Vragmotors, chroom ter waarde van R15 miljoen gevind

Foto: SAPD/Limpopo

Veertien vermeende onwettige myners is in Thabazimbi in Limpopo in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op vragmotors wat vermoedelik onwettig gemynde chroom vervoer het, ter waarde van R15 miljoen.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Limpopo, saam met polisiespeurders in Thabazimbi en veiligheidsbeamptes van Northam Platinum Mine, het Vrydagoggend die 14 persone, tussen 26 en 56 jaar oud, in hegtenis geneem. Beamptes het beslag gelê op agt vragmotors wat met chroomerts gelaai was.

“Die verdagtes is omstreeks 04:00 in hegtenis geneem in die Thabazimi-gebied. Die operasie volg ná inligting ontvang is oor onwettige mynboubedrywighede in die gebied,” het Mojapelo gesê.

Die verdagtes sal Maandag in die Thabazimi-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van regulasies onder die Wet op Minerale en Petroleumhulpbronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AndréS ·

Hoe kan daar op so groot skaal onwttig gemyn wees sonder dat dit al lankal op die lappe gekom het?

Niklaas ·

Iewers is ‘n trok eienaar wat nou taamlik bekommerd is weens gekonfiskeerde voertuie wat hy sal wil terugkry. Dit lyk na duur swaarvoertuie daai. Heelwat geld sal dalks hande moet verwissel (“Africa salute” ). In ons land is baie dinge moontlik met geld.

Adam Adriaan ·

Daar loop die mense soos perde en donkies met oogklappe aan

Cornelius ·

Hoe is so iets eens moontlik. Dit klink na n uiteenlopende besigheid. Hoe vind die polisie nou eers uit van die onwettige myn bedrywighede.

Cherokee ·

Ek dog die zama-zamas kruip met pikke en grawe vlak onder die oppervlak rond, en maak net genoeg geld vir oorlewing.

Danie ·

Almal weet lankal van hierdie multi biljoen bedryf maar if you fill my wallet with friendship kyk ons anderpad.

Oom Hennie Pennie ·

Hoe kan jy op so groot skaal onwettig myn sonder dat iemand dit agterkom? Daardie voertuie alleen is ‘n paar miljoen werd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.