Vredendal-vrou dood aangetref

Charmaine Erasmus by haar man, Errol Erasmus. (Foto: Facebook)

ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn vrou Dinsdag dood in ʼn huis in Vredendal in die Wes-Kaap aangetref is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, sê die polisie is gister omstreeks 11:30 na die moordtoneel in Woelige Hoek ontbied.

By hul aankoms het hulle die liggaam van ʼn 43-jarige vrou in die huis aangetref. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.

Son het die slagoffer sedertdien geïdentifiseer as Charmaine Erasmus. Rwexana wou egter nie in dié stadium die oorledene se naam bevestig nie.

Volgens Rwexana is ʼn 27-jarige verdagte reeds in verband met die moord in hegtenis geneem. Dié verdagte sal binnekort in die hof verskyn sodra die persoon amptelik aangekla is.

Die presiese omstandighede rondom die moord word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Neels ·

Skokkend en hartseer . So gaan die aanslag ol mense lewens voort sonder n einde. Ek hoop en vertrou hy beland ook voor regter Gayaat Salie – Hlope want sy is nie bang om n vonnis te vel nie. Die regbank kort meer van haar stofasie

Onnie ·

Die polisie het nie haar lyk gekry nie, haar man Errol het. Net 4 ure na hy en sy 2 seuns die huis verlaat het vir werk. Sy was nog in die bed. Haar keel was basies met n stuk glas afgesny. En nog vele steekwonde. Skokkend! Nooit gedink so iets sal op ons dorp gebeur nie. Ek slaap nou met my oë oop en my deure toe.

Chris Ws ·

Ons medelye met haar naasbestaandes.Dis so tragies.En familie van ons het juis daar gaan bly omdat dit “veiliger” is as in Gauteng waar die vrou erg aangerand was in haar huis deur ‘n aanvaller.Nerens is dit meer veilig nie.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die Familie… hoop die moordenaar word hard gestraf vir wat hy gedoen het.

Weskus ·

Skokkend en hartseer – net soos die moord hier verlede week in Velddrif – weet nie meer wat gaan aan nie.

Belasting ·

Waarom betaal ons nog belasting aan die regering wat niks aan misdaad en ons welstand doen nie.

Johan ·

En so word die blankes een vir een uitgemoor. ‘n onverklaarde oorlog, genocide op ‘n lae sneaky vlak maar beslis ‘n genocide. Wat gaan ons hier aan doen ?

Tweetie ·

Dit sou kon werk indien die gewone burgers n privaat polisie/beskermingdiens op die been kon bring, waar ‘beamptes’eerbaar is, en nie omgekoop word nie, en waar die uitsluitlike doel is om ons te beskerm teen uitvaagsels. Daar is so baie werklose jong mense, wat graag wil werk. Ek praat nie van sekuriteitsmaatskappye nie, maar n organisasie wat wettige slaankrag het, en nie kop-in-een-mus is met die kriminele soos hier by ons nie. Wat sigbaar is, en waar die gemeenskap finansieel bydra vir so n doeltreffende diens.

Wonder ook ·

Johan dit is beslis n baie goeie vraag, want wat jy se is so waar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.