Vrede-plaasaanval: Kritzinger-egpaar geopereer; verdagte in hof

Die Kritzinger-egpaar (middel) saam met hul twee kinders, dié se gades en hul vier kleinkinders. Foto: Verskaf

Die Kritzinger-egpaar (middel) saam met hul twee kinders, dié se gades en hul vier kleinkinders. Foto: Verskaf

Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger, wat Sondag wreed op hul plaas naby Vrede aangeval is, sterk steeds in die waakeenheid aan nadat albei Dinsdagaand geopereer is.

Konst. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê die verdagte wat Sondagaand in Vrede in verband met die aanval in hegtenis geneem is, Woensdag in die periodieke hof in Vrede verskyn. Die soektog na die tweede verdagte gaan intussen onverpoosd voort. (Lees meer hier)

Ds. Ruan Combrink, wat namens die Kritzinger-familie kommentaar lewer, het gesê die Kritzinger-egpaar is albei Dinsdagaand geopereer. “Die koeël in oom Johannes se kop is verwyder. Daar is aanvanklik gedink dit het in die skedel vasgeslaan maar dit is deur die kopbeen. Oom Johannes sal vir die volgende week onder verdowing gehou word voordat dokters sal probeer vasstel of daar skade aan sy brein aangerig is.”

Volgens Combrink is daar intussen vasgestel dat Rita drie keer geskiet is en nie twee keer soos vroeër vermoed nie. “Die koeël in tannie Rita se voorkop is verwyder en het dokters gesien daar is ook ʼn koeël wat agter haar oor vassit. Dokters het besluit om nie dadelik die koeël te verwyder nie aangesien hulle bang is dit kan gevaarlik wees.” Rita is ook in die bors geskiet.

Maroela Media het vroeër berig dat twee verdagtes die egpaar glo helder oordag by hul huis ingewag het nadat hulle by die kerk was. “Die twee verdagtes het na bewering by die huis ingebreek en in die huis vir die egpaar gewag. Hulle het glo dadelik skote op die egpaar geskiet en albei gewond. Me. Kritzinger is ook geslaan en aan meubels in die eetkamer vasgebind,” het Langa gesê.

Die aanvallers het aangedring op die sleutels van die kluis, maar op die vlug geslaan toe Johannes dit kon regkry om by die noodknoppie uit te kom, wat ook die alarm in die huis laat afgaan wanneer dit geaktiveer word. Volgens Langa het die aanvallers die egpaar gemartel. Rita kon die eerste mense op die toneel inlig dat sy wel een aanvaller as ʼn voormalige werknemer herken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

amanda ·

Dit is so wreed om te dink dat iemand wat hulle famielie aan die lewe probeur hou deur om vir hul werk te skep hul so anval……… Wreed en ondankbaar

JENETHY ·

Dit is 99.99% altyd werkers wat die aanvallers is. Ons swakpunt is dat ons te maklik vertrou en teveel omgee vir die verkeerde “mense”. Al hoe meer van ons eie mense bly in plakkers kampe en ons kyk hul mis.

pop ·

Jenethy, nou praat jy raak. Gee ons mense wat in plakkerskampe woon n werk, en hoop.

Christie Joubert ·

Ek lees van “in gewag” en “koeels wat uit skedels verwyder moes word”. Met ander woorde; ingewag om tereggestel te word.

Winston ·

Doelgerigte beplande moord. Nie maar net roof nie. Baie duidelik uit alles wat ek sovêr gelees het oor hierdie berig. Ontkenning van regerings kant is totaal onaanvaarbaar. Sterkte aan die slagoffers en almal na aan hulle.

Ook vir oog ·

Laat hulle boet deur harde arbeids selfs die doodstraf soos hulle dit doen……

Theresa ·

Hemel tog – bring net die doodstraf terug. Die rowers is nie eers meer bang vir kameras nie en wys openlik met ‘n smile hulle gevrete. Iets moet ernstig en daadwerklik gedoen word.

pieta ·

Weet julle wat pla my? Baie keer noem lesers dat die Here sal verhoed dat SY gelowiges en volgelinge “in die dal van dood-skaduwee” op HOM kan vertrou, ons moet net GLO. Wel ek GLO. My probleem, die arme gelowige mense kom van die kerk af en loop hulle in die ‘dal van dood skaduwee ” vas! Waar is die HERE, HERE? En dis so met baie ander gevalle, dit pla my verskriklik. Kan iemand my help om nie wantrouig te word nie…? ASB.

Linê ·

Want die dinge kom nie van God af nie. Dit is net haatlike dinge wat om ons gebeur. Ons moet net eenvoudig aanhou glo. God toets ons oor en oor en oor. Ons moet net aanhou glo. Dit werk net so. Net by God sal ons anrwoorde kry

Marlaine ·

“God is not the author of evil” satan is, daardie twee mans het vrye wil gehad om te kies maar hulle het die satan gekies, Johannes en Rita het die hoop van ewigheid saam met die Here, dis waar ons hoop is, hierdie is net ‘n tydelike woning.

pieta ·

Ek lees nou weer my kommentaar. Net ‘n regstelling.

In die “dal van dood skaduwee moet ons net op onse God vertrou en hy sal on s beskerm. Waar was die twee gelowiges se God “in die dal van dood skaduwee? Veral na hulle die HERE-HULLE GOD gedien en aanbid het enkele uur tevore?

F ·

God was daar, want hulle is nie doodgeskiet nie en kon die paniekknoppie druk. God bring nie die misdaad nie. Dit word deur Satan gebring. Die antwoord op hoekom dit met hulle gebeur het, sal een of ander tyd openbaar word.

CHRISTA ·

Dit lyk my ons moet ons landsgenote se voorbeeld volg. Neem reg in eie hande soos wat hulle in die lokasies doen!! Dit help nie ons laat reg en geregtigheid oor aan ons polisie of regstelsel nie – hulle stel nie belang nie (is net daar vir die salaris en ander voordele)!!!

Gideon ·

Hoe anders kon dit nie gewees het nie!!! Boere moet kan boer sonder vrees en moet ondersteun word deur die staat en die regering wat hulle dankbaarheid wys deur dit elke dag te erken en te noem op elke geleentheid.

Johannes Meintjes ·

Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer … nog hande vou (wring), maar saamstaan, saamwerk, organiseer en beter doen in ons buurtwagstelsels, daarby kom ons nie uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.