Vragmotors aan die brand gesteek tydens plastiekstaking

(Foto verskaf)

Vier vragmotors is in Kempton Park aan die brand gesteek en ses motors is beskadig ná ʼn aanval, vermoedelik deur stakende werknemers in die plastiekbedryf.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê die voorval het in Staalweg in Spartan, Kempton Park plaasgevind.

“Brandbestryders is omstreeks 12:00 na die toneel ontbied. Die aanvanklike oproep was dat een vragmotor aan die brand gesteek is, maar met hul aankoms by die toneel het vier vragmotors in ligte laaie gestaan. Hulle het dadelik bykomende hulp ontbied en brandbestryders van Boksburg, Bedfordview en Commercia was gou op die toneel met ekstra hulpbronne,” het Ntladi bygevoeg.

Die brand is geblus en verdere skade is verhoed aan ander voertuie wat daar naby geparkeer was.

“Twee vragmotorbestuurders is beseer en na die Arwyp-hospitaal in Kempton Park geneem. Hulle is in ʼn stabiele toestand.”

Ntladi het gesê die betrokke owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Dis mooi so, jul sit op die tak wat jul self besig is om aft te saag, ek kan nie wag dat die zimvolge jul tref nie!

Peter Holmes ·

Ons land brand. Maar Mmusi Maimane wil nou die Internasionale Strafhof en die Verenigde Nasies se Menseregte Kommissie nader om stappe te neem teen die regering van Zimbabwe. Oor 12 mense wat doodgeskiet is. Hier word alles verwoes en afgebrand. 20000 mense per jaar word hier vermoor !!!!

Manie ·

Die land brand en die terroriste wat die land regeer dink dit is te wonderlik

Fanie Buys ·

Min mense het ‘n idee oor die omvang die staking en die vernietiging wat daar plaasvind. Daar is heelwat van die ondernemings wat oa as gevolg van die staking maar het hulle deure gesluit het. Voeg daarby die onvermoë van die regering om ‘n infrastruktuurbou-program op die been te bring.

ZAR ·

Iemand of ‘n besigheid sit agter die plastiek staking. Ek wil weet wie, en wat baat hulle daaruit.

Hein strydom ·

My broer is in sy plastiek fabriek aangeval en vir dood gelos, in Springs. Gelukkig is hy besig om te herstel, maar die finasiele implikasies van 35 jaar se harde werk is ernstig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.