Paartjie sterf saam in Pta-ongeluk

Bradley Venter (links) en Roger Norris (Foto: Facebook)

Bradley Venter (24) en Roger Norris (23) is die naweek dood in ʼn ongeluk in Garsfonteinweg in Pretoria.

Warwick Stobrawe, Bradley se broer se skoonpa, het aan Maroela Media bevestig die twee jong mans was Saterdag op pad na stalle om na hul perde om te sien, toe die ongeluk plaasgevind het. Die twee mans bly op ʼn kleinhoewe ongeveer 19 km buite Pretoria.

Die paartjie was in ʼn ongeluk betrokke en het uitgeklim om die omvang van die skade te bepaal, toe ʼn ander motor hulle getref het.

Die twee mans was baie lief vir diere en onafskeidbaar. Bradley het in die bemarking- en verkopebedryf gewerk en Roger was in die telekommunikasiebedryf.

Konst. Munyadziwa Phungo, woordvoerder van die polisie, het aan Rekord-koerant gesê die motoris, wat die twee jong mans omgery het, is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag en dronkbestuur.

‘n Gedenkdiens word Woensdag om 11:00 in die Pierre van Ryneveldkerk gehou.

*Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pitty ·

As iemand dronk in n kar klim is dit moord. Hy het voor die tyd geweet hy mag nie bestuur nie. Daar is geen verskooning vir suip nie.

Gert van Wierdapark ·

Pad-Vark-moordenaars MOET GEEN borgtog kry nie!!!

Gesiggie ·

Dit ruk my hart in twee… dit nou al die hoeveelste geval? hul het n kans gehad om te lewe.. maar weens n ander bestuurder wat dalk te vining gery het het die twee seuns se lewe tragies tot die einde gekom. My innige meegevoel aan die familie en hul vriende. RIV Bradley en Roger….

Louis ·

Ek gaan my kop nou in n bye nes sit. Motor destuurders in Pretoria is van die onverkuldige bestuurders in die land. N mens is gelukkig as jy daar ry sonder om in n ongeluk te wees. Ek praat van ondervinding. Vir die ouers van die 2 kinders, mag die HERE julle troos net soos hy kan. Sterkte vir julle

Willie ·

Ai dis so hartseer.. mag die Here julle famielies vertroos… Om vir diere life te wees is so n geoei gebaar… rus in vrede…

Tragies ·

My innige meegevoel aan hulle familie en geliefdes. Hulle was nog so jonk en het ‘n lewe voor hulle gehad. Mag julle perde versorg word deur mense wat omgee want julle is nou nie meer daar om na hulle om te sien en te versorg nie. Rus in Vrede.

Hardus ·

More almal. Bogenoemde is my seuns, Bradley is my seun en Roger was afgelope 4 jaar soos my eie seun. Aan dame wat oor perde praat ons sal hul versorg en kyk na hulle? Maar dankie vir omgee. Ja ek hoop en bid dat man wat hul dood veroorsaak het baie baie lank gaan sit in tronk en vrot. Dankie aan onbekendes vir jul gebede.
Hardus

Sterkte ·

Hardus baie simpatie en baie sterkte aan jou, jou gesin, familie en vriende wat rou oor die twee geliefde seuns wat julle verloor het op so ‘n tragiese en onnodige manier. Mag julle baie onderteun word in hierdie hartseer tyd en daarna.

Mariaan ·

Hardus…mense het nie woorde nie…maar voel saam met jul hartseer oor die tragedie…ons ken jul nie..maar ek het ook n seun wat my hele lewe is…die tipe goed krap mens regtig om…so jammer vir julle

VINCENT ·

dit is hartseer om twee awesome vriende te verloor. ons kon dit nie eens glo nie, wou nie, maar toe ons hoor dat dit werklik is, het dit gevoel soos ‘n skoot deur die hart.
ons gedagtes en denke gaan uit na die familie en sal die Woensdag se gedenkdiens bywoon om hulde aan hulle te bring..

Hardus ·

Maroela media moet asb nie na mense wat nie die ware feite het luister, mnr Stobrawe is was ons spreekbuis. Die seuns was tans beste vriende en nie n paartjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.