Michael Gouws (27) van Prieska in die Noord-Kaap, is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriend.
“Gouws en sy vriende het op 8 Junie 2013 gesit en drink en dagga gerook toe hy en een van sy vriende, Johannes Waterboom (29), oor dwelmmiddels begin stry het,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê. “Hulle vriende het ingegryp en die gemoedere het bedaar.”
Gouws het egter ʼn paar minute later opgespring en Waterboom van agter af aangeval. “Hy het hom drie keer in die rug gesteek,” het Naidu gesê. “Hy is dood voordat paramedici by die toneel opgedaag het.”
Gouws is Maandag in die Prieska-streekshof tot 13 jaar tronkstraf gevonnis waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is.
13 jaar is darem min vir moord?
Ek het absoluut GEEN simpatie met mense wat dwlems smokkel of dit gebruik of verkoop nie…Lewenslank of doodstraf is al wat ek sou aanvaar. End van die prent!
Julle is roekeloos met die word ‘vriend’!
Met die woord vriend is bedoel maar die speltoetser wou van beter weet.