Vrede-suiwelprojek: Valke slaan toe

Ace Magashule. Foto: GCIS/Flickr

Die Valke het bevestig dat hulle op die Bloemfontein-kantoor van Ace Magashule, premier van die Vrystaat, toegeslaan het in verband met die omstrede Vrede-suiwelplaas.

Magashule is die nuwe sekretaris-generaal van die ANC. Die Valke het intussen ook klopjagte gedoen op die provinsiale kantoor van die departement van landbou.

Die klopjagte volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verlede week ‘n bewaringsbevel bekom het teen die Estina-suiwelprojekplaas wat Gupta-bande het. Volgens berigte is slegs 1% van die R220 miljoen wat die Vrystaat-landboudepartement vir die projek oorgedra het, daarvoor gebruik.

Magashule het onder skoot gekom vir sy rol in die projek as premier van die Vrystaat. Hy het egter vroeër die week ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het en gesê die reg moet sy gang gaan. “Kom ons los nou die saak by die NVG en wetstoepassingsagentskappe,” het Magashule tydens ʼn mediakonferensie gesê. Hy het ook berigte ontken dat sy seun enigsins by die projek betrokke was.

Daar is verlede jaar onthul dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede. E-posse wys glo hoe miljoene rande na Gupta-maatskappye oorbetaal en gebruik is om onder meer vir die Gupta-troue te betaal.

Die joernalistieke ondersoekeenhede amaBhungane en Scorpio beweer R84 miljoen wat deur die Vrystaatse regering aan die suiwelprojek gegee is, het in die Guptas se hande beland.

Vega Gupta, susterskind van die Gupta-broers, en Aakash Jahajgarhia is in 2013 tydens ʼn spoggeleentheid by Sun City getroud. Sedert ʼn vliegtuig vol Gupta-trougaste op die Waterkloof-lughawe geland het, is die aandag op die Gupta-familie gevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hanna ·

Hoekom is die Guptas en al die betrokke partye nog nie gearresteer nie! !!!!
Dis al ons belasting betaalers se geld wat vir die opbou van ons land gebruik kon word

Lientjie ·

Jy moet eers 100% bewyse he voor jy so iets kan doen. Hy ty sal kom.

Cherokee ·

100% Bewyse Lientjie? En Maroela Media se gunsteling woord ‘verdagtes’ wat gearresteer word, betwyfel jy dus?

Oom Piet ·

Verbasend hoe maklik intilligentes om die bos gelei word. Hoekom het die NPA nie gelyktydig bewarings bevelle bekom en gelyktydig uitgevoer teen die Guptas en alle beweerde betrokkenes
in alle beweerde gefasiliteerde korrupsie, biljoene se toegekome Staatsgeld diefstal en die geldwassery daarvan, soos lankal reeds deur die Amabunga e-poste ontbloot is. Dit gaan mos oor wydverspreide bewyse opsporing en bewaring met gevolglike arrestasies, vervolging en tronkstraf en bowenal die volle terugbetaling aan die Staatskas van alle gelde en/of goed asook van alle uitgawes en kostes aangegaan, met rente.
Beslis nie die vooraf waarskuwing om die bewyse van biljoene der biljoene betrokke te vernietig nie

Sarel Strydom ·

Met Magashule hoog op in die ANC en Zuma man betwyfel ek of daar iets gaan kom.

Cor ·

Nou gaan ons weer hoor “ek weet niks daarvan nie, die betrokkenes het my niks gesê nie, volgens hulle het alles reg geloop” Ons wil mos die belangrike poste beklee vir die geld en die voordele maar ons wil nie die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vat nie.

Johann ·

Foto se als:is asof Ace verbaas is oor die feit dat daar nie cash in die houer is wat geSUIWERword vir herverdeling nie… howk? Hiers dan melk in die bak….????????

En hy gaan getrou aan sy mede kaders bloot onskuldig of inlgnoramus plet oor als. HYT nie geweet dit gebeur nie sy kolegas moes hom se, was nie hy nie… was seker die melkman oo sy fiets wat die geld in melk kanne weggesteek het. ABSURDE vlak van gewetenlose lieg.

Alida ·

Hulle kringetjie word al kleiner, die strop om hulle nekke al stywer en die leuens al meer. Gee kans die ondersoeke moet eers behoorlik gedoen word voordat enigiemand gearresteer kan word. Ongelukkig neem hierdie goed tyd.

Hennie ·

Pragtig, stadig span die strop al nouer om Zuma en sy kaders.

willehond ·

Shame! Hoe kan julle hom toesluit? Hy weet dan van niks!!!

LMF ·

Wat as daai vliegtuig nooit hier geland het nie. Net dalk en ek sê dalk was dit bietjie beter in die land

PJC ·

Hoop hy word vasgevat want ek dink hy probeer op ń slinkse manier nog steeds om JZ te beskerm en Ciryl se handrem op te trek.

Ouman ·

Daar is genoeg bewyse om die blikslaers te vervolg. Shaun moet nou net bewys dat hy nie ‘n skaap is nie maar ‘n boerbok. Onthou ‘n bok is ‘n bl……

Wiehan ·

Cyril is besig met ‘n spel: kaartspel. Nou gooi hy die Ace uit.

FM ·

Ace lieg. Jy kan dit in sy oë sien en sy liggaamstaal gedurende die mediakonferensie. Hy het wit mense, net soos zuma. Hy is n slang en zuma is die kop van die slang. Hulle weet van al die korrupsie. Die net tussen zumpie en acie word al nouer gespan. Julle dag van afrekening kom al nader.

Piet Piper ·

Valke kan gerus ook bietjie gaan kyk wat gaan in die kantore van Ithuba, S.A. se Nationale Lotery aan…………..ek ruik ‘n rot daar ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.