Vragmotorstaking: Memorandum later oorhandig

Motors is vanoggend  vasparkeer deur vragmotors. Foto: Verskaf.

Motors is vanoggend vasparkeer deur vragmotors. Foto: Verskaf.

Ontstoke steenkoolvragmotorbestuurders het Woensdagoggend chaos op Gautengse paaie en veral in Pretoria veroorsaak toe talle vragmotors opgeruk en paaie op hul pad na die Uniegebou geblokkeer het.

Die vragmotorbestuurders beplan om vanmiddag ʼn memorandum te oorhandig waarin hulle hul misnoeë uitspreek met Eskom wat beplan om onafhanklike kragprodusente (IPP’s) te kontrakteer.

Dié voertuigstaking is deur die Coal Transportation Forum gereël. Mary Phadi, woordvoerder van dié forum, het gesê dié stap sal werksverliese tot gevolg hê. “Ons betoog met ons vragmotors omdat pres. Jacob Zuma aangekondig het dat Eskom van IPP’s gebruik moet maak. Dit sal ons bedryf negatief beïnvloed en baie mense sal hulle werk verloor,” het Phadi laat hoor.

“Ons sal later van die Uniegebou na Marabastad beweeg en daarna Pretoria verlaat.” Phadi het bygevoeg dat dié staking wettig is. “Ons het toestemming om vragmotors te gebruik en na die Uniegebou te beweeg.”

Motoriste het van 05:00 af al in druk verkeer vasgesit. Talle vragmotors (meer as 100) het teen ʼn slakkepas beweeg en verkeer na Pretoria ontwrig.

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het egter ontken dat die aksie wettig is. “Ons doen alles wat ons kan om verkeer op die hoofroetes weer aan die gang te kry … onwettige staking deur steenkoolvragmotorbestuurders,” het hy op Twitter gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

t ·

Duisende liters brandstof in die verkeersknope gemors. Duisende werksure vermors. Verduidelik net weer hoe help dit die ekonomie?

Rooiman ·

Hulle gee nie n flenter om vir die ekonomie nie. Net soos die dom president vir wie hulle stem, is hulle enigste kommer, hulle eie sakke.

pieter ·

En hoe is dit nou presies die inwoners van Pretoria wie se lewens hulle vanoggend omver gewerp het se probleem? Is hierdie nie maar gereel deur die steenkoolmyne wat in elk geval in die eerste plek hulle kontrakte met eskom op korrupte wyse bekom het nie? Waarom wil ons nou weer nie IPP’s gebruik nie? Eskom is mos duidelik nie in staat om die ligte aan te hou nie! tyd lat hulle ouens soos die se trokke summier konfiskeer.

Johann ·

Dis mos bloot onwettig? Oooo jaaaaa. Skuus. So what? Is mos free 4 all as dit kom by MY belange voorop stel. Of dit tyd….geld….frustrasie….lewens…wat ook al kis….so what?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.