Vrou (22) vas oor dwelms en ammunisie

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 22-jarige vrou is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat dwelms en ammunisie glo in haar besit gevind is.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die taktiese reaksie-eenheid het patrollie in Gugulethu gedoen toe hulle inligting ontvang het oor ʼn vrou wat glo by onwettige aktiwiteite betrokke is.

Volgens Kinana is die polisiebeamptes na die vrou se huis en dwelms en ammunisie is in die slaapkamer gevind.

Kinana het gesê die dwelms en ammunisie was in kompartemente onder die bed versteek. Die polisie het op Mandrax-tablette en poeier, 25 rondtes ammunisie sowel as kontant beslag gelê.

Kinana het gesê die vrou is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.