Vragmotor rol; 17 passasiers beseer

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

17 mense is beseer toe die vragmotor waarin hulle gery het, naby Newcastle in KwaZulu-Natal omgeslaan en teen ʼn steilte afgerol het. Die ongeluk het omstreeks 02:00 Donderdagoggend plaasgevind.

Volgens Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het die bestuurder glo beheer oor die vragmotor verloor nadat hy vir ʼn bees in die pad moes uitswaai.

“Die slagoffers is almal konstruksiewerkers en van hulle het agterop die vragmotor gery. Hulle is uit die trok geslinger toe dit teen die steilte afgerol het.” Die werkers is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Maroela Media het vroeër berig nog ʼn ongeluk het omstreeks 07:00 Donderdagoggend plaasgevind.  68 mense is ernstig beseer nadat twee busse op die N1-snelweg buite Bloemfontein teen mekaar gebots het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.