Vriend vas vir moord op albino-vriendin

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het vandag ’n deurbraak gemaak toe hulle die kêrel van ’n albino-vrou vasgetrek het vir haar moord.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man (30) is Dinsdagmiddag in Ingwavuma vasgetrek waar hy vir die polisie weggekruip het.

’n Vermistepersoonsaak is op 24 Mei by die KwaMbonambi polisiekantoor aanhangig gemaak nadat die 19-jarige Asanda Mbuyazi, wat aan albinisme ly, verdwyn het,” het Zwane gesê.

“Die polisie en die gemeenskap het saamgewerk en onmiddellik na Mbuyazi begin soek,” het Zwane gesê.

Haar naakte liggaam is op 26 Mei in bosse in die Ndlabeyilandula-area in KwaMbonambi opgespoor. “Sy het steekwonde oor haar hele lyf gehad. Daar word ook vermoed dat sy verkrag is,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane sal die man aangekla word van verkragting en moord en binnekort in die KwaMbonambi-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Bheki Langa het weereens die moord op albino’s in die provinsie veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

So hartseer en onnodig ·

So hartseer dat mans hul aanmatig om ‘n weerlose vrou te verkrag en vermoor. Kom Gillian Schutte, gee ons ‘n idee dat dit nie gebeur het nie of dat dit hierdie man se reg was. Wat Gillian, het hierdie vrou gedoen om dit te verdien, antwoord my, sy is vrou soos ek en jy. As sy lui was, vuil was, losse sedes gehad het, kon hy haar mos net gelos het, maar nee, hy verkies om te verkrag en te vermoor, antwoord dit vir ons.

Ai ·

@So hartseer, hoop nie jy hou jou asem op terwyl jy wag vir daai vroumens om te antwoord nie!

Maar ja, baie hartseer wat met die jong dame gebeur het. Mag sy in vrede rus en sterkte aan haar familie. Dis darem maar verskriklik. Hulle moet Robben eiland heropen en al die verkragters en kinder moordenaars daar gaan toesluit en die sleutels weggooi. Hou hulle ver van die samelewing af weg.

Tragies ·

Ongelukkig verkeer Albinos in baie kulture in gevaar. Ek het ‘n dokumenter gekyk oor mense wat albinos moet WEGSTEEK vir ander stamlede (in Afrika) as die kind gebore word trek hulle na ‘n afgelee plekkie tussen die bosse waar hulle hierdie kinders ‘wegsteek’. Hulle is absoluut ‘n teiken om doodgemaak te word. Weet nie vir watter rede nie, maar soms moet hulle selfs vir hulle Pa’s weggesteek word. Die ma’s vlug maar met die kinders. Dit is vrek tragies om in gevaar te wees net omdat jy anders gebore is. RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.