Vragmotorkapings: Een dood, twee vas

Foto: SAPD

’n Groep gewapende verdagtes in drie motors het Dinsdag twee vragmotors in Midrand gekaap wat tot ’n jaagtog en skietgeveg met die polisie gelei het.

Die twee vragmotors, wat duisende selfone vervoer het, is op die K101-pad gekaap. Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, is die een vragmotor onmiddellik na Presidentpark nagespoor.

Die verdagtes was reeds besig om die vrag na ’n ander vragmotor oor te laai. “Die verdagtes het laat spaander met die polisie se aankoms op die toneel. Daar is onder meer op ’n Isuzu-bakkie beslag gelê.”

Polisiebeamptes het verdere inligting opgevolg rakende die tweede vragmotor en ’n Mercedes-Benz Sprinter agternagesit. ’n Skietgeveg het tussen die beamptes en die insittendes uitgebreek. Een verdagte is doodgeskiet terwyl nog een geskiet en gewond is. Die beseerde verdagte is onder polisiebewaking in ’n hospitaal. ’n Derde verdagte is vasgetrek.

Die verdagtes sal binnekort in die Midrand-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, kaping en die besit van gesteelde goedere. Volgens Peters word nog in inhegtenisnemings binnekort verwag en kan die verdagtes ook bykomende aanklagte in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

‘n Mens het nie meer woorde nie. Gaan die gemors in die land ooit ophou? Dit neem by die dag toe en het die nuwe “normaal” geword!! Suid-Afrika is ‘n misdaadhool!

JohanF

Goed gedoen, SAPD…..

Persheks Adri

Moord en roof is die nuwe sport in SA! Mens moet waaksaam wees hierdie mense is goed op gelei en slimmer as wat ons dink! Elke dag moord en roof en dood my hart genade!

Sylvia

Duidelik het iemand die makkers laat weet dat dié trok volgelaai is van selfone …

AJ

“When the looting start … is when the SHOOTING will start!”

Bg. is die woorde van die magtigste man op die planeet.

Look and learn …. look and learn ….!

DONALD TRUMP!