Vriende geruk oor geliefde Laevelder se valskerm-dood

Hilmar Backer (Foto: Hilmar Backer/Facebook)

Vriende van Hilmar Backer (45) van Nelspruit het hul meegevoel op sosiale media betuig ná sy skielike afsterwe.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen ná ʼn valskermongeluk Sondagoggend. “ʼn 38-jarige man het ook tydens die voorval beserings opgedoen,” het hy gesê.

Maroela Media verneem die voorval het naby Delmas in Mpumalanga plaasgevind. Die twee vriende het glo saam gaan spring en het vermoedelik in die lug teen mekaar gebots.

“My hart is verbitterlik seer, maar met jou kan mens regtig sê vlieg hoog,” het een van Backer se vriende op sosiale media gesê. “Ons gaan jou mis, maar sien jou eendag in die hemel.”

“Hilmar Backer het voluit geleef, maar ook voluit gegaan. Sy vreeslose avontuurlustige passie was ook sy weg om die tydelike met die ewige te verwissel. Dankie vir jou mentorskap aan jong mense, jou lewe dien as rolmodel vir ander,” het nog een geskryf.

“Gaan jou baie mis. Ek weet die hemel is een ongelooflike man ryker. Jy los ʼn leemte in ons harte.”

Backer se gedenkdiens vind Vrydag plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leonard

Was sélf in paraglider ongeluk destyds ’94
Volgens neurochirurg was kans OM te oorleef minder as 5%. Meer as 7 verdiepings geval, 3maande in koma. 9MAANDE inverskillende hospitale.
Prys GOD vir GENADE
AMEN

Skappie

Sterkte aan sy gesin en vriende in hierdie moeilike tyd. Mag onse Liewe Heer julle almal styf vashou in die dae wat voorle.