Vragmotorbestuurder sterf; hoofweg besaai met skrootmetaal

Skrootmetaal lê steeds besaai oor die hoofweg in die omgewing van Allandaleweg. (Foto: Netcare 911)

ʼn Vragmotorbestuurder is dood en verkeer op die N1 in die omgewing van Allandaleweg in Midrand is Donderdagoggend ure lank ontwrig nadat die vragmotor ʼn paal getref en in die baan van aankomende verkeer beland het.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die ongeluk het kort voor 06:00 gebeur. Die vragmotor was van Zambië na Gauteng op pad en het skrootmetaal vervoer.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vragmotorbestuurder is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood.

Nog ʼn persoon het geringe beserings opgedoen.

Verskeie voertuie is ook beskadig toe die vrag deur die lug geslinger is.

Verskeie bane is steeds gesluit terwyl die skrootmetaal wat die hoofweg besaai, opgeruim word.

Minnaar het motoriste aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik en sê opruimingswerk gaan nog geruime tyd duur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Adeline ·

Lyk vir my eerder na bou afval en gemors vuilgoed en definitief nie “skrootmetaal” nie.

Androclus ·

As jy geldnood het verkoop jy alles boumateriaal of nie maak nie saak dit word gesien as skroot.
Dankie

Nozi ·

Adeline, ken jy nie die verskil tussen boumeteriaal en skrootmetaal nie. Bou afval is beslis nie staal en ysters nie.

Kokerboom ·

Hoekom sulke gemors na SA deur grens laat?
Jy vervoer ook nie skrootmateriaal in so ‘n vragmotor! Iets is nie pluis!

Stofdonkie ·

Wat my verstand te bowe gaan is wanneer so ongeluk gebeur het en die klomp oorgewig dik metro beamptes almal net so rustig daar rondstaan. Hoekom kan hulle nie net help om so veel moontlik bane oop te kry sodat verkeer weer kan vloei nie? Kan dit nie maar as deel van hulle plig raak om die pad so gou moontlik op te ruim sodat verkeer weer kan vloei nie in plaas van rondstaan en kfc vreet.

Megan Swart ·

Dagsê B-Man
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die tikfout. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.