‘Vreemd’ om Manana in kabinetsvergadering te bespreek

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Te midde van die koor stemme wat eis dat Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, moet bedank of afgedank word, was dié kwessie geensins op die kabinet se agenda vir die week nie.

Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie waar terugvoer gegee is oor die onlangse kabinetsvergadering gesê die kwessie van geslagsgebaseerde geweld is kortweg in die kabinet se tweeweeklikse vergadering bespreek maar Manana se naam is nie genoem nie.

“Ons het nie spesifiek daaroor gepraat nie want dit sou ‘bietjie vreemd’ gewees het om individue in die kabinet te bespreek,” het Dlodlo gesê.

“Ons het nie bespreek of hy moet bedank of afgedank moet word nie. Dit lê binne die president se diskresie. Alles hang daarvan af hoe Manana self kies om die kwessie te hanteer. Die kabinet wil nie as ʼn boendoehof beskou word nie,” het Dlodlo laat hoor.

Manana het vroeër om verskoning gevra aan die vrou wat hy na bewering aangerand het. “Ek vra onvoorwaardelik om verskoning aan me. Mandisa Duma, haar familie, die regering van Suid-Afrika en alle Suid-Afrikaners, veral vroue, vir die voorval.”

Hy het gesê hy is uitgelok maar dat hy selfbeheersing moes toepas. “Die skandelike voorval moes nooit gebeur het nie. Ek weet my optrede en dié van die persone in my geselskap het talle persone in die land teleurgestel en seergemaak. As ʼn leier moes ek van beter geweet het en beter opgetree het. Ek onderwerp myself ten volle aan die wet en sal my volle samewerking gee.”

Die voorval het Sondagoggend by ʼn kuierplek in Johannesburg plaasgevind ná ʼn hewige woordewisseling oor wie pres. Jacob Zuma glo moet opvolg. Die vrou het glo aangevoer Manana is gay voordat die beweerde aanval plaasgevind het. Die woordewisseling het glo ook buite in die parkeerterrein voortgegaan. Duma het gesê sy het die aanranding by die Douglasdale-polisiestasie aangemeld.

Manana het op 10 Augustus in die hof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Adam ·

Ek vind dit ook vreemd Pieter. Daar is geen rede hoekom die parlement nie “boendoe-gedrag” kan bespreek nie.

Rita ·

En dit nogal iemand in die onderwys…..wat se voorbeeld stel hy vir kinders? Leer hom ‘n les dat die kinders kan saam kan leer: Ons hou ons woede in toom!

Koos1 ·

Dis nou dieselfde ANC wat geeis het dat Hellen Zille moet bedank of afgedank word na haar twiets.

lorayne ·

Mauwhahahaha! Mooi gesê Tersia! ek sal betaal om daai ‘show’ te sien!

Katryn ·

Jip! Weer ‘n keer weggesmyt!!! Dis baie mooi van julle!!!

Alida ·

Hy hoort in die tronk. JZ roem mos daarop dat niemand verhewe is bo die wet nie.

karen ·

Maar waar is Afriforum dan nou ? Vrou word deur wie aangerand en
gehelp maar die voorval ? Dis bitter onregverdig …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.