Vriend kom op bejaarde se liggaam op kleinhoewe af

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy sewentigs, se liggaam is Vrydagoggend deur ʼn familievriend buite sy huis op ʼn kleinhoewe sowat 10 km buite Joubertina in die Oos-Kaap aangetref.

Sers. Majola Nkholi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn familievriend het die man omstreeks 09:30 buite die huis naby die kombuisdeur gekry. “Die man het hoofbeserings gehad en die huis is geplunder,” het Nkholi gesê.

Volgens Nkholi word daar op die kleinhoewe geboer.

Die naam van die oorledene word weerhou totdat sy familie van sy dood in kennis gestel is.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die man het na verneem word alleen gewoon.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Nkholi sê die motief vir die moord is in die stadium nog onbekend.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan die naaste polisiekantoor kontak of die inligting op die misdaadstoplyn by 08600 10111 deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
waarheid

Die motief is: moord op alle blanke plaasboere – Rammapaddapot het gese daar bestaan nie so iets nie – so nou het die moordenaars mos ‘n blanco check.
Kla ramapaddapot aan vir aandadigheid. – hy het nou die vuur verder aangeblaas.
Dit gaan nie oor roof nie – dit gaan oor uitwissing van ons blankes.

Marius

Kom ons sit geld op dat hy wit is.?Die verkeerde mense word opgepas deur die polisie sal dit een van die dae op ons kos rakke sien.Sterkte daar aan die familie

Moord en Doodslag

Kla vir Rammapaddapot aan – hy is ‘n leuenaar en het gese plaasmoorde bestaan nie.
Hy het dus nou makliker vir die moordenaars gemaak om ons mens uit te wis. Nie sy mense nie – ons mense.

Oud Rhodie

Sedert daar in die verre VSA ontken is dat die tipe ding gebeur, kom dit meer en meer voor. Dit is asof daar stilswyend goedkeuring gegee is. Mense wees paraat. Die nag van die lang messe het reeds begin. `n Mens verstaan dit beter, as jy “nag” interpreteer as die tydperk tussen donker en lig.

red

Nog een …