Vriend in hof oor vrou se moord

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die 45-jarige vriend van die administratiewe klerk van die Limpopo-polisie, wie se liggaam Saterdagoggend deur haar twee dogters in haar huis aangetref is, het Maandag in die hof verskyn.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê James Mashita het in die Mokerong-landdroshof verskyn in verband met die moord op Merriam Vilakazi (42).

“Die saak is uitgestel tot 12 September vir verdere ondersoek. Die man bly in aanhouding,” het hy gesê.

Maroela Media het Saterdag berig die vrou se liggaam is deur haar twee dogters, onderskeidelik 18 en 24 jaar oud, in haar huis in die Tshamahanzi-nedersetting naby Mokopane gevind. Mashita, haar lewensmaat, is kort ná haar moord in hegtenis geneem. Hy was in besit van haar voertuig gewees.

Vilakazi was ʼn administratiewe klerk by die Mahwelereng-polisiestasie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die motief vir die moord word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.