Vragskip-matroos stabiel na hartaanval

nsriʼn Jong vragskipmatroos wat ’n hartaanval gehad en deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) na Oos-Londen gebring is vir mediese hulp, is in ’n stabiele toestand in die St. Dominic Hospitaal in dié stad, het die NSRI vandag gesê.

Die 24-jarige matroos het aan boord van die Yasa Emirhan, ’n vragskip wat van Gabon oppad was na Singapoer, onverwags ’n hartaanval gehad. Die skip het vanmiddag omstreeks 12:40 ’n noodsein oor die mediese krisis aan boord na die Suid-Afrikaanse maritieme reddingskoördineringsentrum gestuur.

Die vragskip het dadelik koers gekies in die rigting van Oos-Londen en die NSRI het die skip nagenoeg agt seemyl van Oos-Londen af ontmoet om die matroos te help stabiliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.