ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn vrou Dinsdag dood in ʼn huis in Vredendal in die Wes-Kaap aangetref is.
Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, sê die polisie is gister omstreeks 11:30 na die moordtoneel in Woelige Hoek ontbied.
By hul aankoms het hulle die liggaam van ʼn 43-jarige vrou in die huis aangetref. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
Son het die slagoffer sedertdien geïdentifiseer as Charmaine Erasmus. Rwexana wou egter nie in dié stadium die oorledene se naam bevestig nie.
Volgens Rwexana is ʼn 27-jarige verdagte reeds in verband met die moord in hegtenis geneem. Dié verdagte sal binnekort in die hof verskyn sodra die persoon amptelik aangekla is.
Die presiese omstandighede rondom die moord word nog ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
SKOKKEND ,HARTSEER TRAGIES !!!
Skokkend en hartseer . So gaan die aanslag ol mense lewens voort sonder n einde. Ek hoop en vertrou hy beland ook voor regter Gayaat Salie – Hlope want sy is nie bang om n vonnis te vel nie. Die regbank kort meer van haar stofasie
Die polisie het nie haar lyk gekry nie, haar man Errol het. Net 4 ure na hy en sy 2 seuns die huis verlaat het vir werk. Sy was nog in die bed. Haar keel was basies met n stuk glas afgesny. En nog vele steekwonde. Skokkend! Nooit gedink so iets sal op ons dorp gebeur nie. Ek slaap nou met my oë oop en my deure toe.
Ons medelye met haar naasbestaandes.Dis so tragies.En familie van ons het juis daar gaan bly omdat dit “veiliger” is as in Gauteng waar die vrou erg aangerand was in haar huis deur ‘n aanvaller.Nerens is dit meer veilig nie.
My innige meegevoel aan die Familie… hoop die moordenaar word hard gestraf vir wat hy gedoen het.