Vriend op Springbok se plaas geskiet

Johan Goosen en Armandt Stoman. Foto: Via Facebook.

Johan Goosen en Armandt Stoman. Foto: Via Facebook.

Die veelsydige Springbok-agterspeler Johan Goosen (24) het glo Dinsdag ʼn vriend van hom per ongeluk op sy Oos-Kaapse plaas geskiet en gewond.

Brig. Miranda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 11:00 op Goosen se plaas naby Aliwal-Noord plaasgevind.

“Dit blyk dat mnr. Goosen die vriend per ongeluk met ʼn jaggeweer in die enkel geskiet het. Die polisie het egter nog nie die presiese omstandighede rondom die skietery nie en is nog besig om dit te ondersoek,” het Mills gesê.

Mills het gesê Goosen en die vriend, Armandt Stoman (25), se verklarings kon nog nie deur die polisie afgeneem word nie.

Sy het verduidelik Stoman is ná die voorval na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas is en moes intussen reeds twee operasies ondergaan.

Volgens Mills was Goosen ná die voorval erg getraumatiseerd en moes ook behandeling vir skok ontvang. “Die polisie gaan vandag probeer om albei mans se verklarings af te neem as almal tot verhaal gekom het.”

Mills het gesê hoewel geen misdaad vermoed word nie, ondersoek die polisie die aangeleentheid.

“Sodra al die nodige verklarings afgeneem is, sal besluit word watter soort saak aanhangig gemaak gaan word,” het sy gesê.

Goosen het in 2014 tydelik na Frankryk verhuis om vir die Racing 92-klub in Parys rugby te speel. Hy is in 2016 deur Allister Coetzee nadergehark om in die jaareindtoer na Europa vir die Springbokke uit te draf.

Hy het in Desember 2016 skokgolwe veroorsaak toe hy, aldus Racing 92, onverwags sy uittrede uit rugby aangekondig het om ’n kommersiële betrekking in Suid-Afrika te aanvaar, waarna hy teruggekeer het na sy plaas. Racing 92 dreig Goosen met regstappe vir kontrakbreuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Daan Erasmus ·

Eina. Dit is lastig. Al is dit hoe ‘n ongeluk
Het jy moeilikheid . Simpatie

Wil jy nou meer ·

My magtig wat se saak wil die polisie aanhangig maak as dit ‘n ongeluk was. Ek is seker hulle sou gelisensieërde wapens gebruik het om te jag.

Johan ·

Jy bewys jou onkunde met jou opmerking. Natuurlik is daar n saak om te ondersoek al was dit n ongeluk.

Simpatie ·

As hulle vir Oscar kon aankla van moord, is die seker poging tot moord?

Smirre ·

Is dit jou mening dat as daar na elke ‘ongeluk’ gesê word dat dit ‘n ongeluk was, die SAPD dit goedsmoeds moet aanvaar en net daar laat?

Enige skiet ongeluk moet ondersoek word.

snoefie ·

die vervolgingsmanie van die anc.plaasmoorde, verkragting, aanranding en roof is mos wettig op plase en dorpe, moet net nie jouself en jou eiendom beskerm nie. of met jou vriend gaan jag nie.

Magda ·

Simpatie- Oscar is skuldig bevind aan moord omdat dit met voorbedagte rade gepleeg was.

Oops ·

Oops Oscar is nie skuldig bevind dat hy dit met voorbedagte rade gepleeg het nie, lees en dink mooi voor ons kommentaar. Oscar is skuldig bevind dat hy moes voorsien het as hy met die vuurwapen skote op ‘n klein vertrek (toilet cubicle) afvuur, iemand se dood aan die anderkant kan veroorsaak.

net ekke ·

Shame Magda hoop jy het hulp gekry nadat jy in Oscar se huis was

Magda ·

Simpatie.. n mens skiet nie iemand deur die enkel as jy prober moord pleeg nie…

PJ ·

Ja miskien het hulle gestrui oor wie die beste skop en toe skiet Johan hom in die voet….HEHEHEH

Dawie ·

Nou wonder hy seker of hy nie maar moes aanhou met sy rugby loopbaan nie, maar in elkgeval dit is hartseer en ongeluk gebeur met die beste van ons.

Kosie ·

Eina, ek was ook jare gelede “per ongeluk” deur ‘n vriend raak geskiet. Dit was nie maklik nie, maar ek het herstel en is vandag al n ou man. Ek en die persoon wat die sneller getrek het was tot sy dood baie goeie vriende en daar was geen kwade gevoelens nie. Dit was uiteraard n ongelukkige voorval wat met enig een kon gebeur. Dit is nie nodig om haat-draend en onvergewens gesind deur die lewe te gaan nie.
Vandag se mense se gesindheid is heeltemal verkeerd teenoor mekaar.

Anoniem ·

Mense bedaar, dit was ‘n skietongeluk en volgens die wet MOET ‘n hospitaal waar ‘n skietwond behandel is, die voorval aanmeld by die naaste SAPD. Die SAPD sal dan die voorval ondersoek, waarna dit na die Staatsaanklaer verwys word wat sal beoordeel of daar vervolging gaan wees aldan nie. Dis ‘n proses wat gevolg MOET word.

Francois le Cochon ·

‘n Ongeluk dalk wel, maar moontlik as gevolg van nalatigheid. ‘n Gelaaide vuurwapen se loop moet slegs in die rigting van die teiken, of anders loodreg in die lug in gerig word

Mieliepit ·

Nee nie loodreg in die lug want as die geweer afgaan waar val die koeël? … wel grond toe

SN ·

Skiet ongelukke gebeur nie net vanself nie, hulle gebeur as mense nie die basiese beginsels van vuurwapen veiligheid konsekwent toepas nie. Asseblief mense, wees versigtig met daai skietgoed.

E ·

As als oor en verby is, is hul nogsteeds vriende en lag lekker vir almal se kommentare!

Reg ·

Heng maar ons het slim mense.
Dit is jammer dit het gebeur. Dit moes nie gebeur het nie.
Laat dit in die hande van die manne wat dit moet hanteer. Sê dankie dit was nie ernstiger nie.
Die twee outjoes het nog nie eers hulle kant van die saak gestel nie- hulle worf klaar veroordeel. SHAME.

Theuns ·

Gelukkig het Goosen “nie homself in die voet geskiet nie”:-)

HFM ·

Ek is familie van Armandt. Aan die oningeligtes – vergewis julle met die reĕls tov hantering van ‘n vuurwapen. Vir die mense wat dink alles is ‘n grap – ‘n vergruisde voet wat nooit weer normaal sal wees nie en infeksie wat moontlik kan lei tot amputasie. Vind julle dit snaaks? Wettiglik moet enige skietvoorval by die polisie aangemeld word. Hospitale ook verplig om dit aan te meld. Vir hierdie jong man lê daar ‘n lang pad na herstel voor. Baie dankie aan diegene wat feitlike en positiewe kommentaar gelewer het.

Justice ·

My innige simpatie met Armandt Stoman – dit moet erg pynlik wees. Ek bid en vertrou dat hy weer die gebruik van sy voet sal herwin.

pbotha ·

Ai party kommentators is sooo one track minded..?alles is altyd ANC of Oscar…get a life man! Probeer n bietjie jou insig verbreed! Bly by die berig ter sprake man..moenie heeltyd jou onkunde ten toon stel nie? Jammer aan die 2 manne na wat gebeur het. Albei is nice mense…elkeen nou met sy eie kommer en wroegings. Mag jul antwoorde kry en Vrede ontvang .

Connie ·

Ja nee werklik, pbotha, stem saam, party van die mense moet regtig ‘n lewe kry. Party is soos donkies met oogklappe aan.

Karma ·

@Anton, ja, jag is ‘n euwel, veral trofee-jag. Vir wat wil jy ‘n dier wat vrylik in die natuur loop (en, soos kameelperde en leeus byna-byna op die lys van bedreigde spesies is) staan en skiet? Daar is goed soos abattoirs, slaghuise en supermarkte wat vars vleis verkoop om te eet. Ons het nie meer nodig om te jag om vleis te hê nie en trofee-jag kom neer op een ding: uitwissing van spesies.

Elize C ·

20 jaar gelede het my (toe) 10-jarige seun en sy vriend albei met hul windbukse op ons kleinhoewe teiken geskiet. Hulle het beurte gemaak om te skiet, en my seun het reeds sy geweer gelaai. Hy het nie die geweer se “safe” opgesit nie omdat hulle omtrent 15 sekondes uitmekaar vorentoe getree het om hul onderskeie skote af te vuur (GEEN verskoning nie!). Hy het die geweerloop langs sy been afgewys grond toe, en met die dat hy effens agtertoe wou tree, het hy oor ons groot boerboel gestruikel wat ongemerk reg agter hom gaan lê het, sy hand het geklem om die geweer EN sy vinger wat op die sneller gerus het (NOG ‘n fout!) en ‘n skoot het afgegaan en sy voet getref, hy het tekkies aangehad en die gaatjie het in sy skoen gesit waar die koeël dit getref het. Toe ek hom dr toe vat en verduidelik wat gebeur het, is x-strale geneem wat gewys het die koeëltjie het in die lit-been van sy toon langs die kleintoontjie vasgesteek. Dit moes tydens ‘n operasie verwyder word, en die hospitaal het die polisie in kennis gestel, en ek is gekontak en moes ‘n verklaring gaan aflê. SO maklik gebeur ‘n ongeluk as die nodige veiligheidsmaatreëls nie toegepas word nie – safety ALTYD aan tot jy die skoot wil aftrek, en vinger WEG van die sneller af! Sterkte aan die manne!

Marina ·

As n vriendin van Armandt se familie wil ek net se… Laat staan die snedige kommentaar. Johan en Armandt is best buds en kom ons hou dit so. Daar le n lang tyd van herstel vir Armandt voor. Kom ons ondersteun eerder vir hom en sy gesin. Dit maak my mal dat mense so judgemental is…. What ever happened to don’t kick a dog when he is down? Ek stel voor ons bid en vra dat Armandt se been volkome sal herstel. En elke keer wat iets viesliks uit jou Monday wil kom dank eerder Die Vader dat dit nie met jou gebeur het nie. Onthou net…. Almal het groen koring op die lande… Môre gebeur so tragedie met jou of jou kind…. Eksemanet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.