Weerpatrone het in 2023 wêreldwyd amok gemaak met uiterste temperature wat groot dele van Europa en Amerika beïnvloed het, waar rekordhoë temperature in baie plekke bereik is. Gemeenskappe is blootgestel aan hitte- en droogtegolwe wat dikwels dae lank geduur het, buitelugaktiwiteite beperk en ‘n groot tol op hulpbronne geplaas het, sê Cobus Meiring van die Tuinroete-omgewingsforum.
In Kanada byvoorbeeld, maar ook in Tenerife, Griekeland en elders waar duisende ontruim moes word, het hoë temperature tot onbeheerbare veldbrande gelei, en groot dele van Alberta brand steeds ná sowat 15 miljoen hektaar vernietig is. Verskeie dorpe is ontruim en infrastruktuur is verwoes. Suid-Afrika was een van die lande wat spanne brandbestryders gestuur het om te help waar hulle kan om die situasie onder beheer te bring.
“Die suidelike Kaap het ʼn baie koue en nat winter beleef, en die warm dae wat in Augustus ervaar is, wat gewoonlik ʼn baie koue maand is, het in sommige opsigte verligting gebring. Ongelukkig is die onlangse hoë temperature in die suidelike Kaap saam met sterk wind sinoniem aan ʼn verhoogde risiko van veldbrandrampe, soos die uiters tragiese Smutsville-brand in Sedgefield. Byna veertig informele huise is binne ‘n paar uur vernietig, selfs met branddienste op die toneel.”
Meiring sê warm en droë winde is meedoënloos in die manier waarop vog uit die plantegroei binne ʼn baie kort tydjie onttrek word. Al wat nodig is, is ʼn roekelose vonkie voor ʼn veldbrand binne ʼn uur onbeheersd brand, as dit nie so gou as moontlik by die bron beheer word nie. Vandaar die term “goue uur” wat deur brandbestryders gebruik word om die belangrikheid van ‘n vinnige reaksie te beklemtoon en die dringendheid om seker te maak ʼn brand steek nie ʼn onverdedigbare brandlyn oor nie, soos onlangs in die Vrystaat en natuurlik die Knysna- en Plettenbergbaai-brande.
“Alhoewel klimaatsiklusse soos El Niña en El Niño moeilik is om akkuraat in terme van hul impak te voorspel, kan veilig gesê word dat die eerste geassosieer word met nat seisoene en die laaste met droë periodes met hoë temperature, wat aandui dat die suidelike Kaap ‘n droë en warm somer kan verwag, alhoewel die klimaat in die streek nog in oorgang is, aangesien El Niño nog nie ten volle in werking getree het nie.
“Wat ons uit vorige ondervinding in die suidelike Kaap weet, is dat ons eerder oorversigtig moet wees en moet fokus op die beperking van waterverbruik. Grondeienaars moet hul bes doen om te verseker dat hul brandpad en brandgereedheidsprotokolle en -maatreëls in plek is, terwyl ons weet dat die biomassa ná ʼn uiters nat winter weer aggressief sal groei en huishoudings en infrastruktuur sal binnedring.”
Prophet of Doom… want as dit elders in die wêrels so gaan, móét dit hier so gaan en Bics verkoop ook goed hier. En dan toets Biden vir Covid en entstof word uitgerol, so, mense die goeie ou dae is terug. Geniet julle somer en wees spaarsamig met water en krag-woorde…
Antie annie. Bedaar. Jy gaan ‘n aar bars. Geniet die somer en die brande,
Sure, and I was the second gunman on the grassy knoll.
Ja, ek sê nog Lee Harvey Oswald het NIE vir JFK doodgeskiet nie, hy was net ‘n gerieflike “scapegoat”.
Klimaats verandering is ook n gerieflike “scapegoat”. Dimitri Tsafendas was deffinitief n scapegoat.
Exactly how Putin and I planned it, we had to keep y’all guessing.
Loutere onsin
Die Brande in Kanada en Griekeland was gestig deur klimaat betotteldes. Die aarde koel af. Skaam julle om sulke leuens te publiseer
Gaan se dit vir die son