Vrede-plaasaanval: Tweede verdagte vas

Die Kritzinger-egpaar (middel) saam met hul twee kinders, dié se gades en hul vier kleinkinders. Foto: Verskaf

Die Kritzinger-egpaar (middel) saam met hul twee kinders, dié se gades en hul vier kleinkinders. Foto: Verskaf

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met Sondag se aanval op Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger op hul plaas naby Vrede.

Kol. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die tweede verdagte is Woensdagmiddag in Ladysmith in hegtenis geneem, op dieselfde dag dat die ander verdagte in die periodieke hof in Vrede verskyn het.

Volgens Makhele het Paul May Zulu (39), wat Sondagaand in hegtenis geneem is, Woensdag in die hof verskyn en is die saak tot 20 Julie uitgestel om hom die geleentheid te gee om regsverteenwoordiging te kry. Hy bly in aanhouding.

Makhele het gesê daar is op ʼn .38 Special-rewolwer beslag gelê tydens die inhegtenisneming van die tweede verdagte, ʼn 30-jarige man. Die rewolwer is vermoedelik die vuurwapen wat tydens die aanval gebruik is. Lt.genl. Thabethe Mpembe, polisiekommissaris in die Vrystaat, het die ondersoekspan geloof vir hul harde werk.

Maroela Media het Woensdag berig dat die Kritzinger-egpaar albei Dinsdagaand geopereer is. Twee verdagtes het die egpaar glo Sondag helder oordag by hul huis ingewag nadat hulle by die kerk was.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Vrede-plaasaanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Uitstekende werk deur die polisie. Mag altwee hierdie moordenaars nooit weer die buitewereld sien nie . Skuim.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.