Vragmotor wat suur vervoer loop van pad in Mpumalanga

Foto: ER24.

ʼn Vragmotorbestuurder, glo in sy 30’s, was volgens paramedici op die toneel gelukkig om net geringe beserings op te doen toe die vragmotor van die pad geloop het. Die vragmotor het suur vervoer.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagmiddag op die N11 naby Kranspoort plaasgevind.

“Die bestuurder het glo beheer oor die vragmotor, wat suur vervoer het, verloor en deur ʼn versperringsmuur gery en in ʼn sloot tot stilstand gekom,” het Siddall gesê.

Toe paramedici teen 17:00 by die toneel opdaag het die man buite die vragmotor gesit. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

“Die presies omstandighede rondom die voorval was nie dadelik duidelik vir ons paramedici nie, maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.”

Die polisie was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lynda ·

Daar is gereeld swaarvoertuig ongelukke daar, hulle Ryan te Vining deur die pas en Verloor dan beheer van die voertuig.

Kas ·

Daar was nog elke keer ‘n ongeluk van een of ander aard wanneer ek daardie stuk pad nog gery het.

Adri ·

Ek sou eerder sê die voertuig het in ‘n sloot te lande gekom, as om te sê tot stilstand gekom. Lg. wek die indruk dat hy net gestop het.

Haarklower ·

Neewat laat ons nie nou hare kloof oor taal nie. Vir my klink dit presies reg soos dit is.

Ag tog! ·

Ek sou dink as ‘n mens so ’n gevaarlike vrag vervoer, moet jou sintuie en verantwoordelikheidsin tot die uiterste gespan wees.

Buitestander ·

Ai hoeveel vragmotors bestuurders moet beheer oor hulle werklik iets daarom gaan doen.
Al meer en meer sulke ongelukke vind plaas.

Stefan ·

Ek is Sondag deur die pas, die trok is net na die sandbank (wat gebou is vir sulke gevalle) deur die versperringsmuur, duidelike nalatigheid van die bestuurder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.