Vragmotorbestuurders sal op Ou Kaapseweg beboet word

(Foto: Google Maps)

Bestuurders van swaarvragmotors wat die verpligte laan vir dié voertuie teen Ou Kaapseweg in Kaapstad ignoreer, sal van Maandag vervolg word, het die Stad Kaapstad gewaarsku.

Die stad het onlangs die finale fase voltooi van ʼn hoëtegnologiekamerastelsel wat betref die verpligte stilhou van swaarvragmotors op Ou Kaapseweg net voor die kruising met Steenbergweg. Die stelsel kan verskeie oortredings opneem en sal na verwagting verkeersveiligheid op dié afdraandepad verbeter, het die Stad Kaapstad Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die stad het ook onlangs aanwysingsborde op die bergpas opgegradeer om die korrekte gebruik aan te dui van die verpligte stilhou vir swaarvragmotors. Alhoewel die vorige aanwysingsborde ook tot wettige vervolging kon lei, is dit hersien in reaksie op motoriste wat aangedui het dat hulle nie die aanwysingsborde verstaan nie.

Die nuwe aanwysingsborde verduidelik presies wat van die bestuurders van ligte motors en swaarvragmotors verwag word.

“Die aanwysingsborde word in elke geval drie keer herhaal. Ons oortref dus die minimum- regsvereistes. Die aanwysingsborde is ook op gepaste plekke opgerig,” het Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, gesê.

“Die outomatiese wetstoepassing sal van Maandag af ook ander verkeersoortredings insluit, waaronder die outomatiese monitering van voertuie swaarder as 3,5 ton wat versuim om van die verpligte baan gebruik te maak en ligte motors wat die swaarvoertuigbaan misbruik.”

Die doel van die stelsel is om ongelukke te voorkom van weghol-swaarvoertuie wat tipies by die kruising met Steenbergweg gebeur. “Die ongelukke hou grootliks verband met bestuurders van swaarvragmotors wat die afdraande onderskat. Dié oplossing sal verseker dat swaarvragmotors in laer ratte bly en dus hul remme bewaar om by die verpligte stilhou tot stilstand te kom,” het sy bygevoeg.

Nuwe aanwysingsborde:

Die volgende bord dui aan dat alle voertuie, swaarder as 3,5 ton, insluitend busse, die verpligte stilhoubaan moet gebruik en tot stilstand moet kom. Die aanwysingsbord dui ook aan dat die verpligte stilhou 200 m verder is. Busse en voertuie, swaarder as 3,5 ton, mag ook nie van die ligtemotorbaan gebruik maak nie. Alle voertuie ligter as 3,5 ton, insluitend passasiersvoertuie, bakkies en sportnutsvoertuie, mag nie die swaarvragmotorbaan gebruik nie:

(Foto: Stad Kaapstad)

Dié bord waarsku motoriste dat daar ʼn toegewyde baan vir alle voertuie swaarder as 3,5 ton oor 400 m begin en dat ligte motors nie van dié baan gebruik mag maak nie:

(Foto: Stad Kaapstad)

By die aanvang van die nuwe baan is dié aanwysingsbord:

(Foto: Stad Kaapstad)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zoom zoom ·

Dankie vir die inligting. Nou kan ek daar stop mety 10ton trok
uitklim en benerek terwyl el suigbaan ‘n zol en ook so ‘n koue biertjie wegsit voordat ek weer voortgaan met my swaarvoertuig

Wiehan ·

Kyk wat gebeur op die snelwee in Gauteng. Daar is duidelik oorhoofse borde wat aandui dat vragmotors van 10 ton en meer nie in die 3 regterkandse bane mag ry nie maar dan kry jy soomer 3 van hul langs mekaar en hou die verkeer op.

Ek die verkeers beamptes doen NIKS!!!

ben ·

Dis seker nie ñ persoon wat in die vorige bedeling was wat so ñ bord laat aanbring het nie. Raai wie het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.