kommerwekkend en dui op (natuurlik) ‘n interne aangeleentheid. Let net op na “password protection” – dit kan gekraak word. Kompleksiteit en tyd speel net ‘n rol.

Kwaai Mossie ·

Ek is ook ‘n Unisa student. My dosente is nie baie goed nie. Ek se^ nie dis altyd die geval nie, maar my eksamen vraestelle vir Blg1501 was presies dieselfde as een van die ou eksamens. En hulle maak gereeld foute vir Mat1503 opdragte vrae.

Boerin ·

Absoluut betreurenswaardig !!!
Maar kom ek se eerlik ek is nie verbaas nie…niks meer is soos dit moet wees nie!
Nie vir een oomblik gedink die hordes wat elke dag afbreek,als aan brand steek en dan alles verniet opeis sal n eerlik studeer nie! Skrynend.

NITA ·

Ek is ook n student en het ook so sms ontvang. Gedi k daar is n slang in die gras.

Cta student. ·

Darem wag ek nog vir 2 vakke wat ek laat hermerk het .Dit is nou vir die eksamen Oktober 2018 vraestelle. So Unisa is spesiaal….

Sê maar net ·

Ek wil amper twyfel of ‘n hermerk jou ‘n ander resultaat gaan gee. Dit bly so te sê altyd wat dit was…

Betsie ·

Beste mnr/mev dosent . In 2016 was ons drie studente wat vir verkeerde kursus ingeskryf was deur ‘n Unisa werker. Ons moes ‘n oorbruggings kursus doen om in 2017 met ons graad te begin. Aangesien ons eers in Julie maand agter gekom dat ons nie reg geregistreer is nie het dit tot gevolg gehad dat ons eers in 2018 met ons graad kon begin. Twee jaar is vermors asook studie geld. In 2016 was daar baie betogings by kampusse . Wie kan ons help om vergoeding te kry vir tyd wat ons agter is. Ek het my werk verloor einde 2016 omdat ek nie vir n graad geregistreer is nie en sukkel nog steeds n permanente pos te kry. Unisa antwoord ook nie hulle telefone nie. Help asb!! Hierdie jaar kon my finale jaar gewees het Help asb met raad!! Dankie

@ Betsie ·

Lyk my dis GOEDKOPER om jou graad te KOOP .. vergeet van SWOT . ..

Klaries ·

@Betsie, gaan self na Unisa se finansiele afdeling toe, so n situasie sal jy nooit oor n foon kan uitsorteer nie

Anoniem ·

Ek het einde 2016 aansoek gedoen by UNISA om te studeer. In Januarie 2017 kry ek n e-pos die DAG voor registrasie sluit dat ek aanvaar is en my registrasie fooi moet betaal van +- R1000….. Dus moes ek wag tot Julie 2017 tot ek weer kan probeer. Julie 2017 selfde storie, so is daar nou toe probleme met my aansoek en ek moet Sunnyside Kampus toe gaan. Hulle het my registreer vir die verkeerde kursus en skielik het hulle niks van my aansoek vorms nie maar ek het n tydelike studente nommer gekry. Nog 6 maande later en dis Januarie 2018, waar ek weer moes ingaan UNISA toe want daar kort WEER persoonlike dokumentasie EN nou moet ek skielik n oorbrugging doen (So 6 patetiese vakke wat eintlik manet n geld maak storie is.) Dis nou Mei 2019 en ek is nogsteeds besig met my eerste jaar…….

Enige voorstelle vir n ander instansie waar ek my BCom graad kan doen???

@ anoniem ·

Daar is goeie BCom grade by Akademia beskikbaar, dan hoef jy ook nie voltyds te studeer nie, jy kan werk ook en ‘n inkomste verdien.

Anoniem ·

Die registrasie geld is net R110, en was R100 n paar jaar terug, kom ons bly by die waarheid asb, hulle het genoeg slegte publisietyd.

Dewald ·

Gaan kyk eerder wat Akademia aanbied, of kyk na Edx of coursera.

Dries du Toit ·

Elsie jaaa dit was die eerste ding wat by my ook opgekom het. Een dag dan is die media vol oor Malema wat nie eers st6 houtwerk kon slaag nie en dan eweskielik kry hy n graad. Ongelooflik. Nou sien ons wat gebeur in die piesang republiek

CUM Laude ·

Ek stem . met sy vrot skool simbole sou hy BESLIS geen universiteitsvrystelling kry nie en daar CUM hy toe sommer sy graad en almal eer en loof hom en vertel hoe SLIM en INTELLIGENT is die mannetjie .. JA ek weet dat jy na 10 jaar of wat toelating tot die Universiteit kry maar hoe werk dit dat ander OORBRUGGINGS kursusse moet doen terwyl hy met daardie SWAK punte sy BCOM kon CUM??

semaarnet ·

Daar is nie n manier wat hy n graad suksesvol kon voltooi nie. op geen manier nie. alles in SA is te koop teen n prys. ek sal eerder wil weet waar is die SG. PLASE WAT HY NOU SKIELIK BESIT

Stan ·

Baie slegte gevolge wat dit gaan hê!! UNISA se grade word alreeds in sekere lande nie erken nie. Dié BCompt het in die verlede iets beteken maar kan my kop op ‘n blok sit dat hierdie integriteit skandaal geweldige gevolge vir all UNISA studente en alma maters gaan hê.

Charl ·

Ek reken Unisa lek al jare lank die vraestelle aan die EFF narre wat daar swot.

lanie ·

Dis niks nuuts nie. As jy n finale jaar student is word jy n swak punt gegee om jou vak die volgende semester / jaar te herhaal, sodat Unisa geld kan maak. Wanneer jy n hermerk vra kry jy skielik meer vir dieselfde vak. Korrupsie steek sy kop oral uit.

Anoniem ·

Jy is onder n wanindruk. Die universiteit maak meer geld deur subsidies as jy deurkom. (Throughput rates)

Franco ·

Niks nuuts nie, by die Unisa Eksamen Sentrum in Nelspruit het dit vir meer as 3 jaar gebeur voordat iemand iets agtergekom het

Maryna ·

Ek het self gister ‘n sms ontvang vir Maandag se eksamen vraestel. Ek het nogals gewonder oor die groot bedrag van R1400! Ek kry gereeld sulke sms’e maar het verstaan dis ou vraestelle met die memorandum om te help met die voorbereiding, maar dis gewoonlik so tussen R200 en R400. Ek het nie daardie tipe geld wat rondle nie, so het nie eers daaroor getob nie… Baie sleg dat ons wat regtig hard leer en eerlik is om ons kwalifikasies te kry nou onder dieselfde kam geskeer word as die oneerlike studente! Mag die ondersoek sommer die oneerlike studente ook ontbloot!

soltykat ·

Ek was ook ‘n Unisa student. Na 4 semester se selfe vak oor en oor skryf het ek maar besluit dit is net nie meer finansieel die moeite werd vir my nie. Tyd weg van my kinders om te leer en elke keer nie eers genoeg punte wat as ‘n her-merk of ‘n her-eksamen kwalifiseer nie. Belaglik. Nee wat Unisa. Julle sien my nie weer nie en ek sal ook nie iemand aanraai om deur hulle te swot nie.

Anoniem ·

Ek is bevrees dan lek daar elke eksamen vreastelle, ek het 6 jaar daar gestudeer en het elke eksamen daardie sms gekry..

ES ·

Ek glo dat as jy iemand is met integriteit, sal jy nie ‘n vraestel koop om deur te kom nie. Vraestelle word by menigte universiteite gelek – partykeer sonder dat hul dit agter kom.

honourable member ·

Iemand by Unisa maak geld soos bossies. Hierdie mense sien mos niks verkeerd met korrupsie en bedrog nie.

Koos ·

‘n paar jaar gelede, toe ek weens regstellende aksie werkloos was en werk moes soek, is my 2 univ. van Stellenbosch grade ook nêrens erken nie, al het dit uit die ou SA gedateer. Ek moes hoor eks oor gekwalifiseerd en verkeerd gekwalifiseerd. Ek moes ook hoor “a BA degree is just a glorified Matric”. Uiteindelik het ek maar op my CV gelieg. Anders was ek seker nou nog werkloos. 2 grade na 4 jaar se studie het ek verander na bloot “studied for 3 years” en 1 jaar se militêre diensplig het ek na 2 jaar verander. NIEMAND het my ooit oor dié “leuens” op my CV uitgevra nie en ek het uiteindelik weer ordentlike werk gekry.

hercu ·

in society, we don’t have problem children, we have problem parents, adults and the ANC Government officials who set the wrong example and everyone think it is the way of life today!

these are the fruits of modern day Fatherhood.. or the absence thereof!

Unisa student ·

Verlede jaar het die South African Law Society of South Africa se raadseksamens uitgelek en almal moes oorskryf. Die mense wat veronderstel is om die meeste integriteit in ons land te hê. Dis duidelik nie ‘n UNISA probleem nie – dis ‘n landswye probleem

Sunette ·

Hi. Ek het ook n sms van dieselfde persoon af onvang vir ECS1501. So UNISA sal moet gaan kyk watse vake is eksamens is gelek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.