Vragmotorbestuurder langs pad vermoor

Jan Stickling (Foto: SALTruckers via Twitter)

ʼn Vragmotorbestuurder van Memel in die Vrystaat is Vrydagaand op die Amersfoort-pad, digby Ermelo in Mpumalanga, deur ʼn groep mans oorval en vermoor. Jan Stickling (58) het met ʼn pap band langs die pad gaan staan toe die mans hom oorval het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Vrydag omstreeks 19:00 plaasgevind.

Volgens Hlathi het Stickling klaarblyklik een van sy kollegas in Newcastle in kennis gestel dat hy met ʼn pap wiel langs die Amersfoort-pad gaan staan het.

Hlathi sê Stickling was besig om die boute van die wiel los te skroef toe hy skielik deur die groep aanvallers van agter af oorrompel is. Hy sê een van die mans het hom vermoedelik teen die agterkop geslaan waarna hy toe op die grond neergeval het.

“Hy is met skerp voorwerpe gesteek,” sê Hlathi.

Die aanvallers het Stickling se skoene, bril en vragmotorsleutels gebuit.

Tot dusver is niemand nog in verband met die aanval vasgetrek nie.

“Ons versoek dat enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, hul naaste polisiestasie kontak,” sê Hlathi.

SA Long-distance Truckers het in ʼn inskrywing op hul Facebook-blad hul medelye met Stickling se familie betuig. Volgens die inskrywing word vragmotorbestuurders gereeld aangerand. “Waar is geregtigheid vir Stickling? Waar is geregtigheid vir ons vragmotorbestuurders? Dit is die werklikheid wat vragmotorbestuurders elke dag moet trotseer,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sandra ·

Vir wat? Skoene, bril en ‘n trok met ‘n pap wiel? So onnodig.

Isabella ·

DT GAN NT ERGER WORD MOORD EN DOODSLAG IS ONS VOORLAND ONS HT GEEN KANS …ONS IS VERONDERSTEL OM GELUKKIG TE LEWE MAR ONS LEEF IN VREES ELKE DAG

Scalla ·

Is daar nie n beloofde vergoeding aan die moordenaars betaalbaar deur n faksie nie?

Daniel ·

Walglik, probeer jou werk doen en jy word vermoor. Mens sal nie meer kan stilhou om ‘n wiel te ruil. Dis duidelik moord net omdat hy wit was

Aai ·

Goeie raad as jy papwiel kry ry baie stadig maar moet nie stop tot jy op ‘n veilige plek kan stop dit is niks om die wiel te vervang maar ‘n lewe kan jy nie vervang.

Johan ·

Mnr Ramaphosa… kan jy asb vir ons sê wat hieraan gedoen gaan word? Ons blankes word lelik verniel en gemoor, dit is nie net n trokdrywer gewees nie, dit was n BLANKE trokdrywer en dalk n Pa, n Man, n Oom, n Seun en en… Hoekom kry ons NOOIT antwoorde op vrae oor sulke kwessies nie?

Adam Adriaan ·

Dit is ‘n direkte gevolg van die die papbroekige beleid wêreld wyd wat, kwansuis beweer dat die dood straf geen invloed op menslike gedrag sal hê nie. Klomp snert. Dit is rede waarom die wêreld in so ‘n toestand is en Suid Afrika loop los voor in die wedloop., met die regering wat op die paviljoen sit en hande klap vir die kampioen land se vertoning.

Scalla ·

Geliefde ex polisieman wat welbekend en geliefd was in ons plattelandse omgewing, sou nie eens n vlieg skade aangedoen het nie, hy het mos niks verkeerd gedoen om dit te verdien nie, riv Jan. Met die uitlatings van sekere groepe wat uitskreeu van podiums af, van kill the boer, kill the farmer en niks oorkom nie is ons seker geregtig om op te tree die teen die vakbond wat tans die land regeer en dus terug te slaan met nog een boer, nog een taxi, sal graag hul kommentaar wil hoor.

johanf ·

Lafaards…altyd ń groep, alleen te bang vir ń miniatuur poedel……..
My simpatie aan die familie, te tragies… :-(…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.