Vragmotors dalk binnekort taboe in spitstye

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van vervoer het aangekondig dat regulasies oorweeg word om sekere vragmotors in spitstye van die land se paaie te hou.

“Dit is in reaksie op die slagting wat daagliks op Suid-Afrika se paaie voorkom en waarby swaar voertuie betrokke is,” het minister Dipuo Peters in ‘n verklaring gesê. Volgens die voorstel sal vragmotors wat meer as 9 000kg weeg, nie weeksdae tussen 06:00 en 09:00 en 17:00 en 20:00 die land se paaie mag gebruik nie.

Volgens Peters sal die beperking nie op vakansiedae en naweke van toepassing wees nie en sluit dit nie nooddiensvoertuie in nie. Die voorgestelde regulasies sal vir kommentaar beskikbaar gestel word voor dit uitgevaardig sal word.

Ishmael Mnisi, die minister se woordvoerder, het aan ANA gesê die departement is gereed om oor die regulasies te debatteer en dat hulle vol vertroue is dat die regulasies werkbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Francois ·

Nou dit is die beste nuus ooit! Ek hoop hulle kry dit reg.

Reinette ·

Hoop net julle maak vir die vragmotors genoeg staan plek want ek weet daar is nie baie veilige staan plekke vir hulle nie

Marnell van Schoor ·

Goeie ding. Sover ek weet word die reel in Europa toegepas.

Peet Schabort ·

Goeie idee maar wie gaan die wet toepas? Verkeersmense is noual so skaars soos hoendertande.
Glimstroke ontbreek op die argieffoto.

Asjas ·

Ek hoop dit sluit abnormale vragte in. Ek is al so moeg om van die pad afgedruk te word dan is daar geen geel streep, geen skouer, geen grond nie, net rotse en wanneer jy weer op die pad moet klim besef jy maar jy kort eintkik ‘n 4 x 4. Dit is nie altyd veilig nie maar jy moet net eenvoudig padgee!

Barnie ·

Wat van al die groot Interlink Trokke wat in die woongebiede se strate ry, en jou wil plat ry op die hoeke van die strate, daar was ook n’ massa beperking van 10 ton gewees.

Andries Erwee ·

titaal onprakties. In europa mag swaar voertuie nie Sondae ry nie. Vragte raak nie minder omdat daar minder dae of ure vir vervoer is nie. Die gevolg is totale chaos op maandae en choas by garages en ander stop plekke op Sondae.

Andries Erwee ·

titaal onprakties. In europa mag swaar voertuie nie Sondae ry nie. Vragte raak nie minder omdat daar minder dae of ure vir vervoer is nie. Die gevolg is totale chaos op maandae en choas by garages en ander stop plekke op Sondae.

Andries Erwee ·

totaal onprakties. In Europa mag swaar voertuie nie op Sondae ry nie. Die vragte raak nie minder nie. Die gevolg is chaos op die paaie op Maandae en chaos by garages en stilhou plek op Sondae. Vragmotors is nie op ontspannings riite nie, maar hou ons ekonomie aan die gang.

Melanie Fouché ·

Stem!! Die vragmotors is gevaar op die pad, gehoorsaam nie die padreëls nie, en dan gebeur ongelukke. Gister is my voertuig deur so ‘n vragmotor gestamp, hy het weggery en ek sit met skade. Waar teken ek?

Tracey ·

Goeie idee, miskien moet hulle hul ander halwe breinselle bymekaar sit om een te vorm en dieselfde beperking op beurtkrag tydens spitsverkeer sit. Dit veroorsaak nog groter chaos op die paaie

Cobus ·

Mense moet mooi dink oor hierdie voorgestelde wetgewing. Dit gaan beteken dat vervoermaatskappy, boerderye en besighede ten minste ‘n kwart van die dag gaan verloor om goedere te vervoer. Dit gaan op die ou einde die verbruiker baie nadelig raak. Dit kan selfs ‘n opeenhoping by ons hawens veroorsaak.
Die verkeersowerhede moet liewer ordentlike wetstoepassing doen en nie net met Paasfees en Kersfees streng wees nie. Hierdie is net nog “load shedding” wat ons alreeds sukkelende ekonomie verder gaan knou.

Wouter ·

Geldige punt Cobus, maar dit gaan beslis die padsterftes en ongelukke ietwat verminder.
Maar dan moet daar ook gekyk word na ander oorsake van noodlottige pad-ongelukke.: Voetgangers, Minibus Taxi’s, slaggate, onpadwaardige voertuie, onbekwame bestuurders, en so meer. Indien ons sukkelende spoorvervoer stelsel reg geruk kan word, gaan daar beslis ‘n impak op die ekonomie wees.

Ek het net voor die paas-naweek Kaapstad toe en terug gereis – daar was meer vragmotors op die N1 en N2 as motors!

V ·

Hoekom bring hul nie die treinvervoerstelsel terug nie.dan is daar geen trok op die pad nie.Mense moet maar geduldig wees as vervoer ophoop,jou lewe is meer werd as goedere wat vervoer word.

Knersus D ·

Die problem met spoorvervoer is die totale wan-bestuur en die ineenstorting van die infrastruktuur.

Met pad-vervoer kan mens goedere van Gauteng tot Weskaap oornag by die bestemming kry waar dit met spoor tot ‘n week kan neem. Diefstal is ook legio en geen pakket-trok kom ongedeerd by sy bestemming uit nie!

Marius ·

Hahahaa! Sterkte met dit. Hoor. Ek twyfel dat dit sal gebeur. Julle wat dit aanpor verstaan duifelik nie watse impak trok op die ekonomie het nie. Maak alle trokke staan,enige tyd. Dan kyk ons hoe vinnig draai julle opinie.

Pretorius ·

Haal sommer al die trokke van die pad af en bring die spoorwee terug. Hierdie trokke ry ons paaie stukkend en niamand maak dit reg nie. Veral hier in Rustenburg het die trokke al die paaie voos gery, die trokke mors croom stof of die paaie wat motors verniel. Haha hierbo het seker ook n vloot trokke.

dries ·

Hulle het voorheen ook die wet probeer inbring maar kon dit nie deurvoer, sal dit ook nie nou reg kry.

Sanet ·

Bring spoorlyngebruik terug. Trokdrywers is onverskillig. Baie skaars dat n trokdrywer die padreels nakom. As hulle nie op selfone is nie, jaag hulle om tyd te wen of maak U-turns net waar hul wil of dit nou veilig is of nie. Wonder of die eienaars van die trokke nie juis die ou aan die anderkant van die foon is wat hul aanjaag sodat die winste op die ou einde groter is nie. Ja al die outjies hierbo wat vir dit is, is subjektief want hulle het self sulke besighede of familie in die bedryf. Kry vir jou ‘n ander job toe man, julle bedryf stink.

Jan ·

Baie dankie Sanet dat jy vir ons wys dat daar nog steeds oningeligte en self behepte mens tussen ons is wat geen respek het vir die “jobs” van ander mense nie. Sanet vir president! Jy sal goed inpas.

Jan ·

Mense word wakker. Dit gaan vervoer kostes verhoog wat julle gaan betaal. Alle basiese produkte en kos is afhanklik van vervoer dus gaan dit n enorme uitwerking he op kostes en pryse.

Harry ·

‘n Wyse man het eendag vir my gese: As jy beheer op beheer moet instel het jy verloor/gefaal. Is dit nie wat die regering daagliks probeer doen nie? Die vragmotors het ‘n probleem geword nadat Transnet gefaal het, en die tol hekke rondom alle stede het die vragmotors vererger. Ek het self ‘n kode 14 bestuurslisensie en het lank vragmotors bestuur. Die voertuie is ons lewens bloed wat byna alle noodsaaklikhede vir ons bestaan moet vervoer. Motoriste moet daar aan dink voordat hulle wil beskuldig en klippe gooi. Die regering moet iets doen aan die probleem en nie die simtome nie.

Frida van den Berg ·

Ry die N12!!!!!!! Baie mooi pad en baie minder motors en vragmoters!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.