Vrees vir pasiënte se lewe midde staking

(Foto: Nehawu/Facebook)

Vandeesweek se staking van die vakbond Nehawu het niks minder nie as 49 staatshospitale tot stilstand gedwing terwyl pasiënte self moet sien kom klaar. Daar word nou vir dié pasiënte se lewe gevrees.

By die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein spook ’n handjievol verpleegsters te midde van die stakings om na kritieke pasiënte om te sien terwyl liggame in die gange ophoop en pasgebore babas verhonger, vertel Michele Clarke, die DA se skaduminister van gesondheid.

Die enkele verpleegsters by dié hospitaal werk glo boonop in gewone drag uit vrees vir viktimisasie.

Die DA beoog om dié hospitaal asook die distrikshospitaal en Universitas- akademiese hospitaal Donderdag te besoek.

(Foto: Nehawu/Facebook)

Die VF Plus het intussen ’n skrywe aan dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, gerig waarin hy versoek word om dringend op te tree. Die minister word ook versoek om sy eweknie in die polisie, Bheki Cele, te betrek en toe te sien dat lede van die publiek toegelaat word om mediese behandeling te ontvang.

Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder vir gesondheid, sê dié party het inligting ontvang dat pasiënte in baie gevalle sonder enige sorg, kos of medikasie gelaat is. Ambulanse kon in baie gevalle ook nie toegang tot hospitale verkry om ernstige siek pasiënte af te laai nie.

Pasiënte wat vir afsprake aanmeld, word geïntimideer en gedreig en moet sonder behandeling noodgedwonge huiswaarts keer.

(Foto: Nehawu/Facebook)

Maroela Media het vroeër berig Nehawu is een van die vakbonde betrokke in ’n loongeskil met die regering. Die departement van staatsdiens en administrasie bied ’n salarisverhoging van 4,7% aan. Vakbonde eis egter salarisverhogings van tussen 10% en 12%.

Vandeesweek se staking volg ondanks ’n dringende interdik wat die departement teen Nehawu bekom het om die protes te stuit.

Daar word nou ’n beroep op Nehawu gedoen om rasioneel en kalm te bly. “’n Loongeskil moet nooit ’n katalisator vir dood en vernietiging wees nie,” sê Clarke.

“Die feit dat noodsaaklike werkers met geweld gedreig en verhoed word om hul pligte uit te voer ondanks ’n hofbevel wat dit verhoed, en dít dikwels ten aanskoue van die polisie, is skokkend.”

Die Menseregtekommissie (MRK) het ook Woensdag sy kommer oor die staking en die gepaardgaande geweld uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

De Villiers ·

Ek het Maandoggend oppad werk toe in hierdie betogers vasgery. Binne sekondes was my karretjie omsingel en het die betogers my kar geskop en geslaan terwyl hulle op my gevloek het en gedreig het om my dood te maak.

Ek het aan hulle probeer verduidelik dat ek by die privaat deel werk en dit is toe een van die betogers ‘n steen optel en dreig om my voorruit uit te gooi.
Nog ‘n betoger het teen my venster kom slaan en toe probeer om my deur oop te ruk, gelukkig was dit gesluit.

Dit was verseker een van die mees traumatieste ervarings wat ek nog ooit gehad het.

Wat sou hulle met my doen as my kardeur nie gesluit was nie?

Cherokee ·

Duimop of duimaf? Ek hou nie van wat jy vertel nie, en kan dit dus nie duimop nie. Dank die Vader jy is beskerm.

Francois ·

Gewapende reaksie teen die betogers is sekerlik geregverdig. Hulle bedreig onskuldige lewens.

Henry ·

jare gelede by die firma waar ek gewerk het mense gestaak. hulle kom toe ooreen op salaris verhoging met die verstande geen stakings volgende 2 jaar nie. hulle begin weer werk en een week later staak hulle weer. die firma betaal almal af wat staak ook gesè as julle wil werk kom maandag en doen aansoek vir werk. maandag daag mense op en hulle word op begin lone aangestel. hulle kla maar firma sè of julle aanvaar dit of gaan soek werk op n ander plek. daarna was daar geen stakings nie alhoewel hulle baie minder lone ontvang het.

TruthDealer ·

This House has fallen. Neeee wat, al gee Eskom so nou en dan nog bietjie krag, hierdie land het reeds ineengestort.

Truman Burbank ·

Die enkele verpleegsters is die enigstes wat die titel werd is. Die res moet afgedank word

Johanna ·

Hulle is nie verpleegster SE alie werd NIE werk net vir die pay. Sies ek skaam my. Ek het ook verpleeg. VIR my was dit n roeping. Vandàg SE verpleegsters is nie die naam weed verpleegster NIE.

domheks ·

Bakhand is hul 2de natuur. En sodra jy gee eis hulle meer….

Tommie ·

Sover ek weet is dit teen die wet vir gesondheid en veilgheids werkers om te staak.
Elke verpleegster, suster en dokter het ook ‘n eed afgelê! SKANDE ????
Ek stem saam met kommentaar – die land is daarmee heen ????????

Regtigegtig ·

Dit is kommerwekend dat hierdie mense die mense is wat jou moet versorg wanneer hulle nie staak nie. Glo nie hulle gee dan veel meer om vir pasiente as nou nie, solank hulle net hul geld aan die einde vd maand kry. Dit maak my sommer hardseer as ek dink aan pasiente.:(

Dorette⁸ ·

My jarelange vriendin lê in Oos-Kaapse plattelandse hospitaal met ‘n groot hartaanval. Sy moet dringend by ‘n kardioloog in Port Elizabeth se staatshospitaal uitkom, maar weens die ONWETTIGE Nehawu stakings word meeste staatshospitale deur die stakers geblok. Sou sy iets oorkom, gaan hulle net skouers optrek, maar ek is van mening dat Nehawu aangekla moet word vir ELKE sterfte wat plaasgevind het agv die staking.

Frikkels ·

Die mrk moenie hulle skok uitspreek nie. Hoe kan hulle geskok wees as hulle die grootste voorstanders van hierdie verwronge kastige menseregte is. Geen nooddiens is geregtig op stakings nie. Dit is ñ kriminele oortreding om te staak en diesulkes moet onmiddelik die trekpas kry en vervang word met mense wat weet waar hulle plig lê!

FC ·

Ek is 1x van die pasiente wat Maandag nag huistoe gestuur is, met `n amputeerde regtervoet, steeds oop wond is ek huistoe gestuur. Daar was enkele nurse en enkele doktors.
Mense, Maandag oggend het ons geen meds gekry nie, geen bottel om te pie nie, daar was niemand tot ongeveer 12uur dat die enkele nurs en doktor daar aankom.

Dis verskriklik om deur stakers te ry, mense en in daai hospitaal is Maandag reeds 4x mense oorlede.

Ettienne ·

Twee dinge. Ek het lank by die Vrystaat Departement van Gesondheid gewerk. By min pllekke het ek soveel SUV’s en luukse sedanmotors geparkeer gesien. Almal gekoop op die sogenaammde hongerlone. Dink dit word ‘n “hongerloon” genoem omdat na die grênd kar gekoop is, is daar nie geld vir kos nie…

Die staking het slegs ‘n effek omdat die 10 of 11 mense wat wel die werk doen, weens intimidasie nie by die werk kan uitkom nie.

Harley Davidson ·

Terorisme is wat dit is mense wat nie eers van hulself hou nie en net uit is vir selfverryking en vernietiging van alles en almal om hulle.

Truman Burbank ·

En daar word niks deur wets toepassers gedoen nie. Waarom? Want “the powers that be” wil nie wets toepassing hê nie. Inteendeel. Die gedrag word aangemoedig.

Lillian ·

Ek glo dat verpleging is roeping is, ‘n liefdesdaad vir jou medemens…. Duidelik is dit nie so nie, want geld is god.

annie ·

In navolging van ‘n Britse voorbeeld… SA is ‘n vierdewêreldland wat ‘n wasgewese-eerstewêreld se styl naboots soos Afrika deesdae doen. SA leef op geleende tyd en geld. Die bevolking groei meer as die ekonomie en die eise van werkers word deur ryk uniebase aangeblaas. Ons land word oorweldig deur ‘n vloedgolf van ontevredenheid weens onbekwaamheid. Die iemand wat die oplossing moet bied is hul eie regering deur hulself verkies. Help dit om voor jou selfvervaardigde ondergang wild te toi?

Spotty ·

Nou is die tyd om die NUTELOOS klomp aftebetaal want baie van hulle sal nie eers gemis word nie, kry verpleegsters wat wil werk .

Louise ·

Laat hierdie TIEPE viktemisasie nog toegelaat word en dit veral by hospital en polisie stasies laat my spraakloos.
Daar moet n EED afgele word, wat al die mense rondom 1ste stel. Dis nie n kaffee wat net sommer toegemaak kan word nie.
Jy speel met mense se lewens en die wat dit doen moet aangekla word van moord wanneer iemand sterf deur hulle optredes.

Waarnemer ·

Die hele spul en dit sluit die wetstoepassers wie veronderstel is om wet en orde te handhaaf en onwettige stakers of intimideerders te arresteer,is so korrup soos die regerende amptenary.Die spul verpleegsters en verpleers voel selfs vir hulle eie nasie niks…en wetende daat hulle nie afgedank sal word maak hulle soos hulle wil want hoeko?…omdat hulle landsleiers(ministers) ook net so korrup is en maak soos hulle wil.Zimbabwe die 2de is binne maande ons voorland.

Rooikop ·

My een vriendin het eergister middag in kraam gegaan kon nie by despatch hospitaal ingaan het selfs met polisie probeer ingaan en nie reg gekom moes privaat ambulans langs pad stop skaars in ambulans geklim toe baba gebore

Elaine Krige ·

Hallo Rooikop,
Sjoe dis baie erg! Ons sal graag met haar wil gesels om ‘n berig te doen.
Sal sy bereid wees?
Groete, Elaine

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.