Vrede-plaasaanval: Polisie soek dié man (foto)

Die verdagte wat gesoek word. Foto: SAPD

Die verdagte wat gesoek word. Foto: SAPD

Die polisie in die Vrystaat het ʼn foto vrygestel van die tweede verdagte wat gesoek word in verband met Sondag se aanval op Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger op die plaas, Brakdam, naby Vrede.

Konst. Maselela Langa, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op soek na Thabo Joseph Motaung. Hy gebruik glo ook die naam Paulus Mahemu Sithebe. Hy is 33 jaar oud. Langa het gesê ʼn reuse soektog is van stapel gestuur.

Maroela Media het vroeër berig dat twee verdagtes die egpaar helder oordag by hul huis ingewag het nadat hulle by die kerk was. “Die twee verdagtes het by die huis ingebreek en in die huis vir die egpaar gewag. Hulle het dadelik skote op die egpaar geskiet en albei gewond. Me. Kritzinger is ook geslaan en aan meubels in die eetkamer vasgebind,” het Langa gesê.

Die aanvallers het aangedring op die sleutels van die kluis, maar op die vlug geslaan toe Johannes dit kon regkry om by die noodknoppie uit te kom, wat ook die alarm in die huis laat afgaan wanneer dit geaktiveer word. Volgens Langa het die aanvallers die egpaar gemartel. Rita kon die eerste mense op die toneel inlig dat sy wel een aanvaller as ʼn voormalige werknemer herken het.

Volgens Langa is een van die verdagtes, wat glo op die plaas gewerk het, Sondagaand tussen 19:00 en 20:00 in hegtenis geneem. Daar is glo van die gesteelde goedere in sy besit gevind. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Ds. Ruan Combrink, wat namens die Kritzinger-familie kommentaar lewer, het aan Maroela Media gesê die Kritzinger-egpaar se toestand is steeds kritiek en hulle is nie buite gevaar nie. (Lees meer hier.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wilhelm ·

ons sal aanhou sukkel met sulke misdaad totdat die “powers that be” tot die besef kom dat diesulkes permanent ut die samelewing verwyder moet word sonder koste aan die belastingbetaler – met ander woorde die doodstraf! Kriminele behoort geen menseregte te hê nie!

Johan ·

Wim, die mense wat vermoor word het sekerlik ook regte – daar is nog lande wat die doodstaf gebruik, hulle is nie barbare nie. In van die plekke waar die doodstraf afgeskaf is het wet, orde en veiligheid baie agteruit gegaan – bv. Suid Afrika.

HELEN TERBLANCHE ·

EK KRY ‘N KOUE WOEDE IN MY AS EK DINK HOE ONS BOERE UITGEMOOR WORD ONS NASIE MOET OPSTAAN EN Sê GENOEG IS GENOEG!!!!

Johannes Meintjes ·

Ons is in ‘n mate ons eie “powers to be”, – veral as ons ernstig is oor ‘n mate of gevorderde selfbeskikkingsbestel. Ons kon al beter buurt en plaaswag stelsels in plek gehad het as groepe wil saamwerk en opleiding sowel as verbindings ten volle en effektief integreerbaar maak sodat tendense en voorvalle gedurig op nasionale vlak gemonitor en verfyn kan word. Tans bly on bloot reaktief en bloei dood.

Eliza-beth ·

Johannes Meintjies jy is reg. Ongelukkig het ek al sovele kere gehoor iets gebeur en ‘n buurtwag (deur inwoners self) word saamgestel. In die begin neem almal deel en doen hul patrollie en dan verval almal maar weer na ‘n ruk in luiheid. Ek weet dis moeilik, mens is nie lus en veral in die koue, maar ongelukkig moet ons maar na onsself omsien op so ‘n manier. My een broer hul het op ‘n kol vreeslik inbrake gehad in hul omgewing, patrollies begin doen en dit het gestop. Maar ja, dan raak mens weer mak as dit stil word en dis waarvoor skelms wag. Hul het niks anders om te doen en wag kan hulle…

jeannine ·

doodstraf vir al die gemors miskien skrik dit af.
afri forum kla al die plaasmoorde en roof aan die werld pers maak dit tog regtig openbaar en sit nie stil nie.

karel ·

Mense in die vervolg moerASB ASB nie aandui hoe ons paniek maak nie ,as jy iets vir ons boere voel sal jy dit nie weer doen. Moenie ons wapen openbaar nie ASB.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.