Vrou (19) by Voortrekkermonument verkrag

Argieffoto

ʼn 19-jarige vrou is glo Saterdagoggend by die Voortrekkermonument in Pretoria verkrag.

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 08:00 plaasgevind.

Bert Visser, operasionele bestuurder van die Voortrekkermonument, het aan Maroela Media gesê die vrou se ma-hulle het ʼn stalletjie gehad by die antiek-en-versamelaarsmark wat Saterdag by die monument aangebied is.

“Haar ma het haar gevra om na haar sussie te gaan soek en sy het na die Assegaai-badkamers se kant toe geloop. Hulle is besig om herstelwerk aan daardie badkamers te doen en dit is afgesper. Die aanvaller het haar toe glo daar genader en in die maag geslaan en opdrag gegee om saam met hom na die Skool op Wiele se badkamers te gaan,” het Visser gesê.

Die man was volgens die slagoffer in ʼn swart klapmus, swart handskoene en swart klere geklee. Hy het haar na bewering in die eerste hokkie van die badkamers verkrag en na die tyd opdrag gegee om “haarself te was”.

Die aanvaller het toe te voet van die toneel gevlug.

Die erg getraumatiseerde jong vrou het na haar ouers gegaan en hulle van die voorval vertel.

“Ons mediese span het hulle uitstekend van hul taak gekwyt, het Visser gesê. “Die ambulans en polisie is vandaar gekontak.”

Selepe het bevestig ʼn saak van verkragting word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Cecilia Kruger, uitvoerende hoof van die monument, het gesê die bestuur het met skok en afgryse van die voorval kennis geneem. Visser het dit beaam en gesê dit is vir hulle ongelooflik sleg. “Dit is die eerste keer dat so iets hier gebeur sover my kennis strek. Die terrein is só groot, dit is onmoontlik om elke hoekie te beman. Daar is wel sekuriteit beskikbaar tussen 09:00 en 17:00.”

Die bestuur van die Voortrekkermonument het ook vir die jong vrou berading aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Lettie ·

Skokkend! Mens is absoluut nêrens meer veilig nie. Verkragting is ‘n onvergeeflike daad wat geen vrou verdien nie.

Penellope Jones ·

Ons was nie lank gelede nie by die Monument en moes by die sekuriteitshekke ons bestuurderslisensies toon.
Dit het vir ons ietwat versekering gegee dat daar wel toegangsbeheer is.
Nou twyfel mens en wonder vir wie die toegangsbeheer geld – motoriste or voetgangers.

Paul ·

Vroue is nerens veilig nie!!!!!!

En ook niemand anders in die land nie.

ANC Cyril Zuma ….

PJC ·

Dat die terrein groot is is geen veskoning nie. Die badkamers is nie in die uithoek van die terrein nie. Ek wonder ook hoe lyk die sekuriteitswagte wat hulle het en watter opleiding hulle het. Wanneer daar addisionele bedrywighede is soos hierdie stalletjies verwag ń mens beter sekuriteit ook. Nog ń jong meisie se lewe verwoes.

Lukie Carelsen ·

Kan on asb ‘n beskrywing vd beskuldigde kry?
Sy lengte. Liggaamsbou, massa en of hy ‘n tranformant was.? Die help met die identifisering vd potensiele misdadegers.

Total shutdown ·

Daar is in een maand 69 vroue deur hul lewensmaats vermoor. Op 1 Augustus sal daar ‘n landwye protesoptog teen geweld teen vroue gehou word. Total shutdown 1 Augustus.

Wollie ·

Daar is nou ‘n video op BBC hoofnuus wat beweer dat daar nou minder moorde plaasvind as gedurende apartheid, dat Kaapstad 0% moorde het en dat misdaad net gekonsentreer is en plaasvind in swart woonbuurte! “How violent is South Africa? In 45 seconds”

Haan ·

Dit is omdat die BBC beheer word deur mense wat ons volk vyandig gesind is, en aspris onmin wil saai.

Theresa ·

Ek hoop iemand laat die BBC weet hul verkondig b s. Twee kort woordjies wat hul behoort te ken as hul soveel snert verkondig.

Louise ·

Gaan kyk weer bietjie die video. 0 moorde in die VEILIGSTE gebiede. Die video is ook van 2014 af. Julle moet net begin die regte inligting versprei en nie net lees wat julle pas nie.

Jane ·

Voortrekkermonument- Anvall op Voortrekkers, Fort Klapperkop- Anvall, weer Voortrekkermonument. Iemand teiken spesiaal ons Erfenisterreine. Met binneinligting???

Mark ·

Georganiseerde misdaak. Spesifiek getyken op n sekere groep.

Johanna Botha ·

Die mense kom deur die draad en slaap onder die bosse … die polisie weet van dit maar doen ook niks … wat nog van n lokval stel . . #USELESSSAPD

Arno ·

Dis uiters sleg mag di persoon gevang word mens moet maar orals saam in n groepie loop by buite aktiwiteite mens kan nie meer uitgaan nie mens weet nooit wat wag vir jou om elkw hoek en draai nie dis glad nie meer veilig in ons land nie hkm moet daar sulke kwaaddoeners wees vir moord en verkragting moet die regering n baie swaar straf inbring en nie net opsluit nie en dan nog die ergste as die misdadiger nog wegkom ook die wiel draai daai persoon sal sy dag dubbelt en dwars erger terug kry

Geskok ·

Ek en my man was ook daar gisteroggend, my Pa het n stalletjie daar! Ek bid vir die jong dame en haar familie dat die hul gou sal herstel!

Frikkie ·

Dis aspris, die gevalle van misdaad en geweld die laaste ruk by die voortrekker monument word deur die 3e mag van die regering aangehits om Afrikaners daar weg te hou. Hoe minder voortrekker en afrikaner byeenkomste daar gehou word hoe minder kans vir samehorigheid vir die Afrikaner.

Trompie ·

Samehorigheid van die Afrikaner! Eenheid! Hahaha, hoe lekker laat jy my nou lag!

Essa ·

Ek dink ek verstaan wat Cherokee bedoel en ek glo hy veroordeel die aanval net so sterk soos almal. Sy vraag is waarskynlik waarom voel mense dis genoeg – wie het waar besluit hoeveel misdaad is o k en dan is dit genoeg. Dit moes in die eerste plek nooit deel van ons lewes wees nie! Daarom maak die stelling “nou genoeg” vir my ook nie sin nie.

Koos ·

Ek het met die vorige voorval mos hier geskryf die sekerheidswagte moet met ons eie mense vervang word. Enige planne om dit te doen? Nee. So verwag meer en meer probleme. Of meer van die huidige wagte met suur houdings wat sit en niks doen. Is daar nie eers geld vir kameras nie?

Elsabe ·

Arme kind se lewe is verwoes. Kinders moet by hul ouers bly en nie afdwaal nie. Kinders moet ook geleer word om paraad te wees. Hoop regtig hulle vang die skurk en die sekuriteit word strenger. My Gebede is met haar en hul familie.

Sussie ·

Vraagteken; indien jy die volledige artikel gelees het, sou jy geweet het Elsabe verwys na die 19-jarige se sussie. “Haar ma het haar gevra om na haar sussie te gaan soek…”

Marius ·

Ek ken die regte storie. Dis heeeltemal anders as wat hier berug word. Ek wonder of sy regtig verkrag is….

Marius ·

Sy en haar kêrel het baklei en toe loop sy om haar sussie te gaan soek en toe kom sy terug en sê dat sy verkrag is deur ‘n man met ‘n swart klapmus (wie loop ongesiens rond met ‘n swart klapmus by die Voortekkermonument se mark??) En voordat hulle kon keer toe is die pers daar en die hele ding spin uit beheer uit.

SoosDitIs ·

So die dametjie soek heel moontlik net aandag? Weet haar ouers dat jy so vermoede het? Weet nie hoe om hieroor te voel nie, die feit dat sy so waglike storie sal opmaak vir aandag of die feit dat dit dalk regtig gebeur het en niemand glo haar nie. Aijajai.

marius ·

Was nie self daar nie. Ek het maar net gedink die storie maak nie sin nie (ek is gereeld by die mark) en toe bel ek vriende wat ‘n stalletjie daar het. Hulle was toevallig in die onmiddelike omtrek en het alles aangehoor. Hulle het ook hul bedenkinge.

Hendrik ·

Dis byna onmoontlik om die omtrek van die VTM terrein te beveilig. Dis n draadheining van kilometers lank en skurke knip dit eenvoudig om in te kom. As almal wat hier kerm en kla maandeliks n bydra maak, sal die VTM dit beter kan beveilig. Kom ons ondersteun hulle. Hulle moet reeds elke pennie omdraai om uit te kom met hulle geld.

Willie ·

Indien die terrein vanaf 08:00 oop is waarom word sekuriteit eers vandag 09:00 beskikbaar gestel?

Aggenee! ·

Ai mense, dis ‘n vreeslike, traumatiese gebeurtenis. MM het sekerlik nie al die besonderhede gegee oor die sekuriteit ens. nie (en dis verstaanbaar). Kom ons wees te alle tye verantwoordelike sosiale media gebruikers. Hou een gedagte voor oë: Wie beweer, moet kan bewys.

CB ·

Hoekom net oorgee en na n hou in die maag stil bly en saam hom loop na n ander badkamer sonder enige weerstand bied of te skree? Daar word nie berig dat sy met n wapen aangehou was nie.

Theresa ·

Sjoe, ek twyfel of sy goedsmoeds saam gestap het nadat sy in die maag geslaan is. Daar was tien-teen-een ‘n worsteling. Wie sê vir jou sy het “oorgegee”??
En
mannekrag vs vrou = het nie ‘n wapen nodig gehad nie. Ook nog verrassingselement – seker uit bosse gespring. Of om ‘n hoek gewag.

Dink weer.

Willie ·

Hulle het onlangs by die Monument skoolkinders ook beroof… waar is die sekuriteit?

007 ·

MENS IS NERENS VEILIG NIE, JY MOET ORALS IN GROEPE RONDBEWEEG, STERKTE VIR JOU.

Nettie ·

Alles in ag genome, ook die arme ou omie van 81 wat op sy plaas vermoor is, die talle aanvalle op vroue, kinders, ou mense, boere ……. en ek praat hier van aanvalle op wit mense, die minderheidsras: self-beskikking, oftewel self-regering is nie ‘n opsie nie, dit sal nooit ooit ooit realiseer nie – soos dit kortstondiglik in die verlede met die stigting van die Republiek van Albanië, daarna Natal, daarna die Oranje Vrystaat en die ZAR, gebeur het nie.

Om verskeie redes, waarvan twee die mees opvallendste is: (1) die blanke Afrikaans-sprekende Afrikaner kan/wil/kon nog nooit saamstaan nie en (2) die swart meerderheidsregering sal dit nooit ooit ooit toestaan of toelaat nie.

Die enigste opsie is om onsself tot die tande toe te bewapen en te beveilig en selfs weer in ‘n mate die kommando-stelsel, op ons eie manier terug te bring – d.m.v. gemeenskapsveiligheidorganisasies of sekuriteitsorganisasies binne ons onderskeie gemeenskappe.

En om verantwoordelikheid te neem vir ons eie veiligheid en risiko’s so ver as moontlik uit te skakel, deur paraat te wees: koop ‘n vuurwapen, as dit jou veilig sal laat voel, gaan vir self-verdedigingsklasse, dra ‘n mes/skok-stok/pepersproei by jou te alle tye, vermy plekke wat donker is en om alleen te gaan stap/draf. Jammer as dit klink dat ons onsself moet inkerker – maar as die situasie dit verg, moet ons dit maar seker maar doen?

Joey ·

Wéér lees ek deur die kommentaar, en weereens is ek bitter bly om weg te wees en myself nie meer n Saffa te noem nie. Julle lot is vieslik man, tot dit met jou dogter gebeur, dan soek jul simpatie, wel soek nou al simpatie, geen wonder jong dames wil nie klagtes le nie oor “wie gaan my glo” as dit is hoe mense reageer nie.

Joan ·

Met al die insidente die afgelope paar weke by die Monument is dit vir my ooglopend dat die Monument skielik doelbewus ‘n teiken is ? Of is dit ‘n geval dat sulke gevalle wel plaasgevind het maar nooit gepubliseer is nie ?

anton ·

Sekuriteit by Monument??? Ha Ha.
Ons blankes gaan nog daar ook begin wegbly want hoekom nie ons eie mense by ons eie plekke aanstel nie?
Sondag staan die motors tot by die Verkeerslig om in te kom maar hulle sal nie die 2de baan oopmaak en dit vergemaklik en versnel nie.
Nee wat, ek weet nie of die Bestuur, werklik weet hoe om die plek te bestuur nie.

GM ·

Joey, ek neem aan jy bedoel jy is nie meer ‘n Suid-Afrikaner nie? Waarvoor staan Saffa? (Uit nuuskierigheid).
Sterkte aan die meisie, ongeag of sy verkrag is of nie (soos party beweer), sy gaan berading nodig hê.

Joey ·

@GM, dis maar net ‘slang’ vir Suid-Afrikaner, soos Aussies, of Pome(pom-ie) maar sonder die Prisoner Of Mother England lol

Maggie ·

Mense, julle moet ook asb julle kinders waarsku om nie in die aand na Fort Klapperkop / Johan Rissik str. toe te gaan nie.. Dit het wel ‘n mooi uitsig, maar is mos ‘n gewilde “vryplek” vir die jongetjies. My kind werk by Little Co. of Mary, en hy sê daar was die laaste (minder as) 2 weke, 3 gevalle van mense (Paartjies) wat in die aand daar aangeval en beroof was, en hospitaal toe gekom het met meswonde. Die een vrou wou skynbaar nie haar selfoon oorhandig nie, toe kap hulle haar been ook met ‘n baksteen.. Dit is almal Blanke paartjies wat deur nie-blankes aangeval en beroof is… Dit help nie om net “bedag” te wees op jou omgewing nie, bly net weg daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.