Vragmotorverwoesting: ‘Ontplooi die weermag’

Argieffoto. (Foto: ER24)

Ontplooi die weermag.

Dít was Dinsdag die oproep van die IVP ná die soveelste vragmotor die afgelope ruk op die N3-hoofweg in KwaZulu-Natal aangeval is. Die party vra dat weermaglede by brandpunte op dié belangrike roete gevestig word.

Drie vragmotors is gister op die N2 naby die Umgeni-wisselaar en op die N3-hoofweg by die Mooirivier-tolhek aan die brand gesteek.

Die Positive Freight Solutions-forum, wat nagenoeg 3 000 vragmotoreienaars verteenwoordig, het gesê meer as 60 vragmotors is die afgelope drie weke aan die brand gesteek.

Die aanvalle hou glo verband met die groot getal buitelanders wat as vragmotorbestuurders werk, in teenstelling met die getal plaaslike bestuurders wat glo sonder werk sit. Dit is ʼn kwessie wat die plaaslike vragmotorbedryf al ʼn geruime tyd probeer aanpak.

Steven Moodley, die IVP se woordvoerder oor vervoer in KwaZulu-Natal, het gesê die regering moet die verwoesting van vragmotors as ʼn krisis beskou en ingryp deur weermaglede te ontplooi om diegene verantwoordelik daarvoor voor stok te kry.

Moodley het gesê die IVP glo “terroriste” kan nie langer toegelaat word om die ekonomie gyselaar te hou en te saboteer nie.

“Daar is geen moontlike regverdiging vir hierdie vernietiging van eiendom nie en die regering moet beslissend optree teen diegene wat betrokke is. Ons kan nie bloot terugsit en toeskouers wees terwyl ons provinsie se ekonomie in die gevaar gestel word nie,” het Moodley gesê.

“Die IVP glo die voormalige minister van vervoer, Blade Nzimande, die KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, Mxolisi Kaunda, en die provinsie se oudpremier se klaaglike mislukking om vragmotorbestuurders se griewe behoorlik te hanteer, asook hulle ongeërgde houding oor die kwessie toe dit aanvanklik kop uitgesteek het, het tot dié krisis gelei.”

Moodley het gesê die IVP vra weer vir streng keuring van vragmotorbestuurders, veral buitelanders, en het by werkgewers gepleit om ʼn oplossing te help vind vir die vragmotorbestuurders se griewe. Hulle hoofklagte is die aanstelling van buitelanders in die bedryf.

Verskeie ministers, vragmotoreienaars en arbeidsleiers het gister in Durban vergader om die toename in aanvalle in die provinsie te bespreek.

Die afvaardiging het die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, die minister van polisie, Bheki Cele, die minister van vervoer, Fikile Mbalula, die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, die minister van arbeid, Thulas Nxesi, en die polisiehoof, genl. Khehla Sitole, ingesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann cb ·

Ons sal gyselaar gehou word totdat daar daadwerklik opgetree word!

Marlene Bothma ·

Did skokkend, vreesagtige omstandighede waarin mense 24uur op ons paaie is.

CC ·

Die Suid-Afrikaanse burger wat so graag wil werk… Werk teen die stadigste pas wat daar is want hy het mos nou werk… Die nie Suid-Afrikaanse burger werk ten minste en in teen deel werk 10 keer harder en vinniger. Dit alles meet ek teen waarde vir my geld so ek gee eerder die werk vir die nie SA burger wat se werks permit in plek is. *my opinie*

Lh ·

Ware woorde wat jy spreek. . . . Ek ondervind daagliks hoe hulle sit en slaap in ons kantore, te moeg om asem te te haal! En jy waag iets vra of sê is jy n rassis of hulle antwoord met n ‘its not my job’!

piet piet ·

Die VF + het al hoeveel oproepe gemaak oor die mense slagting op ons landelike gebiede wat op dowe ore geval het Ramaposa het sover gegaan en vir die buitelandse mense te lieg oor internasionale media dat daar nie plaas aanvalle is nie.Die SA media weier om die skuldiges te identifiseer en so druk op die regering te sit.Ek dink sorteer eers dié misdaad uit en deel dan met die diefstal en verwoesting van trokke.

Werner ·

Die politiek wou net ons kruisie gehad het en doen nou niks.

Michelle ·

Ek stem saam. Begin by die terroriste wat ons Boere vermoor. Daar was al soveel keer gepleit dat die weermag hulle beskerm maar val op dowe ore. Minder trokke gaan nodig wees as daar nie meer landbouprodukte is om te vervoer nie

jaco ·

Dalk werk die buitelanders harder as ons mense, maar het daardie buitelandse drywers werkspermitte, visums ens om wettig in SA te wees, of is hulle maar net deel van die reeds meer as 6 miljoen onwettige buitelanders in SA?

Jacques ·

Dit maak vir my 100% sin dat daar meer nie SA burgers is wat trokke bestuur in ons land , want die sogenaamde burgers wat werk soek bid hulle kry nie werk . Ek blameer die regering daarvoor want hulle stop elke maand n X bedrag in die arme siele se hande want hulle is dan nou werkloos . Hou op om die mense elke maand te vergoed met belasting betalers se geld vir niks doen nie dan sal dir klaar beter gaan want hy gaan sien hy moet gaan werk om sy familie se voer en sy drank rekening te betaal .

Andreas ·

Die Guptas wou hulle nie eens aanstel nie, so is daar vandag voor die Zondo kommisie getuig.

ZAR ·

Die woord terroriste is waar, maar dis tog terroriste wat die land regeer.

Charlie ·

Dis ‘n laer lak oorlog wat gevier word.
Dit is tyd dat ‘n weermag hier ontplooi word.

Ore ·

Meer as n onbevoegde weermag nodig
Die land is in anargie maar CR lag net

Logika ·

Maroela

Kon julle al bepaal of daar ‘n moontlike motief agter hierdie aanvalle is? Is dit blote kriminaliteit, ‘n turfoorlog, ‘n mootlike politiese agenda wat gedryf word, of iets anders?

Kobus ·

Logika, die moontlike motief blyk duidelik uit die berig. Die aantal buitelandse vragmotorbestuurders is die moontlike steen des aanstoots.

Leon ·

Wat verwag die plaaslike vragmotorbestuurders. As jy elke week vir twee weke staak en die buitelander nooit staak nie, Vir wie gaan hulle aanstel. Die buitelander vra nie Ramaphosa se salaris nie. Hy is teverede met ‘n normale salaris.
As die vragmotorbestuurders terug kom aarde toe, mag hulle dalk in diens geneem word. Solank as die unies Suid Afrika regeer is dit jammer vir die plaaslike bestuurders. Julle gaan werkloos bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.