Vredendal-plaasmoord: Bejaarde glo met eie serp verwurg

Coba Odendaal, tydens haar agterkleindogter, Lanelle Peens, se onlangse doop. Foto:WP v Zyl Photography

Coba Odendaal, tydens haar agterkleindogter, Lanelle Peens, se onlangse doop. Foto:WP v Zyl Photography

Die gemeenskap van Vredendal in die Wes-Kaap is geruk deur die nuus dat een van hul geliefde inwoners Dinsdagmiddag in ʼn klein plaashuisie vermoor is.

Koba Odendaal (74) het saam met haar dogter, Marita Mather, in ʼn tweeslaapkamerhuis langs ʼn rivier gewoon. Marther het die huis by ʼn boer in die omgewing gehuur.

Mather is ʼn adviseur en werk ongewone ure, het haar dogter Chantelle Peens, Woensdag aan Maroela Media gesê. “My ouma was vroeër die oggend dorp toe en het ook by haar vriendinne en haar niggie gaan kuier,” het sy gesê. Odendaal het vermoedelik omstreeks 12:30 teruggekeer en is deur ʼn onbekende aantal aanvallers by die huis oorweldig. “Sy was tydens die aanval alleen by die huis.”

Mather het haar ma se liggaam in haar slaapkamer aangetref. Sy het in ʼn plas bloed gelê. Haar gesig was geswel en sy het drie steekwonde in haar nek gehad. Sover daar vasgestel kan word, is haar selfoon en beursie gesteel. Die aanvallers het ook die huissleutels gesteel. Peens het gesê die polisie is nog op die toneel vir verdere ondersoek. “Ons sal eers later weet of daar nog items gesteel is,” het sy gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek word Donderdag gedoen om die oorsaak van Odendaal se dood te bepaal. “Die polisie vermoed sy is met haar serp gewurg en sy het moontlik terugbaklei totdat hulle haar met ʼn skerp voorwerp aangeval het.”

Mather bly tans by ʼn vriendin in die dorp en beplan nie om verder in die huis aan te bly nie. “Sy staan sterk in hierdie moeilike tyd,” het Peens oor haar ma gesê.

Peens het haar ouma as ʼn groot Christen beskryf wat baie in haar gemeenskap betrokke was. “Sy het absoluut voluit gelewe vir haar God, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Sy het foto’s van ons almal op haar selfoon gestoor, en het gereeld haar agterkleinkinders se foto’tjies op die selfoon se skerm gesoen.”

Odendaal was ook ʼn kraniger naaldwerker en ʼn geliefde inwoner van Vredendal en George, die twee dorpe waar sy die grootste deel van haar lewe deurgebring het.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het hy gesê. Die ondersoek duur voort. Die polisie versoek enigiemand wat hulle kan bystaan met die saak, om Crime Stop by 08600 1111 te skakel.

Odendaal se troosdiens vind Maandag om 10:00 uit die Vredendal NG Moedergemeente plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hannes van Heerden ·

Kan die media en polisie tog nie maar ophou om ” niemand is nog in verband met die voorval inhegtenis geneem nie” te gebruik of te plaas nie. Elke moord berig het die inskrywing…….Wanner word iemand in elk geval in hegtenis geneem

Ronel Snyders ·

Catharina jy moet asb kyk na die groter prentjie want glo my daar is een

Drieks ·

Dit is die ANC se skuld dat hierdie vrou vermoor is. Van dag 1 af die land verkeerd gelei. En nou sit ons almal in die gemors wat elke dag om ons gebeur. Rassisme was nog nooit so erg in 20 jaar soos nou nie…

Ronel Snyders ·

Drieks , die probleme het nie by die ANC begin nie maar by ons EIE mense wat destyds ons land regeer het

Catharina Kotze ·

Nou hoekom moet dit nou iets met rasisme te doen hê?
Alles kan nie die staat en rasisme se skuld wees nie.
Nes jy goeie mense kry, kry jy slegte mense, punt.
Eintlik wat die groot probleem is, is ek en elkeen van ons wat nie meer mekaar kan konfronteer oor die dinge wat ons sien verkeerd is nie.
Kom ek kla oor die taxi wat sommer voor my stop.
Kom ek kla oor die waiter wat nie my bestelling kan reg kry nie.
Kom ek kla oor die munisipaliteit.
Kla kla kla.
Ons is in n kla kultuur, want dit is makliker as om eienaarskap te vat van die dinge waarmee ek nie saamstem nie.
Kla, want dis altyd iemand anders se skuld.
Hierdie tannie en almal voor en na haar, swart, wit, geel, groen, bruin, verdien beter as hierdie vingerwys, kla, onverantwoordelike neigings wat ons openbaar.
Dit begin by klein dingetjies.
En totdat ek en jy nie mekaar verantwoordbaar hou vir selfs die klein dingetjies nie, moet ons ophou vingerswaai onder die neus van die staat en rasisme.
Dit raak oud.
Magtag, kom ons wees trots.
Trots Afrikaans.

BullsEye ·

Catharina .. jou kommentaar is ietwat uit konteks vir die artikel en glad nie van toepassing op die geweld en moordadige kultuur in ons land nie .. Moet ons “trots wees” as weerlose oumense vermoor word op die mees brutaalste wyses. Hoe stel jy nogal voor moet daar “eienaarskap” van geneem word?

Estelle ·

Catharina, waar kom die antwoord vandaan, wat het dit te doen met die moorde wat daagliks gepleeg word????????????? Trots Afrikaans? Trots waarop, dat ou mense en kinders vermoor word?????????????

Anoniem ·

Om trots te wees gaan nie die moored op blankes stop nie. Word wakker!!!!!!!!

nico ·

Janee. Om trots te wees het niks met die prys van eiers te doen nie. Word asb wakker. Nico

Suzette ·

BullsEye, PJ en Nico stem met julle saam wonder ek ook nogal hoe moet daar “eienaarskap” van geneem word.

Magtag man Catharina word net wakker en kyk rond om jou. Hoeveel meer wil jy sien voor jy dit gaan glo en besef?????

Anika De Lange ·

My ma get vandal verjaar en sy se toe vir my my ouma bel en haar vriendin was vermoor
En ek dink hoe kan enige persoon iets soos dit doen!

Anika De Lange ·

My ma get vandal verjaar en sy se toe vir my my ouma bel en haar vriendin was vermoor
En ek dink hoe kan enige persoon iets soos dit doen!

BK ·

Beveiliging bekommernisse ??
All plaasboere en stadsjapies kan ons gerus kontak indien ons julle van sekuriteits-raad kan bedien.
Alles vertroulik en ons hanteer elke navraag met die grootste liefde.
Hierdie is n gespesialiseerde gratis diens aan ons mense, maak asb gebruik daarvan.
Net vir ons Volk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.