Vragmotor aan die brand gesteek naby Rustenburg

Die vragmotor wat Dinsdag aan die brand gesteek is. (Foto: ANA)

’n Vragmotor is Dinsdag aan die brand gesteek en ’n pad tussen Rustenburg en Marikana in die Noordwes met brandende buitebande en klippe versper gedurende ’n betoging oor dienslewering.

“Daar is geen water, geen elektrisiteit nie,” het Justice Rabula, gemeenskapsleier by die Nkaneng- informele nedersetting by Photsaneng, naby Rustenburg, gesê.

Volgens Rabula moet inwoners van dié nedersetting noodgedwonge water aankoop aangesien dit sowat vier weke kan neem voordat die munisipaliteit water hiér aflaai.

Hy vertel verder dat die gemeenskap geld ingesamel het om kragkabels aan te koop waarmee hulle toe elektrisiteit vanaf die Sibanye-myn na die nedersetting aangelei het.

“Die myn se sekuriteit het ons kragkabels gesny en na die plaaslike polisiestasie geneem. Ons weet nie of ons ons kragkabels gaan terugkry nie. Dit is geld. Mense het R800 per huis bygedra.”

Onstoke inwoners het die D108-pad versper. (Foto: ANA)

Ontstoke inwoners het dus vandeesweek oorgegaan tot protesoptrede waartydens verskeie betogers in hegtenis geneem is.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, kon egter nie in dié stadium bevestig hoeveel betogers in hegtenis geneem is nie.

David Magae, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê hy sal in ’n latere stadium kommentaar lewer oor die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kobus ·

” Protes optrede” ???? Dit is bloot misdaad en dit het so handvuitgeruk dat die Polisie nie instaat is om dit te hanteer nie

Ekke ·

Dis tipies van party gemeenskappe. Hulle is kwaad oor dinge en dan vernietig hulle ander mense se eiendom wat niks met die saak te make het nie. Pateties!

Hennie ·

Hierdie mense verstaan nie of hulle ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie. Wie het hulle do geleer? Die ANC natuurlik! Ubuntu se gat!

Dom Vraag ·

Ek weet ook nie hoe mens moet positief bly as jy om jou rondkyk en na n plek kyk wat eers mooi en goed na gekyk was en waarvan daar nou niks oorgebly het nie!!!! Kyk jy na ou foto’s, dorpe, plekke ens. dan dink jy hoe kan alles soos dit vandag is beter wees want dit is nie

Swart Piet ·

Nou vir wat kla die mense, hulle het mos vir die ANC dan gestem. Dis nou te laat vir trane.

Thinus ·

As hulle kan leer om vir water en elektrisiteit te begin betaal kan dit aangele word, maar soos gewoonlik dink hulle almal skuld hulle, so hulle soek dit verniet. Dis ‘n informele nedersetting, wat beteken daar is nie dienste bepkan daarvoor nie. Nou wil hulle brand en afbreek omdat hulle dit nie verniet kry nie. Daar is geen logika by daardie mense nie. Hierdie land dal nooit regkom met hierdie kaliber nasie nie.

Blompot ·

Hoekom kla die mense oor dienslewering? Hulle stem mos vir onbevoegde comrades! Hulle sal nooit leer nie. Na 25 jaar verstaan hulle nog nie jy kry waarvoor jy stem nie.

Skim ·

Tyd om vigilante groepe te begin om die stakers in eie munt terug te betaal.

SjN ·

Die meerderheid het dan daarvoor gestem, hoekom onskuldige mense se eiendom beskadig en vernietig, laat hul eers betaal alvorens hul dit ontvang.

Anton ·

Dit is oer oue benadering as dienslewsring

Dienslewering is daar as veilige hawe vir die publiek.
Word dit nie gelewer nie. Kom hulle in op stand. Waar gaan die publiek om hulp roep!?

Kwaad ·

Ons moet die pad elke dag werk toe ry maar nou as gevolg van die geweld ens is ons gedwing om ‘n lang ompad te ry. Die grond pad is baie sleg en ons moet so stadig ry. Daar is wel sekuriteit maar geen polisie in ‘n duisend see myl te sien nie. GEEN aksie word teen hulle geneem nie. Ons moet dit net aanvaar en ons karre opmors op die grond pad en 20 minute vrooer van die huis af ry om betyds by die werk te wees. CRAZY!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.