Vreemde reuk lei tot gru-vonds

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn 48-jarige vrou is Maandagmiddag in haar woonstel in die Pinnacle Point-oord in Mosselbaai aangetref nadat die opsigter van die oord ’n vreemde reuk uit haar woonstel geruik het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Cindy Lee Stevens se liggaam is om 12:25 aangetref.

Volgens Pojie het die opsigter veiligheidswagte geroep om te kom help, maar hulle kon nie toegang tot die woonstel verkry nie omdat die deur van binne gesluit was. “Hulle het toe op die ou end ’n venster gebreek om toegang te verkry,” sê hy.

“Sy het by die voet van die trappe wat na die slaapkamer lei gehang. Dit is duidelik dat sy al ’n geruime tyd dood was, die liggaam was al in ’n ontbinde stadium.”

Die polisie vermoed in dié stadium nie gemene spel nie. “Die polisie het opgemerk dat sy sowat vier weke gelede aktief was op sosiale media, dit is waarom daar vermoed word dat sy sowat ʼn maand gelede dood is,” het Pojie gesê.

Volgens Pojie sal die geregtelike nadoodse ondersoek vandeesweek gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Hoe hartseer. Het niemand haar teenwoordigheid iewers gemis nie?? Hoop sy rus in vrede.

DS ·

4 weke en niemand het haar gemis nie! Hoe hartseer dat iemand so kan vereensaam.

Karma ·

Sjoe! Behalwe dat niemand haar klaarblyklik gemis het nie, het niemand ook in bykans ‘n hele maand daardie “klankie” van verrottende vlees opgemerk nie ……. Ons leef voorwaar in ‘n land en wêreld waar mense nie meer vir mekaar omgee nie.

t ·

Ek mag dalk nou baie onsensitief klink, maar, hoekom is dit altyd die ander mense wat nie omgee nie? Hoekom word die sameleweing altyd blameer? As ek alleen voel, doen ek iets daaromtrent. Klim in my kar, klim op die bus of loop tot by die naaste Kerk, kroeg of wat ook al en gaan praat daar met mense. As jy ‘n doring in jou voet het, trek hom uit en gaan aan. As jy ‘n sosiale probleem het, doen iets daaraan. Praat met iemand, enige iemand.
As jy nie genoeg vir jouself omgee nie, hoekom moet iemand anders dit doen?

BANG JAN SE VROU ·

Dat sy so lank dood was sonder dat iemaqnd haar gekry het is nie vreemd nie. Dit sal met my ook gebeur want mense sal dink jy is winkels toe, jy het gaan kuier en vanaand kyk jy tv.

charmaine ·

Stem nogals saam met “T” hierbo. Almal maak n keuse in die lewe om nie te trou of nie om kinders te he, maar dan raak jy eensaam, en ja kinders en ouers verstoot mekaar maar ryk uit vir hulp. Soos die dame wat haarself in haar huis aan die brand gesteek het en opskrifte het ook genoem sy was eensaam en agterna het sy toe 3 kinders gehad en n skoonseun?

Weduwee ·

Ek dink dit is verskriklik hartseer dat niemand haar gemis het nie. Ons weet nie wat haar omstandighede was nie, so ek kan nie verstaan dat so baie mense nou sommer oordeel nie. Party mense is alleen oor dinge buite hulle beheer. Miskien het sy aan depressie gely. Ons weet nie.
Dit bly hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.