Vreesaanjaende aard van transitorooftogte beskryf

Transitorooftog in Johannesburg (17 Maart 2018) Foto verskaf aan Maroela Media

‘n Vreesaanjaende werklikheid van al gewelddadiger en al beter beplande transitorooftogte in die noorde van die land is gister deur top-amptenare van die polisie aan parlementslede in Kaapstad beskryf.

Die huidige toename in transitorooftogte, wat reeds tot protesoptrede deur bevreesde veiligheidswagte in verskeie hoofsentra landwyd gelei het, het daartoe aanleiding gegee dat die polisie dit nou tot een van die belangrikste prioriteitsmisdade verklaar het.

Getuienis Woensdag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het ‘n werklikheid geskets van transitorooftogte wat met al meer presiesheid, al meer voortvarendheid, met hoëkaliberwapens, met seinverstoorders, met plofstof, met pantserdeurdringende ammunisie, met vinnige wegkomvoertuie en met uiterse geweld uitgevoer word.

Transitorooftogte kom grootliks in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo voor, met onlangse toenames in die Oos-Kaap. Dit is minder algemeen in KwaZulu-Natal, die Vrystaat, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap.

‘n Stabiliseringsplan vir transitorooftogte is deur die polisie daargestel. Dit berus op beter insameling van inligting deur sowel speurwerk as presiese nasorg-ondersoeke, pro-aktiewe en voorkomende optrede, snelreaksie-planne en fokus op brandpunt-gebiede.

‘n Gesentraliseerde bevelstruktuur vir die bekamping van transitorooftogte, sodat ʼn verband makliker getref kan word, is onlangs geskep.

Meer grondpatrollies gaan in brandpuntgebiede plaasvind, groter klem gaan op die vroegtydige identifisering van verdagtes geplaas word, statiese sigbare polisiëring sal in brandpuntgebiede opgeskerp word en patrollies by winkelsentrums en afritte van snelweë sal vermeerder word.

Padblokkades, meer waarnemingspunte en groter klem dat ondersoeke van misdaadtonele ten beste gedoen word, het reeds daartoe gelei dat 19 verdagtes, waarvan verskeie met meer as een misdaad verbind word, in April en Mei aangekeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

kobus ·

Maar as die boere paaie toe maak dan word hulle toe gesluit.meer as 30000 mense.maar die polisie prioriteseer nie plaas moorde nie.Die ANC kan n mense maar net voor lag.Suid afrika is siek

KG ·

Kyk ek wil nou nie afgesaag klink nie, maar hoekom kan plaasaanvalle/moorde nie deur dieselfde top amptenare aangespreek word in die patlement nie? Plaasaanvalle/moorde is nou al vir jate ‘n probleem, transito rooftogte het onlangs so drasties begin toeneem. Ek neem aan dit gaan maar als oor proriteite….

Jinx ·

@KG – die verskil tussen reaksie op/voorkoming van transito-rooftogte en plaasaanvalle is een ding: in transito-rooftogte is die mense wie se lewens in gevaar gestel word, meesal swartmense; in die geval van die meeste plaasaanvalle, is die mense wie se lewens in gevaar gestel word, meesal blankes. Sê dit vir iemand iets?

marous ·

En nog “twenty thousand and two bilion and thitry leven hundred” bla blas hiermee saam, want dis al wat gedoen word , en dan gaan hulle eet en slaap…..

Padblokkades ·

Padblokkades, padblokkades, padblokkades en nogmaals padblokkades. Daar word net sowat ‘n 30/45 min. op ‘n plek gestaan en dan geskuif. Die grootste probleem is selfone waarmee gewaarsku word. Hier is gesofistikeerde belhamels by betrokke maar van die polisie se kant is dit (dalk?) moontlik om een voor te wees. Waar is die weermag by sulke blokkades? Gedurende my weermagopleiding was ons deelnemend vir stabiliteit in die land. O ja, ek het vergeet dat dit vóór 1994 was . . .

Sus ·

Kry ‘n skerpskutter of 2, agter in die geldwa met groter gewere as die skurke.

Johann ·

Als deel van CR en Sisulu se beskaafde, veilige, beleggers MEKKA! ANC LEGACY!

So obvious soos daglig dis georganiseer tot voordeel van iemand wat nie noodwendig hoef te verklaar waar hulle geldkies vandaan kom so kort voor die verkiesing…

Callie ·

KG, hulle sal plaasmoorde nie prioritiseer nie. Dis deel van grondonteiening sonder vergoeding. Wat CR en sy gevolg nie verstaan nie is dat met transitorooftogte, plaasmoorde, brandstigting en al die wandade word die anargie in die land al hoe erger. Geen lewe is meer iets werd nie en daar is geen respek vir SAP want almal weet die kans om gevang te word is skraal. My simpatie met die wat die geldwaens moet oppas. Dit gaan nie gou stop nie

Jerry ·

Arrestasies is ten minste n begin. Skuldigbevindings en vonnisopleggings van die gearresteerders sal egter die bepalende faktor en aanduiding wees of die stryd teen transito rooftogte gewen sal word, aldan nie.

Fritz ·

Jan-Jan, daar bestaan nie iets soos hoëkaliber wapens nie. Groot- en kleinkaliber ja, maar nie hoë- en (per implikasie) laekaliber wapens nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.