Vragmotors dalk binnekort op N3 begelei

Vragmotors wat vroeër op die N3 aangeval is. (Foto: Twitter)

Vragmotors op die geweldgeteisterde N3 sal binnekort begelei word om te verseker goedere word veilig tussen KwaZulu-Natal en die res van die land vervoer.

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, het Woensdagmiddag gesê die regering werk saam met die nasionale verbruiksgoedereraad om te verseker daar is genoeg voorraad in die land.

Om dít te help doen, sal wetstoepassingsowerhede saam met die private sektor werk om te verseker vragmotors kan goedere op die N3 vervoer. Sy het nie omvattende besonderhede hieroor bekend gemaak nie, maar sê daar word aan ʼn ooreenkoms hieroor gewerk.

“Hulle sal begelei word, maar dit beteken hulle moet op spesifieke tye beweeg,” sê Ntshavheni.

Talle vragmotors is reeds op dié hoofweg aangeval en skade van miljoene rande is gely.

Die N3 tussen Cedara en Harrismith is intussen steeds tot verdere kennisgewing gesluit vir verkeer en die N3-tolkonsessie het ook ʼn beroep op motoriste gedoen om die gebied te vermy.

Volgens Ntshavheni is 5 000 soldate nou reeds op verskeie plekke landwyd ontplooi. Dit is ʼn verdubbeling van die 2 500 wat aanvanklik ontplooi is om steun aan die polisie te gee in ʼn poging om die onluste in bedwang te bring.

Die minister sê daar is reeds aanduidings dat die verhoogde ontplooiing van polisiebeamptes en weermaglede vrugte afwerp en dat daar ʼn afname in voorvalle van plundery was.

Steeds is altesame 208 voorvalle oornag aangemeld. Hiervan was 52 voorvalle in Gauteng. Altesame 219 sake is aanhangig gemaak en 606 mense is in hegtenis geneem.

In KwaZulu-Natal is 156 voorvalle aangemeld en 464 sake aanhangig gemaak. In dié provinsie is 1 068 mense reeds in verband met die geweld en plundery, wat Ntshavheni as “ekonomiese sabotasie” bestempel het, aangekeer.

Die nuwe bevestigde sterftesyfer sal eers later bekend gemaak word nadat daar gister tussen verskillende regeringsdepartemente teenstrydighede was oor die presiese dodetal.

Die minister wou nie uitwei oor gerugte oor wie presies die baasbreine agter die sabotasie is nie, en sê dit vorm deel van ʼn voortgesette ondersoek.

“Dit is ekonomiese sabotasie, maar ons is nie in ʼn posisie om aan te kondig wie daaragter skuil nie.

“Hierdie is nie betogings nie. Dit is duidelik georkestreer en beplan.”

Sy sê daar is ook kommer onder mense oor ʼn gebrek aan kos, maar dat daar in hierdie stadium nie enige tekorte ondervind word nie en het mense gevra om nie nou paniekaankope te doen nie.

“Daar is nie tans ʼn tekort aan voedsel nie, winkels is egter weens die plundery gesluit. Ons sal nooit ʼn situasie toelaat waar Suid-Afrikaners nie toegang tot kos het nie.”

Ntshavheni sê ook as mense nou na winkels stroom om skielik kosaankope te doen, dit tot ʼn verspreiding van Covid-19 kan lei.

Talle mense het ook vandag hul voertuie gaan opvul weens vrese oor ʼn dreigende brandstoftekort. Die minister sê egter die weermag help met die beskerming van noodsaaklike infrastruktuur, ook dié wat gebruik word vir die verskaffing van brandstof.

Volgens die minister is die regering ook bekommerd oor mense wat nou self wapens opneem om hul eiendom te beskerm. Sy sê die regering het begrip daarvoor, maar doen wel ʼn beroep op mense om saam met wetstoepassingsowerhede te werk.

“As ons ʼn situasie het waar almal wapens opneem, is daar ook die gevaar dat onregeerbare elemente die edel pogings van die gemeenskap kaap.”

Ntshavheni het ook ʼn beroep op ontwikkelende lande gedoen om entstof beskikbaar te stel en sê solank as wat die vasteland nie toegang tot entstowwe het nie, kan die ekonomie nie herbou word nie.

“Dit kan nie regverdig wees dat jy ʼn 12-jarige inent terwyl die werkersklas in Afrika en Suid-Afrika nie toegang tot entstof het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Miskruier ·

Terug na die tyd toe koetse deur gewapende mans agterop begelei is.

Sarel ·

Verwyder Plakkers langs die Hoofweg. Want die Polisie
Word sazm.met die Vragmotors aangeval

Harley Davidson ·

Die wetstoepasers het gefaal in hulle primere taak wat nog van vragmotors begelei lol

Sarel ·

So 12 Jarige kind se lewe is minder werd …verstaan dk haar reg ?

Psyggie ·

Sarel, dis wat ek ook daaruit aflei.
Wat het geword van “Charity begins at home”?

Persheks Adri ·

Die kriminele het dan wapens hoe nou gemaak? Moet almal terug staan en wag om geskiet te word?

Psyggie ·

Ons weet mos dis hoe dit werk. Sodra iemand jou doodgeskiet het, mag jy terugskiet.
Maar weet maar, jy staar dan moontlik vervolging in die gesig….

Mariana ·

Struikrowers altyd op uitkyk vir hul buit. Gaan hulle ook keer dat die aangeryde nuwe goedere nie ook geplunder sal word nie.

Kokerboom ·

Totale ANC wanbestuur in 27 jaar eis nou sy tol op ALLE vlakke van die samelewing.Dramatiese ingry[ping nodig om die land te red

Willem ·

“Ekonomiese sabotasiee” (Die ANC saboteer die ekonomie al die afgelope 26 jaar); “Ons sal nooit ‘n situasie toelaat waar Suid-Afrikaners nie toegang tot kos het nie.” (Wat het hulle aan die begin van die Lockdown gedoen met hul pogings om voedselhulp verspreiding to probeer sentraliseer?)
Ek stem saam met haar dat die oproer georkestreer word. Ek gaan nie name noem nie maar ons akmal weet wie die “Baasbreine” is..

SjN ·

Haal die protes voorbokke met geweld uit, die ander klomp lafaards sal vinnig self verdwyn.

Nozi ·

Dit is nie die 12 jarige kind wat die land geplunder het nie, dit is die werkers klas wat veronderstel was om te werk vir geld (net soos ons ander wat nie geplunder het nie). Hoekom moet die skuim van die aarde wat als brand en plunder altyd beskerm word. Almal is besig om oor gatvol te raak. Hoekom mag ons nie ons eiendom beskerm soos ons dit goed dink nie? Maar ja, dit sal ‘n goeie besluit wees om trokke op die paaie te beskerm en te begelei.

Jr ·

Julle lank gevat nê om te dink. Kry lorries in een plek. Laat hulle n sekere tyd daar wees en tussen elke 3 of 4 lorries n weermag voertuig met machine gewere. Vetrek op n tyd wat niemand weet behalwe die trok eienaar. Enige krimineel wat iets try – – – – trrrrrrr

Eugene ·

Nou dat die presidencies uiteindelik agter gekom het dat dit sabotasie is, kan die oorsprong gesoek word.Ons vertrou dat hulle uit hul bose ondergrondse skuilings gehaal sal word en só gestraf sal word dat niemand ooit weer iets soortgelyks sal prober organiseer nie.

4ntj13 ·

Die minista moet gaan kyk na Zuma se eks se wet wat 25 000 weermaglede mobiliseer. Dit lyk eerder of sy hulle net wil blootstel as poppe wat niks mag doen nie.
Hul nuutste mislukking is om ten minste 5 dialise eenhede laasnag te beskerm. Dis moord! Daai pasiënte kan nie leef sonder dialise nie. Nes talle babas sal sterf sonder melk, en gewone mense se kosvoorraad raak baie min. Die werklikheid is om van naar te word! KZN sal jare neem om te herstel, indien ooit.

Karina ·

Waarom hoevele trokke laat verbrand voordat daar bietjie sense in hulle koppe kom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.