Vriendin wat glo baba ontvoer vasgetrek ná wenk

Anoyolo Maqashu. Foto: Verskaf.

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn groot deurbraak behaal toe ʼn 32-jarige vrou wat daarvan verdink word dat sy haar vriendin se twee maande oue dogtertjie ontvoer het toe dié gaan inkopies doen het, vasgetrek is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn leidraad van die publiek het tot die vrou se inhegtenisneming gelei.

“Die vrou en die baba is Sondagaand in Atlantis opgespoor. Die baba was ongedeerd en is intussen met haar ma herenig.”

Rwexana het gesê sodra die vrou van ontvoering aangekla is, sal sy in die Wynberg-landdroshof verskyn. Rwexana het gesê die rede waarom sy die baba glo ontvoer het sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig die kind het Saterdagoggend uit Kiki Hostels in Gugulethu verdwyn toe die ma die baba, Anoyolo Maqashu, en haar agtjarige dogter by die vriendin gelaat het toe sy gaan inkopies doen het.

Toe sy ure later terugkeer huis toe het sy net die agtjarige daar aangetref. Die vriendin en die baba was skoonveld.

“Die vriendin se vriend is ondervra en hy het aangedui dat sy al haar klere geneem het en die huis verlaat het. Die vriend het gesê dat sy hom die dag tevore vir geld gevra het en dat hy dit vir haar gegee het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

So stupid en onnodig ·

Dit is nou regtig stupid en onnodig. Daar word daagliks babas weggegooi, as jy dan nie jou eie kan kry nie, neem net so enetjie aan en regtig, dink jy in vandag se tyd met sosiale media jy kan iewers gaan wegkruip. Die onreg wat daardie baba en Ma aangedoen word is onherstelbaar, kyk maar die dogter wat na soveel jare gevind is en die hartseer en trauma, almal se lewens het verloor tot die skuldige ook, sy is in die tronk, haar arme man moet al die skokke verwerk en die arme kind is so verward. Haar ouers is nog stukkend. Geen weners, net ‘n gebroke klomp mense.

Anoniem ·

En sy los die 8-jarige net daar. Dit was haar volgende fout, sy behoort daarvoor ook gestraf te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.