Vragmotor tref Lamborghini

(Foto: Rusa/Facebook)

ʼn Wit Lamborghini Gallardo is beskadig toe ʼn vragmotor Saterdag op die R102 naby Phoenix in KwaZulu-Natal die motor getref het.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 11:00 na die toneel ontbied deur verbygangers.

“Die Lamborghini Gallardo het in die noodbaan aan die regterkant van die pad gestaan. ʼn Vragmotor, wat langs die motor gery het, het skielik van baan verwissel en die motor getref.”

Geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Baie bly ek staan nie vandag in daai vragmotorbestuurder se skoene nie.

Lizbie ·

Meskien is dit hierdie keer die motorbestuurder wat moontlik skuldig is. Ek het al talle kere gesien hoe hulle in die noodbaan gaan om “stadige” motors/busse/vragmotors verby te gaan. Sondae is die Lamborghini/Porsche/Ferrari se skoutyd om aan ander te wys hoeveel perdekrag onder die kappe sit!!

My siening ·

Die Lamborghini staan in noodbaan en trok ry langs hom? Verstaan nie die artikel nie??

Erika ·

Ongelukke kom Omdat Arrogante kansvatters dink hulle is onaantasbaar… En omdat Onbevoegde mense hulle lisensie op die korruptiewe manier kry en n gevaar is vir ander

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.