Vragmotor met onwettige immigrante voorgekeer

Die vragmotor. Foto: Verskaf.

Die polisie in Westernburg buite Polokwane het vroeg Woensdagoggend ʼn koeriervragmotor met 87 ongedokumenteerde Malawiese burgers binne onderskep.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem vir omkopery, asook ander moontlike aanklagte wat nog teen hom aanhangig gemaak kan word.

“Dit kom ná ʼn voorval waartydens die vragmotor versuim het om gehoor te gee aan ʼn padverkeersteken by die Polokwane-verkeersbeheersentrum,” het Ngoepe gesê.

Verkeerspolisie het die vragmotor gevolglik voorgekeer en die 87 Malawiese burgers aangetref. “Die bestuurder is onmiddellik in hegtenis geneem en die polisie het begin met hul aanvanklike ondersoek. Daar is vasgestel die voertuig was op pad van Malawi na Durban,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het aan Maroela Media bevestig die Malawiërs word tans aangehou en sal in terme van die Wet op Immigrasie aangekla word. “Hulle sal later terug na hul land gedeporteer word.”

Die bestuurder van die vragmotor sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

alida ·

Mens wonder hoeveel ander vragmotors vol kriminele het weggekom. Wie gaan betaal vir hulle deportasie wonder ek, en behalwe dit moet hulle seker kos en huisvesting ook kry. Raai raai op wie se koste.

zoom zoom ·

Sekerlik sal onse Gigaba hulle voorsien van ID kaarte en permanente verblyf sodat hulle kan stem in 2019 .

Liesie ·

wonder net as hul oppad was Durban toe, of dit nie mensehandel slagoffers is nie – plaas hulle oor in n skeepsvraghouer en op n boot en weg is hulle. niemand sal eers weet hul het via SA gekom nie.

Cherokee ·

Liesie…dìt is die soort van ding wat in kriminele lande gebeur… in korrupte lande! Nie in Suid Afrika nie!

Ystervark ·

En so word daar seker ook baie verdowingsmiddels oor die grense gebring om mense om te koop vir renosterhoring, ivoor, perlemoen en wat ookal.
Ek wonder hoeveel SA paspoorte is vervals of deur omkoopgeskenke bekom?
Wanneer gaan Suid-Afrika ‘n muur oprig tussen SA en sy buurlande?

Krimpvarkie ·

Dit gaan mos lekker in ons land almal kan kom en gaan soos wat hulle wil die grense is maklik in ons land

Ou Bosvark ·

Haai Ystervark, daar is ‘n spioen in ons midde. Noem homself of haarself “Krimpvarkie”. Ons moet onmiddelik vir Krimpvarkietjie in kennis stel. Ook die Genootskap van Varkerasies verwittig.

toy ·

Ons het genoeg probleme in hierdie land ons soek nie nog probleme nie. Dit raak belaglik.

Zoro ·

Kom kyk al die buite landers wat by kwekerye werk saam is in George omgewing

Peet ·

vir my so oulik dat Saffas nogsteeds glo die probleme le by die buitelanders.

Boy van die Suburbs ·

As ons, ons oë uitvee huisves ons die hele Afrika, hier aan die suidpunt van Afrika. Almal oppad Suid Afrika toe vir die opeis van ‘n lappie grond ……..

Muffin ·

Nou wonder ek net hoe het die vragmotor oor die grensposte gekom.

Johanna Botha ·

Dis maar EEN wat wel gevang is ….die res is deur !

Skipskop ·

A die arme mense. Wonder hoe lank sit hulle agter in daai bakoond. Ten mist sal hulle vir n paar dae kos kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.