ʼn Jong vrou het Donderdag by ʼn strand naby die mond van die Kowierivier by Port Alfred in die Oos-Kaap verdrink toe sy probeer het om ʼn kind te red wat in die water in die moeilikheid geraak het.
Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het teen 12:05 gebeur toe ses kinders in die water gespeel het. Volgens Govender was die kinders tussen tien en 15 jaar oud.
Die 21-jarige vrou het gesien hoe een van die kinders in die water in die moeilikheid beland en het ingespring om die kind te help. Die kinders het almal paniekerig aan haar vasgeklou wat veroorsaak het dat sy ook in die moeilikheid beland het. Ses omstanders het gesien wat gebeur en het ook ingespring om te help.
“Almal behalwe die 21-jarige vrou kon na veiligheid gebring word. Die nooddienste was binne minute op die toneel en die kinders is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas. Een van die slagoffers is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Port Elizabeth geneem,” het Govender gesê.
Die jong vrou is op die toneel dood verklaar. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Alle sterkte aan vrou se naasbestaandes weet net syt n heldin gesterf mag God jul vertroos en lei deur die moeilike tyd
So tragies. Sy het as heldin gesterf. Rus sag.
Ai tragies..
Verseker ‘n heldin.
Wat is haar naam? ‘n Heldin kan nie annoniem bly nie!
Soos wat met Wolraad Woltemade gebeur het…