Vrou (18) kritiek ná eie honde haar aanval

Argieffoto

ʼn 18-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Woensdagmiddag by haar huis in Centurion deur drie honde aangeval is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 12:44 na die toneel in Heuweloord ontbied. Daar het hulle die vrou langs die motorhuis aangetref.

“Lede van die gemeenskap kon reeds daarin slaag om die drie honde van die vrou af te kry,” het Meiring gesê. “Paramedici het die vrou ondersoek en gevind dat sy ernstige bytwonde aan haar kop en bolyf opgedoen het, wat haar in ʼn kritieke toestand gelaat het.”

Sy is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn nabygeleë private hospitaal gehaas is.

Meiring het aan Maroela Media bevestig dat die drie honde wat die vrou aangeval het glo haar eie honde is, maar dit is nie tans duidelik wat daartoe aanleiding gegee het dat die honde haar bestorm het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mike ·

Vreeslik dat misdaad in SA mense noop om sulke gevaarlike honde aan te hou! BAIE sterkte!

Cherokee ·

re dit is nie duidelik wat aanduiding gegee het nie….

Sommige honde is soos sommige mense wat met ‘n ‘vreedsame’betoging sal begin en wanneer een van hulle ‘n klip optel en ‘n venster stukkend gooi sal ‘n tweede en derde dit doen en daarna sal die res volg. Somtyds is honde so. As een dit in sy kop kry om aan te val, sal die res daarmee opvolg sonder om aan die eerste te vra waarom dit gedoen word. Somtyds is daar ‘n hond wat die eienaar verdedig. Somtyds doen mense so ook.

Leser ·

Dit is nes jy daar se…’n dier bly maar net ‘n dier en is soms onvoorspelbaar

Se maar net 1 ·

Volgens news 24.
Maar ek stem saam met cherokee. Ongeag van die ras sal een hond dit in sy kop kry en die res sal volg.
Dit is soos wanneer hondeby die hek vir ander honde blaf en dan sommer die naaste een of naaste persoon (dikwels kind) hap.

kallie ·

Bly maar vir my vreemd. Jou eie hond? Deur my hele lewe het ‘n hond my nog nooit gebyt nie en ek het tientalle gehad,groot rasse,klein rasse. Hulle sou soms knor by ‘n been of as ek hulle van my plek wegskuif,maar mens moet hulle laat verstaan wie is die leier. Dit laat my stom en verslae.

Vlekkie ·

Ek is deur my eie hond in die gesig gebyt. Ek is verskriklik lief vir my diere en het my german shepherd baie baie liefgehad. Hy het een oggend nadat ons van ‘n een huis na ‘n ander verhuis het, skielik my in die gesig gebyt. Gelukkig was die byt nie erg nie, een skeur onder die oog en gate onder die ken. Feit bly staan dit was ‘n liefdevolle hond wat skielik gebyt het vir absoluut geen rede. Veearts het gereken die trek het hom dalk getraumatiseer. Wie sal weet. Ek stem definitief saam, as een hond uithaak, volg die ander maak nie saak wat se hond of hondjie dit is nie. Hulle hits mekaar aan.

Neels ·

Dis sad. Hoop werklik sy herstel volkome.
Sal graag die volgende wil weet:-
* Watter ras en ras variasie?
* Hoe oud was die honde?
* Geslagte?
* Was een van hulle op hitte?

zeno ·

Moet nooit te gerus vir jou eie honde wees nie. Ons hou net Bullterriers aan, maar is nog steeds versigtig. `n Mens kan in hul oë sien wanneer daar moeilikheid kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.