Vragmotor ure ná vergadering aan die brand gesteek

Die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, aan die woord by die mediakonferensie. (Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency(ANA)

Nóg ’n vragmotor is Maandagaand op die N2-snelweg by die Umgeni-wisselaar by Durban aan die brand gesteek enkele ure nadat ʼn vergadering in dié stad gehou is om die brand en plunder van vragmotors asook aanvalle op vragmotorbestuurders in KwaZulu-Natal te bespreek.

Dié jongste voorval volg kort nadat vragmotormaatskappye vroeër die dag gesê het hulle sal nie aanvalle op hul vragmotorbestuurders duld nie nadat 17 vragmotors oor die naweek in die provinsie aan die brand gesteek is.

Die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, asook Bheki Cele, minister van polisie, Fikile Mbalula, minister van vervoer, Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, Thulas Nxesi, minister van arbeid en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het dié vergadering bygewoon.

Adv. Pria Hassan van die Positive Freight Solutions Forum, wat die vragmotorbedryf verteenwoordig, het tydens ʼn mediakonferensie gesê vragmotorbestuurders behoort prioriteit te geniet. “Ons prioriteit lê by ons mense, in dié geval ons trokbestuurders. Ons sal nie ʼn  aanval op ons mense duld nie. Hulle is ʼn belangrike bate vir hierdie land en het daagliks verreweg die ergste lewenstoestande op die pad, wat ons probeer om te verbeter,” het Hassan gesê.

Aanvalle waarin vragmotors aan die brand gesteek word kom gereeld in KwaZulu-Natal voor. Dié aanvalle gebeur veral op die N3-snelweg, ’n belangrike roete wat van die Durban-hawe na die binneland loop.

Volgens Hassan het meer as 60 vragmotors die afgelope drie weke in die provinsie deurgeloop met verskeie vragmotorbestuurders wat in dié aanvalle beseer is.

Plaaslike vragmotorbestuurders het na bewering vragmotors voorgekeer en buitelandse vragmotorsbestuurders gedreig. Hulle het dié bestuurders daarvan beskuldig dat hulle plaaslike bestuurders se werk vat. Hulle beskuldig ook vragmotoreienaars daarvan dat hulle eerder buitelanders in plaas van plaaslike bestuurders aanstel.

Zikalala het gesê daar is die afgelope paar dae besluit dat die polisie ʼn reaksiespan moet opdrag gee om vinnig aandag te gee aan die kwessie. Die premier het ook gesê dat die aanvalle op buitelande vragmotorbestuurders nie geduld sal word nie hoewel die onwettige aanstel van vragmotorbestuurders uit die buiteland end moet kry.

Hassan het gesê vragmotoreienaars is op soek na die gerusstelling dat daar nie minder as ʼn vyf-minuut reaksietyd sal wees wanneer ’n aanval op ’n vragmotor plaasvind nie.

“Ek doen ʼn dringende beroep op gemeenskappe en individue wat bewus is van aanvalle wat beplan word, om hierdie inligting deur te gee aan die taakspanne.”

Die omstandighede rondom die jongste voorval is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willie ·

Dis baie hartseer om sien hoe die mooi land verval. Dat basiese regte nie eers beskerm word nie, dat daar geen respek vir die werkende klas is, nietemin eindom. Daar kom n tyd wat die Staads President moet verkondig, dit stop hier! Maar daar gelaat.. Hier kom swaar tye in SA mense, berg maar n nie verfderbare dingetjie of twee..

marous ·

“Anargie Heers” behoort ‘n pragtige volksklied te wees vir die land , wat elke keer met parlement sitting gesing kan word.

wielie ·

Waarom word die treine nie weer ingespan nie? Paaie sal ook veiliger wees.

Grassie ·

As vragmotormaatskappye wil voortbestaan sal hulle opgeleide gewapende wagte saam met hul voertuie moet stuur en ook hul bestuurders moet oplei en bewapen. Ek het al gesien hoe ‘n klomp aggressiewe aanvallers vinnig omspring en met groot spoed padgee as hulle ‘n skoot of wat hael in hul agterstewes kry. Vra maar vir enige (oud) polisieman wat by onlusbekamping betrokke was. Die aanvalle op voertuie kan op hierdie wyse tot ‘n groot mate bekamp word.

Chris Ws ·

Jou kommentaar is die enigste wat regtig sin maak hier!As ‘n trok aangeval word hoeveel uur sal dit ‘n polisie voertuig vat om by die toneel te kom?Maar as daar ‘n gewapende passasier in die trok is kan daar DADELIK opgetree word voor dinge heeltemal hande uit geruk het.DIT is die oplossing.Die SAP gee in elkgeval nie om nie.Baie polisiemanne is ook deel van dit en kry ook van die goedere wat gepunder word daarom sal hulle dit nie stopsit nie.Dis ‘n bose kringloop.

Thelma ·

Met sulke gedrag en permanente stakings, sal ek ook eerder buitelandse bestuurders aanstel.

Piesang ·

Nou hoe sou die buitelandse trokbestuurders dan in die land kom… wie is dit wat hulle toegang gee…? O ja nou onthou ek! Dis dieselfde ANC waarvoor hulle elke keer stem! :)

Hansie ·

Baie snaaks dat daar nou ondersoek ingestel word hierna, maar boere word vermoor en dit is al lankal ‘n krisis, maar niks word daaraan gedoen nie. Waar is die minister van polisie dan?
Ek sê nie vragmotorbestuurders is minder belangrik nie, maar lyk my die boere is beslis!!

ano ·

En so hou hulle die een vergadering na die ander …………………………………….. HOEKOM gaan bestuur julle nie die trokke en kry EERSTEHANDSE ervaring van die vrees, intimidasie en pyn nie?

John ·

… waar is Lesufi tog? Miskien kan hy volgende keer, sommer mòre, minister van vervoer word. Hy los gou-gou alle probleme op. En wat het geword van ons verkeerspolisie of is hulle aan’t rus na die kersvakansie? Treine word uitgebrand en dit hou net aan en trokke aan die brandgesteek en dit hou aan. Waar is ons nuwe president of kyk hy krieket op DSTV se duur stasies?

Helena. ·

Wielspore..enigste kommentaar wat sin maak..praat minder en doen meer..ek sou sê as mense nie kan “sense” praat nie bly liewer stil. Jammer die tyd het gekom dat mense mekaar irriteer deur moedeloosheid. Ons land is weg saam met die tyd.

Kol ·

Alle vervoer maayskappye moet vir een dag staak. Dit sal die ekonomie raak en die eind verbruikers. So kan mens nie aangaan nie.

ne ·

Vergaderings? Doen iets daadwerklik, julle sit en duime suig en die land gaan tot niet. Jy is nie eers meer veilig om die N3 in die nag te gebruik nie. Waarvoor al die geld betaal. Hordes beamptes sit lekker langs nie pad en patroleer nie. Hier is te veel base en te min klase om die werk te doen.

ne ·

Vergaderings? Doen iets daadwerklik, julle sit en duime suig en die land gaan tot niet. Jy is nie eers meer veilig om die N3 in die nag te gebruik nie. Waarvoor al die geld betaal. Hordes beamptes sit lekker langs nie pad en patroleer nie. Hier is te veel base en te min klase om die werk te doen. . .

Jepetto ·

Ek neem die brandstigters nie kwaalik nie Julle sal geskok wees as julle moet weet hoeveel biutelanders werk in SA Ons is die land van melk en heuning in Afrika En dit sal net meer en meer word jaarliks oor 5 jaar sal daar 3 dubbel die getal buitelandrrs in SA wees

PJC ·

Al wat gaan help om te sorg dat hierdie die nodige aandag gaan kry is nog ń sogenaamde “trojaanse perd”. Niemand in die land verstaan en reageer op enigiets anders as gewêld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.