Vrou (19) sterf toe drie voertuie bots

Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en vier ander mense beseer nadat drie voertuie Saterdag in George in die Wes-Kaap gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die Knysna-pad gebeur. Volgens Meiring het paramedici die wrakke van drie voertuie in die middel van die pad aangetref. Dit is egter nie duidelik wat die oorsaak van die botsing was nie.

“Paramedici het ʼn vrou, vermoedelik 19 jaar oud, in een van die voertuie aangetref. Sy het ongelukkig reeds aan haar veelvuldige beserings beswyk,” het hy gesê. Hy het gesê twee insittendes in dieselfde voertuig het matige beserings opgedoen. Die bestuurders van die ander twee voertuie het ook geringe tot matige beserings opgedoen.

Die beseerdes is na die Mediclinic George geneem terwyl brandweerbeamptes meganiese toerusting gebruik het om die oorledene se liggaam uit die motorwrak te bevry.

Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Corné Kruger ·

Maroela media. Die jong vrou is Caroline van der Merwe en sy was 21. ‘n Pragtige engel weggeruk van haar geliefdes a.g.v. onwettige “drag racing”.

Marinda van der Merwe ·

Sy was ons niggie Caroline, ons harte uitgeruk en voel of alles tot stilstand kom.

Petro Potgieter ·

Gaan ASB na Care2Petitions en help my suster en broer dat hierdie nie met ander kinders gebeur.

Leonie ·

Ek het gister op Georgeniete Staan Saam die stuk van haar ma gelees. Dit is verskriklik. Dat party idiote moet drag racing doen op ‘n openbare pad en ‘n onskuldige 21jarige meisie se lewe wegruk van haar af. My innige simpatie aan haar ouers. Dis die grootste hartseer en niks kan dit beter maak nie. Hoop die skuldiges sien hulle gatte baie vinnig en dat geregtigheid geskied!! Rus in Vrede Caroline van der Merwe! Sterkte aan die ouers xx

Tammy Erasmus ·

Sy was 21 en so vrolike gesiggie wat almal se harte bly gemaak het waarokal sy gegaan het. Sy het baie mense se harte geraak reg oor die hele wereld. Sy was nie net ‘n goeie vriendin vir baie mense nie maar soos ‘n sussie. So lief vir haar. Caroline jy het beslis ‘n groot impak op my en ander mense se lewe gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.