Vragmotor-aanvallers van ekonomiese sabotasie aangekla

Minister Fikile Mbalula. (Foto: Twitter)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Dinsdag gesê diegene wat vragmotors op die land se paaie aanval, sal in hegtenis geneem en van ekonomiese sabotasie aangekla word.

“Ons is steeds ernstig bekommerd oor die toename in aanvalle op ons paaie,” het hy ’n debat in die parlement oor padveiligheid tydens die feestyd gesê.

“Ons sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat diegene wat eiendom vernietig en glo dat hulle die reg het om ander se lewens in gevaar te stel, die volle mag van die gereg voel nie.”

Volgens Mbalula is daar wettige platforms vir enige persoon om griewe met die betrokke belanghebbendes te bespreek en ’n vriendskaplike oplossing te vind.

Verkeersbeamptes sal saam met die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe werk om diegene wat betrokke is by aanvalle op vragmotors aan die pen te laat ry.

Minstens 13 aanvalle op vragmotors het die afgelope maand plaasgevind en tussen April en November vanjaar is 84 aanvalle aangeteken.

Daar was die afgelope ruk toenemende woede in die vragmotorbedryf oor die voortgesette en gewelddadige aanvalle, met die padvragvervoervereniging wat vandeesweek in ʼn brief aan pres. Cyril Ramaphosa gevra het vir dringende ingryping.

Een van die voorvalle in Heidelberg waar vragmotors aan die brand gesteek is. (Foto: Twitter)

Die ministers van arbeid en indiensneming, binnelandse sake, polisie, vervoer, staatsveiligheid asook die premier van KwaZulu-Natal – een van die land se groot brandpunte vir dié soort aanvalle – het vandeesweek vergader om ʼn omvattende plan teen dié misdaad te verfyn.

Die aanvalle het glo verskeie elemente. Dit sluit in arbeidkwessies wat volgens die regering te doen het met ʼn kommerwekkende neiging onder sommige werkgewers om Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders met buitelanders te vervang. Vragmotors word dan glo aan die brand gesteek deur diegene wat deur só ʼn besluit geraak word in ʼn poging om die regering te oortuig om stappe teen buitelandse bestuurders te doen.

Ramaphosa het die voortgesette geweld teen vragmotorbestuurders en die verwoesting van eiendom wat daarmee gepaardgaan, veroordeel.

“As Suid-Afrikaners kan ons onmoontlik die sinlose en bloedige wetteloosheid waarmee die padvragbedryf geteiken word, duld. Ons kan nie hierdie verlies aan lewens en vernietiging van eiendom duld nie.”

Ramaphosa het opdrag gegee dat ’n verslag oor die voorvalle aan hom voorgelê word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nie Verbaas ·

Se sit down before you get in. Dan word die skuldiges op borgtog vrygelaat, doen dit weer en is weg.

Kanjynoumeer ·

Hel, dit het hulle darem lank geneem om uiteindelik tot die besluit te kom om vragmotor-aanvallers van ekonomiese sabotasie aan te kla!
Soos daar altyd tereg gesê word, Afrika tyd!

Hennie J ·

Tipies hierdie windlawaai. Van wanneer af besluit n minister van welke misdrywe oortreders aangekla gaan word? Ag ekskuus, ons is in die piesangrepubliek where everything goes. Wat van klagtes van terrorisme, poging tot moord,saakbeskadiging ens., of is dit buite die bestek van die denkwyse van die minister?

Mieke ·

Ja.Reg so, maar vang nou daardie oortreders, asb! Dit help nie om te sê dat die spul skuldig is nie want dit keer nie die spul om dit weer te doen nie!

Wilma ·

Bla, bla. bla hou op praat en doen. Julle moes dit in die eerste plek gedoen het. Daar is genoeg video’s gewees om baie inhegtenes te geneem het. Maar nee, praat, praat, praat en doen niks.

Chris dupreez ·

Bla bla bla bla bla , hou op so nonsense praat en doen iets.

Jr ·

WHARRA WHARRA WHARRA. MAAR MOOI NIKS GEBEUR NIE. GEBREEKTE OU REKORD

Sarel ·

Wat is Ekonomiese Sabotasie….dan moet Antie Kopdoek ook aangekla word.
Eers vang en dan vervolg maar niemand word gevang nie.
Hoekom nie? Word hulle ook beskerm of wat.

Sarel ·

Ministers lyk my het geen aandeel of finansiele belang by Vervoer mastskappye nie anders was lankal werk gemaak

henndrik ·

Dit is lank terug ook gese van kabel diewe en dit het nooit realiseer nie

Dries ·

Ekonomiese sabotasie. Ek hou van die term. Dis net jammer julle kom nou eers daarmee vorendag. Want dit is van toepassing op boere wat voortdurend aangeval en vermoor word ook, iets wat al JARE gebeur. So ook elke keer wanneer taxis staak en die paaie tot stilstand bring. Of wanneer daar NOG ‘n hospitaal, of biblioteek, of skool, of munisipale kantoor afgebrand word – want die koste verbonde aan herstel kon die ekonomie help groei het.

Suzette ·

Wie gaan julle in hegtenis neem mbalula? Het julle enigsins tot dusver enigiemand agter tralies oor die trokke wat gebrand is? Woorde in die wind, leë beloftes – blah, blah blah!

Ontnugterde senior ·

Die buitelanders gee nie om om vir laer salarisse te werk nie. Solank hulle net kos op die tafel kan sit. Boonop word hulle mos toegelaat om oor die landgrense te loop soos hulle lus het. Die weermag is bankrot en kan nie meer die grense bewaak nie om onwettige inkommers te keer nie. So why worry.

Persheks Adri ·

Net ekonomiese sabotasie? Wat van terrorisme en moord? Soek die EFF’ers pffft en volg hulle. Jy sal die skuldiges daar kry. Ag Cyril jy veroordeel ook net alles, maar doen NIKS nie shame on you!

Genis ·

Gaan soek die by die EFF, hulle praat brand openlik… Ek wonder soms wie se seun is Mal-emma… Cyril se vir ons n bietjie, want skerm darem maar baie vir die vraatjie

My siening ·

En bulla sê ook iets weer waar van niks sal kom maar hy hou van sy eie stem. Kader spreek en kader doen niks behalwe praat!

Deon ·

Oh, is jy nog n minister? Amper skoon van jou vergeet, maak nie saak wat jy uiter nie, dis net sodat ons jou nie moet vergeet nie.

Maar as jy ernstig is, ek “dare” jou, wys ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.