Vragmotor beland bo-op motor tydens lisensietoets

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Twee mans is dood en nog een beseer nadat ʼn vragmotor Donderdag bo-oor ʼn motor gery het in Atlantis in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die gru-ongeluk het op die hoek van Charl Uys- en Neil Hare-weg gebeur en die hele voorkant van die motor was onder die vragmotor vasgevang.

Hy het gesê lede van die brandweer het ʼn hyskraan gebruik om die vragmotor van die motor af te lig, voordat paramedici by die twee mans in die motor kon uitkom. Hulle het egter reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk. Lede van die reddingspan het gehelp om die twee oorledenes se liggame uit die motor te sny.

“Die bestuurder van die vragmotor het net geringe beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Meiring gesê. “Een van die oorledenes was glo besig met sy bestuurderslisensietoets toe die ongeluk gebeur het.”

Die polisie was op die toneel op die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Buitestander ·

Wat kan nie alles gebeur in ‘n onbewaakte oomblik nie. Daarom is dit altyd nodig om op en wakker agter ‘n stuur te wees.
Spyt is ‘n goeie ding maar kom altyd te laat. Spyt kan ook nooit ‘n lewe terug bring nie.

Dries ·

Dit is tragies. Ongelukkig is hierdie n groot probleem omrede bestuursskole laat mense leer bestuur op openbare paaie nog voordat basiese vaardighede verkry is rakende die bestuur van n voertuig. Openbare paaie is nie die plek om iemand te probeer leer nie .

Lise ·

@Dries, as jy mooi die berig lees sal jy sien dat een van die oorledenes besig was met ‘n bestuurderslisensietoets en dalk beter kon ry as baie mense op ons land se paaie. Dit kan ook wees dat die vragmotorbestuurder gejaag het of ongeduldig was. Die bestuurskole sal nie ‘n persoon op ‘n openbare pad laat bestuur as hulle nie weet die persoon is gereed daarvoor nie. Die probleem is juis die persone wat wel hul lisensies het se ongeduld agter die stuur!

Speedguard ·

My vraag is waar moet die leerling bestuurders dan getoets word, op ‘n plaas, wees eerder dankbaar vir die mense wat getoets word en dat dit nie sommer so oor die toonbank verkoop word nie, juis die rede waarom alles so erg gaan op ons paaie. Een van my oud kollegas (toets beampte) is ook so oorlede gedurende ‘n toets, dit is baie tragies , my innige simpatie vir die oorledenis se naas bestaandes

Asjas ·

Probeer bietjie jou kinders leer bestuur. Die oomblik wat jy daai L op jou kar plak word jy of jou kind ‘n teiken. Mense is ongeduldig, ongeskik en intimiderend. Vergeet graag hulle moes ook maar leer. Die oomblik wat dit veilig is om te ry of my kind se beurt is by die 4 rigting stop dan jaag iemand eers gou oor. Julle ry so naby aan haar dat sy bang raak om te stop want sy is nie so seker of jy gaan stop nie, en so kan ek aangaan.

Karma ·

Tragies ….. Innige simpatie aan die familie en vriende van die oorledenes.

Ek hoop nie ek maak die verkeerde afleiding as ek sê ek dink die ongeluk het gebeur terwyl albei voertuigbestuurders hul bestuurderslisensies probeer kry het nie? Of was dit ‘n gewone (maar baie tragiese!) padongeluk en het dit nie op die uitpasseerbaan gebeur nie? Indien dit ongeluk wel op die uitpasseerbaan gebeur het, hoop ek nie daardie vragmotorbestuurder kry sy lisensie gou nie!

@Asjas, moenie almal oor dieselfde kam skeer nie – as ek ‘n voertuig met ‘n “L” sien, bestuur ek BAIE ORDENTLIK – ek will hulle mos wys hoe dit regtig gedoen moet word ….. :-)))

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.