Vragmotors in Wes-Kaap geplunder

De Doorns Foto: Wsteyn , Dreamstime Stock Photos, Stock Free Images

Vragmotors is Donderdag in De Doorns en Worcester in die Wes-Kaap aangeval en geplunder.

Die N1-snelweg in De Doorns moes Donderdagoggend gesluit word ná vragmotors en ander voertuie tydens ʼn betoging met klippe bestook is. Plaaslike inwoners het twee vragmotors tydens die voorval geplunder.

Nog ʼn vragmotor is in ʼn afsonderlike voorval in Robertsonweg in Worcester geplunder ná dit in ʼn ongeluk betrokke was.

“Hierdie misdade kan nie geduld word nie,” het Bonginkosi Madikizela, provinsiale LUR vir vervoer en openbare werke, gesê. “Ons wetstoepassingsagentskappe moet seker maak dat ernstige stappe gedoen word teen oortreders. Enigiemand wat skuldig is, moet vervolg word. Ons verkeersbeamptes is op die paaie besig om die situasie te monitor en verkeer te herlei om seker te maak motoriste kom veilig by hul bestemmings aan.”

Madikizela het gesê hy het verlede maand met die vragmotorbedryf vergader en die provinsiale verkeersdiens het onderneem om hul bedrywighede te verskerp.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê plundery en diefstal uit voertuie, veral vragmotors wat voorraad vervoer, het geen plek in die samelewing nie. “Dit het ʼn nadelige impak op ons plaaslike ekonomie, bedreig indiensneming en die lewens van hardwerkende inwoners. Dit lei ook tot ʼn gevoel van onsekerheid in ons samelewing. Ek veroordeel hierdie gedrag ten sterkste.”

Enigiemand met inligting oor die voorvalle word versoek om dit aan te meld by Crime Stop (08600 10111), of stuur ʼn SMS aan 322111 of gebruik die MySAPS-app.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Stefanie Tredoux-Malian ·

Hierdie misdade kan nie geduld word nie is julle altyd vinnig om te sê maar te useless om iets te doen!!!!!

Jacques ·

Die vragmotor bestuurders gaan reg in eie hande begin neem. Wat gaan die ‘useless’ monitors dan doen ?. Die gemors moet my probeer beroof of met voorwerpe gooi !!!! Ek sal nie tweede Kim nie…….!

piper ·

dit sal nie geduld word nie maar gebeur gereeld. nee wat daar word net gepraat en niks gedoen nie.

PJ ·

Ek het dan verstaan ons moet mag oorgee anders sou daar chaos wees nou wat het ons nou harmonie ? He he he

Johnny ·

Het die videos gekyk hoekom was dit nie op nuus nie gaan nie meer oor dienslewering nie hul het trokke geplunder

#I am staying ·

…..overseas, and I’m so glad and thankful for it.

???? leser ·

grappie, en niemand is in hegtenis geneem nie, alles word mos net gemonnitor van sover as 3 kilometer daarvandaan
nog ‘n madikizela wat net praat, praat en praat en te useless is om iets te doen
stop die gepraatery , DOEN iets verdomp

van worcester ·

Ek kan regtig nie glo nie, hulle soek inligting….Ek is buite die dorp en al videos gesien wat oral op sosiale media versprei is wat duidelik die mense se gesigte wys. Nou hoekom soek hulle dan nou inligtng. Nee man regtig dis die probleem….Hulle praat net.

Bloudrom ·

Neewat, dit gaan met baie mense eintlik baie goed in SA. Waar sal jy hierdie voordele in n ander land kry.

Stiks ·

Dit gebeur omdat die regering toegelaat het dat mense van oral net ingestroom hey na daardie area

Stephen ·

Stuur die videos vir die voornemende beleggers waarmee CR spog.

Anoniem ·

Dis baie duidelik dat die SAUK opdrag van die regering ontvang het om geen negatiewe beeldmateriaal uit te saai nie. Dis ‘n geval van: ek sal nie my onvermoë verkondig nie.

Maljan ·

Sauk nuus het gewys hoenders hulle TV’s en wat gelyk het na bottels drank van die toneel af weg. Mos maklik wees om die !ense op te spoor. Brandstigting, oproerige optrede, diefstal om maar n paar te noem. Ari tog! Dis terrorisme. Waar is die weermag in sulke situasies?

Grassie ·

Tydens die vorige bedeling mag ‘n mens jou lewe EN jou eiendom met ‘n wapen beskerm het, maar die ANC het dit verander. Die plunderaars sou nie so dapper gewees het as hulle ‘n skoot hael in hul agterente gekry het van die bestuurders af nie. Miskien is dit die ANC se begrip van herverdeling van rykdom.

Johan ·

Regtig!!! Gaan haal die TVs uit hulle huise en neen hulle inhegtenis. Hoe moeilik is dit nou. Al daai produkte het serial nommers – hoe maklik het hulle dit nie vir julle gemaak om julle werk te doen nie.

Vaderland!! Doen net julle werk en wys vir die mense n slag julle wat die gevolge van hulle aksies is. Dan sal hulle die volgende vragmotor met yskaste op laat verby ry.

shark ·

Die anc is n joke..gaan nou weer n kommisie van ondersoek instel op die hope wat hul reeds het..hopeloos en stupid

Maljan ·

Sauk nuus het gewys hoe dra hulle TV’s en wat gelyk het na bottels drank van die toneel af weg. Mos maklik wees om die mense op te spoor. Brandstigting, oproerige optrede, diefstal om maar n paar te noem. Ari tog! Dis terrorisme. Waar is die weermag in sulke situasies?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.